Dit kan !!! Dit kan !!! Dit kan !!!
Niks is by God onmoontlik nie. Hy is die Almagtige! Alomteenwoordige! God van alle gode, Here van alle here, Ewige God, Lewende God! Vader van Liefde! Heerser van heersers!
Hy KAN alles regmaak, alles heel maak,opbou wat afgebreek is, genees wat siek is, heelmaak wat stukkend is, genees wat seer is, lewe terugblaas, liefde terug gee. God KAN jou huwelik red! Hy WIL jou huwelik red. Hy het jou lief! Baie baie lief!
Hoe het ons gekom waar ons gekom het?
Baie keer as mens iemand vra waarom hulle geskei het, wat gebeur het, dan gee hulle jou so halfgebakte antwoord en nie ‘n werkilike rede vir ‘n skeisaak nie. Die rede is omdat mens na die tyd nie kan dink hoekom het jy regtig geskei nie, jy kan nie onthou of dit regtig so erg was soos jy gedink het terwyl jy getroud was nie. Let bietjie op daarna hoeveel mense sê dat hulle nie kan onthou hoekom hulle geskei het nie, en hoeveel sê hulle moes nooit geskei het nie, hulle moes eder gewerk het aan hulle huwelik.
Ja, jy kry sommige gevalle waar daar ‘n buite-egterlike verhouding was en jy kon dit nie vergewe nie, en wanneer jy van die persoon met wie jy getroud was praat, praat jy met haat en woede van die persoon en sê hom of haar sleg. Die rede is jy kry nogsteeds seer daaroor. Jy voel nogsteeds verwerp daaroor en sal iets sê soos “ ek hoop hulle is nou gelukkig” Eintlik bedoel jy net die teenoorgestelde, dat hulle nie gelukkig moet wees nie. En omdat die ander persoon die huwelikverbond gebreek het, sal hy/sy nie gelukkig wees nie. Nie net omdat dit hulle toegewens word nie, maar ook omdat die volgende huwelik nie in God se oë goedgekeur word nie.
Wat se die Bybel van satan:- Hy kom om te roof, steel en te slag. (Joh10:10) Kyk na jou mislukte huwelik! Is jy beroof van jou liefde, het hy jou vrede en jou geluk gesteel? Is hy besig om julle te slag? En wat doen jy daaromtrend? Jy sit terug en se “geniet jouself satan, want ek het vergeet dat my huwelik geseend is in God se teenwoordigheid, vat maar wat jy wil, maak maar seer soos jy lekker kry” en weet jy wat, aan die einde wanneer julle geskei is, is dit net satan wat lekker kry, want nie jy of jou gebondsgenoot kry lekker na die skeisaak nie. En satan wen, want Hy het ‘n heilige instelling van God verwoes en julle in seer,kwaad en haat agtergelaat!
God het die huwelik ontwerp om suksesvol te wees
en net Sy raad kan dit suksesvol maak. Niemand is beter om iets te laat werk as
die ontwerper nie. God het huwelike verordineer en nét Hy kan dit laat werk.
Indien ons in ons huwelik suksesvol wil wees, moet ons God se beginsels, soos
in die Bybel uiteengesit, ken, verstaan en volg.
No comments:
Post a Comment