Monday 28 May 2012

Hoekom mag ons nie geheime hou nie?

English: Jesus entering Jerusalem on a donkey
English: Jesus entering Jerusalem on a donkey (Photo credit: Wikipedia)




Iets wat ‘n geheim gehou word, is iets wat in die duister gehou word, en satan het ‘n hou vas op dit!

Spr 28:13 Wie geheime hou sal nie voorspoedig wees nie, wie bely sal genade ontvang!

Paulus se, bely julle sondes aan mekaar en bid daaroor.

Mat 20:26 Want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

Spr 12:19 Die waarheid hou altyd, en leuens kom gou aan die lig.

Hand 5:1-9 Die verhaal van Ananias en sy vrou wat gejok het en albei is met die dood gestraf...Vers 4 "Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God" Ananias en sy vrou het gedink dat hulle van die geld in geheim kan terughou, maar ons kan vir God niks wegsteek nie!

As jy iets het wat jy voel jy moet eder bieg, maar weet nie hoe nie, bid en vra Jesus om jou wysheid en insig te gee, of gaan praat met jou pastoor / dominee daaroor en kry ‘n 2de opinie of bid saam daaroor. Moenie satan ‘n voet in die deur gee nie, want wanneer hy besluit dit moet uitkom maak hy seker dit is ‘n groot gemors.

Dankie Jesus dat ons al ons probleme na die kruis kan bring! Amen

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

Jy is gebore VIR God!

Virgin Mary with Infant Jesus in her hands.
Virgin Mary with Infant Jesus in her hands. (Photo credit: Wikipedia)




Jy is nie gebore omdat jou ouers jou wou he nie, ja dit ook, maar God het jou geboorte beplan, die presiese datum en uur van jou geboorte was deur Hom en Hom alleen so bewerk en beplan!

Jer 1:5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken, en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig, Ek het jou tot ‘n profeer vir die nasies gemaak.

Jes 44:21 Want jy is My kneg, Ek het jou geformeer, jy is my kneg! Jy sal deur My nie vergeet word nie.

As ons na hierdie versies kyk, is dit duidelik dat ons nie gebore is om net te leef nie, God het ‘n plan met ons gehad en Sy plan is vir Sy doel! Daarom moet ons uitvind wat is God se plan vir ons lewe, en wat ookal die plan is, dit sal wees tot eer van Sy Naam!

As jy wil uitvind wat dit is, kyk na wat jy wou geword het toe jy nog ‘n kind was, in my geval wou ek ‘n Verpleegster wees, en in Hoerskool het dit verander na Sielkundige, vandag doen ek berading vir mense wat emosionele genesing nodig het.

Pastoor de Kock wou Sielkundige wees en in sy laaste jaar het hy verander na Teologie en Pastoor geword, vandag doen hy Emosionele genesing.

Kyk ook na jou persoonlikheid, wat is jou sterk punte, is jy ‘n introvert of extrovert ens? God het vir jou ‘n unieke persoonlikheid gegee vir die werk wat jy moet doen. Ek sal byvoorbeeld nie voor ‘n gemeente wil staan en preek nie, maar gee my iemand wat privaat sy hart wil uitpraat en ek is die persoon.

Nie almal gaan raadgee of preek nie, sommiges kan miskien net sing tot eer van die Here, of is finansieel aangele en kan op die kerkraad wees en help met die finansies, ander is organiseerders en kan ‘n kerkfunksie reel, wat ookal jou sterkpunte is, gebruik dit waarvoor God jou geskep het, en moenie vir een oomblik dink jy kan nie, want kyk na die volgende verse:

Ps 8:6&7 U het hom (mens) net ‘n bietjie minder as ‘n hemelwese gemaak en hom met aansien en eer bekroon (7) U laat hom heers oor die werke van U hande, U het alles aan hom onderwerp!

Wow! Jy is REEDS bekroom met aansien en eer om oor God se werke te kan heers! Net laer as ‘n engel! Baie kragtige woorde! Dankie God ons Vader!

Ten slotte Rom 14:7&8 Want niemand van ons lewe vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. (8) want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here, of ons dan lewe of sterwe, ons behoort aan die Here.

As jy dan regtig nie kan uitvind wat jou doel is nie, maak dit ‘n gebedsaak en vra dat Jesus jou help, of as jy twyfel of dit wat jy dink jou doel is, vra Jesus om dit vir jou te bevestig.

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

Saturday 19 May 2012

Moenie moed opgee om iemand te oorreed van Jesus nie.

Jesus from the Deesis Mosaic
Jesus from the Deesis Mosaic (Photo credit: jakebouma)

 

Ek het al so baie gehoor dat mense se “Ek het al 100 maal met die persoon gepraat oor Jesus maar dit help nie, ek gee moed op, hy moet maar aangaan soos hy aangaan”

 

Dit kan mens se moed breek as jy voel jy kom net nie deur na iemand toe nie, maar moenie moed opgee nie, want ons het hulp van Jesus wat ons opdrag gegee het om dissipels te maak van alle nasies en om die Evangelie te verkondig.

 

Kom ons kyk wat se die Bybel.


2 Kor 9:8-10 – En God het MAG om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan he en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

Soos geskrywe is: Hy het uitgestrooi, Hy het aan die armes gegee, Sy geregtigheid bly tot in ewigheid.

En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem!

As jy die hele gedeelte lees, sal jy sien Paulus praat hier van diensbetoning, bereidwilligheid en ywer om die evangelie te verkondig, hy verduidelik dat God mag het om aan elkeen wat die Evangelie wil verkondig te gee wat hulle nodig het, en dit wat hulle wil saai sal vermeerder en die vrug van hulle geregtigheid sal toeneem, dus moet ons nie moed opgee om met iemand te praat oor die Evangelie want God SAL jou help.

Joh 15:8 Hierin is My Vader verheerlik dat julle vrug dra, en julle sal my dissipels wees (vers 5) Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug, want sonder My kan julle niks doen nie.

As ons dus iemand wil oorreed dat hulle Jesus moet aanneem moet onsself in Jesus wees, optree soos Jesus, soos ‘n Christen, ons kan nie vir iemand “preek” en self nie optree soos ‘n Kind van God nie.

2 Tim 2:2 – Getroue mense sal bekwaam wees om ook ander te leer

Rom 15:14 –dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan.

Bid vir die persoon want  Woord se “die gebed van ‘n regverdige het baie krag, Paulus se “bid totdat jou vreugde groot is”, bid sonder ophou, en bid vir mekaar

God het aan ons die mag gegee om Evangeliste te wees, so moenie moed opgee om met iemand te praat nie, maar onthou om dit altyd te doen SOOS Jesus, met liefde, geduld en langmoedigheid, niemand wil geforseer word nie.

Ten slotte:- Hitler het met gesag regeer, sy mag het jare gelede al saam met hom gesterf, Jesus het met liefde regeer en Sy mag staan vandag nog!

Rom 14:17 Want die Koningkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

Lees ook [2 Thess. 1:11,12; 1 Pet 4:11; 2 Tim. 1:7,8; 2 Kor. 1:4]

Jesus seën

Belinda



As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

Fortuinvertelling:- Hoekom word dit waar wat hulle voorspel?

A Handful of Darkness
A Handful of Darkness (Photo credit: Wikipedia)

            

Ons lees die sterrevoorspelling, of gaan na die fortuinverteller,”spiritual healer” ens en wat hulle voorspel word na ‘n rukkie waar, hoekom gebeur dit, en hoe kan hulle, veral die sterrevoorspelling weet wat in jou lewe gaan gebeur as hulle jou glad nie ken nie?

Die Skrif leer ons dat die gawe God gruwel en dat dit ‘n gawe uit die put van die hel is, maar tog dra dit krag en is die voorspelling baie keer waar. (Sien vorige blog oor Fortuinvertelling en waarsegsters).

In Mat 17: 20 Lees ons: En Jesus antwoord hulle: “Deur julle ongeloof, want, voorwaar Ek se vir julle, as julle die geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg se gaan weg hiervandaan daarnatoe en hy sal weggaan en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.

Verder, lees ons in Spreuke dat die tong is skerper as ‘n twee-lem swaard, wat ons uitspreek sal waar word, so wanneer hierdie waarseer dan vir jou iets vertel en ons het die geloof van ‘n mosterd saad om dit te glo, sal dit waar word!

Jak 3:6 Die tong is ook ‘n vuur, die wereld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in, dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek!

So wanneer die fortuinverteller of “Spiritual healer” dan daai vloek van die hel oor jou uitgespreek het, sal dit van groot krag wees en sal dit waar waar word.

Toe ek nog jonk was het ek vir my suster uit ‘n grap “kaarte gelees” en voorspel dat ‘n gewese kerel aan die deur gaan klop en haar terug wil he omdat hy gehoor het syt ‘n nuwe iemand in die oog. Ek onthou dit asof dit gister was, ekt gese “Manne gaan soos manna uit die hemel val en oor jou baklei” ons het lekker gelag en later gaan slaap. Seker ‘n uur nadat ons in die bed was het iemand aan die deur geklop….dit was die gewese kerel! Toe die nuwe kerel daarvan uitvind het hy die ou een gaan aanspreek en die twee het in ‘n vuisgeveg betrokke geraak. Die bakleiery het so aagegaan totdat sy albei gelos het!

Het ek die gawe van ‘n fortuinverteller gehad? Nee! Maar ek het met satan se gawes “gespeel”, dit uitgespreek en dit het waar geword! Die tong wat skerper is as ‘n twee-lem swaard!!

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

Wednesday 16 May 2012

Die vals profete:

Apostle Silas
Apostle Silas (Photo credit: Wikipedia)


Jer 23 : 16 - 17
16 So sê die Here die Almagtige: Julle moenie luister na wat die profete sê nie, die profete wat vir julle as profete optree. Hulle wek vals verwagtings by julle, hulle praat oor visioene wat hulle self uitdink, nie oor wat die Here sê nie.
17 Hulle hou aan om vir dié wat My minag, te sê: Die Here sê daar sal vrede vir julle wees. Vir dié wat hardkoppig is, sê hulle: Daar sal nie 'n ramp oor julle kom nie.

Jer 23 : 25 - 32
25 Ek het gehoor wat sê die profete wat sonder opdrag in my Naam as profete optree. Hulle sê: Ek het 'n droom gehad, ek het 'n droom gehad!
26 Hoe lank sal die profete wat sonder opdrag optree, die profete wat leuens uitdink om te verkondig, nog aanhou hiermee?
27 Hulle dink hulle sal my volk my Naam laat vergeet met die drome wat hulle vir mekaar vertel, net soos hulle voorvaders my Naam deur die Baäl vergeet het.
28 Die profeet wat 'n droom gehad het, mag vertel wat hy gedroom het, maar hy wat my woord ontvang het, moet my woord eerlik oordra. 'n Mens kan nie strooi met die beste koring vergelyk nie, sê die Here.
29 My woord is soos vuur, sê die Here, soos 'n hamer waarmee klippe stukkend gebreek word.
30 Daarom, sê die Here, is Ek teen die profete wat herhaal wat ander sê en dan voorgee dat dit van My af kom.
31 Kyk, sê die Here, Ek is teen dié profete wat hulle eie stories vertel en dan sê: Die Here sê so.
32 Kyk, sê die Here, Ek is teen dié profete wat drome wat nie plaasgevind het nie, as openbaring oorvertel, want hulle lei my volk op 'n dwaalspoor met hulle leuens en hulle praatjies. Ek het nie hierdie profete gestuur nie, Ek het hulle ook nie beveel om as profete op te tree nie. Hulle help my volk hoegenaamd nie, sê die Here.

Ek wil 'n baie sensitiewe ding sê (vergewe my). Ek hoor so dikwels dat mense 'n gewoonte aankweek om dinge te sê soos: "Toe sê die Here vir my ……" of "Die Here het vir my gewys ……." "Ek sien in jou …..".
Natuurlik kan dit so wees. Maar is dit altyd? Jy sien, tot valse profete het dinge gesê wat korrek klink. Vers 17 "Die Here sê daar sal vrede vir julle wees". Dit klink so reg. Maar …. "Daar sal nie 'n ramp oor julle kom nie."
Hand 16 : 16 - 19
16 Terwyl ons eendag na die bidplek toe op pad was, het ons 'n slavin teëgekom in wie daar 'n waarsêersgees was. Deur waarsêery het sy vir haar eienaars baie geld verdien.
17 Sy het agter Paulus en ons aangeloop en aanhoudend geskreeu: Hierdie mense is dienaars van God, die Allerhoogste! Hulle vertel vir julle hoe julle gered kan word.
18 Sy het dit baie dae na mekaar gedoen totdat Paulus dit nie langer kon hou nie. Hy het omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus: Gaan uit haar uit!Die gees het op daardie selfde oomblik uit haar uitgegaan.
19 Toe haar eienaars sien dat sy nie meer geld vir hulle kan inbring nie, het hulle vir Paulus en Silas gegryp en hulle na die owerheid toe op die stadsplein gesleep.

Jitte, het sy enigiets verkeerd gesê? Nee, maar die motief was verkeerd. Sy het geld gemaak vir haar eienaars. En Paulus en Silas is selfs in die tronk gegooi daaroor. Kan jy sien hoe ontsettend belangrik dit is dat ons ongelooflike goeie onderskeidingsvermoë moet hê. As iemand iets sê, moet ons eintlik vra "sê wie?" Is dit God wat regtig gepraat het, of nie? Is die motief selfgedrewe, of om God se Koninkryk uit te brei?
Daar is 'n groot verskil tussen wat die leuenaar - satan - doen en vals profesië. Maar, ek glo die bose sit agter albei. Want vals profesie kan so reg klink, en mens kan so maklik dit aanvaar asof van die Here af, maar dalk is dit nie.
Vals profete. Nou hoe dan nou gemaak? Het mense vandag die gawe van profesie? Verseker, definitief. Dis een van die pertinente genadegawes wat die Here vir mense gee. 1 Kon 12 : 10 (ou vertaling) Die gawe van profesie - nuwe vertaling praat dit van "die gawe om God se boodskap te verkondig". Dus, om te sê wat God sê. Hoe weet ek dan waarna ek moet luister?
1. Ondersoek jou eie motief oor hoekom jy iets wil hoor. Is dit tot jou eie voordeel? Materialisties van aard? Of regtig om uit te vind wat jy moet doen?
2. Ondersoek die motief van die persoon wat profeteer. Is dit dalk op een of ander manier vir sy eie gewin? Status, geld, eer.
3. Kyk eerlik of daar 'n element van waarsêery in is. Wil jy regtig weet wat die toekoms inhou? Wat in jou besigheid gaan gebeur wanneer die lotto gaan uitbetaal? Of wat die nommers is? Indien wel, is jy ook lus om te weet of 'n geliefde oor 'n week in 'n ongeluk gaan sterf?
4. Gaan toets die woord wat oor jou gespreek is. Toets dit aan die skrif, aan 'n mentor, met tyd. Gaan bid daaroor en wag vir bevestiging.
5. Ons wil so graag iets "hoor", of "sien". Wat van hierdie een? Is jy bereid om die Here te vra wat jy moet gaan doen? Hoeveel geld - en vir wie - moet jy hierdie maand weggee. Met wie moet jy gaan praat oor sy/haar geestelike lewe?
Dis moeilike goeters hierdie, maar as ons alles gaan toets aan motief, gaan ons reeds 'n groot element van valse profesie uitwis.
En weet jy, daar is wonderlike beloftes wat saam met profesie gaan.
Jes 1 : 18 "Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol."

Enhanced by Zemanta

Vals profete Deel 1

Cartoon about a fortune teller contacting the ...
Cartoon about a fortune teller contacting the other side. (Photo credit: Wikipedia)







Rev. Angus Stewart

Profesie, profete en in besonder vals profete. 'n Moeilike en sensitiewe onderwerp, maar tog nodig om daaroor te besin. Wat is profesie of doel daarvan?

Jer 1 : 4 - 9
4 Die woord van die Here het tot my gekom:
5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.
6 Ag, Here my God, het ek geantwoord, ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.
7 Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: Ek is te jonk nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê.
8 Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het.
9 Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê.

Hier word Jeremia aangestel as profeet, deur die Here self, al het hy gedink hy is te jonk. Profete kom al van baie lank terug af, en hulle het 'n baie spesifieke doel. En as jy gaan lees wat die funksie was van die profete in die ou testament, dan is dit presies dieselfde vir almal gewees. Die Here het profete gebruik as 'n spreekbuis vir Hom. Onthou nou, die bedeling was daardie tyd anders as nou, daar was nie iets soos 'n Bybel nie, of ander media nie. God het direk deur mense en met mense gepraat. As ek vir jou sou vra, wat was die doel van die profete en wat het hulle gesê, wat sou jy sê? Die antwoord was eenvoudig.
1. Die doel was om mense op te rig om namens Hom te praat.
2. Wat het hulle gesê? Twee dinge. Eerstens om die mense ernstig te vermaan oor hulle lewens, hulle te waarsku teen God se toorn, en tweedens dat hulle hulle moes bekeer. Bekeer, bekeer, bekeer was die hooftema van die boodskap van die profete. Bekeer julle, of …….
Wat is profesie nie?? Dit lyk my dat vernaam in die Ou Testament daar 'n direkte lyn getrek was tussen waarsêery en profesie. En dis vandag presies dieselfde. Mense wil so graag hoor wat vir hulle in die toekoms voorlê. (altyd voorspoed), en wil dit dan profesie noem. En dis baie baie gevaarlik!!
Jer 14 : 14 "Die Here het vir my gesê: Die profete gee voor dat hulle in my Naam optree, maar Ek het hulle nie gestuur of beveel nie, Ek het nie eens met hulle gepraat nie. Dit is gesigte wat nie bestaan nie, nuttelose waarsêery, dit is bedrog wat hulle versin wat hulle vir julle aanbied as woorde van profete."
Hoef daar eintlik meer gesê te word? God het 'n afsku in waarsêery. En in besonder as dit in die naam van profesie gebeur. Vandag is dit nog net so waar as duisende jare gelede. God haat dit. Waarsêery is 'n gruwel in die Here se oë, en jy kan hordes tekste daaroor kry in die Bybel. Sterre voorspel in die tydskrifte, tarrot kaarte, is verkeerd. Ek is soos ek is want ek is in 'n sekere maand gebore. Nou wonder ek of jou persoonlikheid verander as jy drie dae te vroeg gebore word. Skiet my as jy wil, maar dis verkeerd. Die doel van profesie IS nie, en WAS nog nooit bedoel om in die toekoms in te kyk nie. Daar is baie mense wat al deur diep waters gegaan het omdat hulle gereageer het op uitsprake van sogenaamde profete (vals profete), omdat dit waarsêery was.

Enhanced by Zemanta

Friday 4 May 2012

Geeste oproep, waarseery fortuinvertelling, sterrevoorspel en goellery.

God, the Father watches us all everywhere.
God, the Father watches us all everywhere. (Photo credit: angelofsweetbitter2009)











Mag ons die sterrevoorpelling in die tydskrifte en/of internet lees? Nee, God se dat as jy na waarseers toe gaan om jou die onbekende bekend te maak sal Hy jou verwerp (1Sam 15:23.

Baie waarseers se dat dit ‘n gawe is wat hulle van God ontvang het, die Woord se dat dit ‘n gawe is wat uit die put van die hel kom,  en dat dit vir God ‘n gruwel is. As God dan nooit verander nie, hoekom sal Hy in Sy Woord vir ons se dat waarseery Hom gruwel en later dit vir iemand gee as gawe?

Hand 19:18 & 19 (verkort) Towenaars boeke was verbrand want dit het God gegruwel.  Geeste wat opgeroep word is gawe van satan en demone wat hulleself voordoen as die mense wat geroep word.

Mag ons na kerke toe gaan wat “Spiritual healers” is. Nee! Hulle is niks anders as “mediums” wat met demone kontak maak nie! Jes 26:14 se Mens sterf net EEN maal. Heb 9:27 Lees ons jy sterf en word geoordeel, so jy kan nie terug kom aarde toe nie!

Deut 18:10-14 Beveel God ons dat ons nie met waarseers, of towernaars of met mense wat geeste oproep mag meng nie.

II Kon 17:17 & 18 Hulle het waarseers toe gegaan en gedoen wat verkeerd was in die oe van die Here, en God het Sy aangesig van hulle verwyder!!!

Deut 18:9-14 As jy kom in die land wat die Here jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasie te doen nie!
Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of dogter deur die vuur laat deurgaan, wat met waarseery, goellery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met beswering omgaan of wat ‘n gees van waarse, of wat die dooies raadpleeg nie!! Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die Here ‘n gruwel!!

Indien u geestelike berading of gebed benodig kontak my by belindapaar@gmail.comEnhanced by Zemanta

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...