Friday 8 July 2011

Die Doop Deel 4 - Hoe moet ons gedoop word?

Baptism of Christ. Jesus is baptized in the Jo...Image via Wikipedia



Hoe moet ons gedoop word?

Nerens in die Bybel staan, dat mense gedoop was deur besprinkeling nie, ook nie dat koppe “gewas” was nie. Die volgende verse wys ons dat jy ingedompel moet word en uit die water moet opkom.

Nikodemus vra vir Jesus,  “Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie”

Joh 3:5 Jesus antwoord, Voorwaar, voorwaar Ek se vir jou, as iemand nie gebore word uit water en gees nie, kan hy nie in die koningkryk van God ingaan nie!

Let op dat Jesus antwoord UIT water, nie natgespat of besprinkel nie!

Kyk na die volgende verse uit die Bybel:

Mark 1:5 was almal gedoop deur hom in die Jordaan Rivier. Rivier het baie water!
Joh 3:23 En Johannes het gedoop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was

Mark 1:9 en 10 En in daardie dae het Jesus van Naseret in Galilea gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop. En dadelik toe Hy OPKOM UIT DIE WATER, sien hy die hemel skeur en die Gees soos ‘n wit duif op Hom neerdaal.

Hand 8: 36-39 Toe Phillipus die Ethiopier gedoop het – (36) die hoofdiennaar se vir hom “Daar is water, wat verhinder my om gedoop te word, en Phillipus andtwoord hom “As u glo met u hele hart, is dit geoorloof, en hy antwoord “Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is” En hulle het altwee in die water afgeklim en Phillipus het hom gedoop. (39) En toe hulle uit die water opkom, het die Gees van die Here, Phillipus skielik weggevoer.

As ons kyk wat se die Bybel van die doop is die volgende punte van belang en die enigste manier wat ons dit doen volgens God se riglyne:


1.                  Bekeer
2.                  Vra vergifnis en glo
3.                  Doop onder water
4.                  Dan word jy vergewe en begin ‘n nuwe lewe met Christus en kan jy die koningkryk van God be-erwe.

Al die verwysings in die Bybel se in water gegaan en weer opgekom. Romeine 6 beskryf die verwantskap van die kruisiging en die doop mooi en ons kan sonder twyfel weet dat as jy gered wil word MOET jy eers gedoop word en eers NA die doop is jou sonde vergewe. Ons moet gedoop word want Jesus het ons BEVEEL om dit te doen. (Hand 10:48).
Nog Bybel verse oor die doop:

MAT 3:6 & 11 TOT 15
MAT 28:19
MAT 3:11

MRK 4:4,5,8
MRK 1:8

1 KOR 10:2

LUK 3:3,7,16
LUK 3:21-22
LUK 3:16

JOH 1:33
JOH 3:23

GAL 3:27

HAND 1:5
HAND 1:9-11
HAND 2:38,41
HAND 8:12,13,16,36,38
HAND 10: 47-48
HAND 11:16
HAND 18:25

COL 2:12

1PET 3:21

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

2 comments:

  1. Awesome my love, am so proud of you.....Keep it up!!!

    ReplyDelete
  2. ek is bekeer, gevra dat my sondes vergewe moet word deur die Bloed van Jesus en ek glo dit en ek is gedoop 10 April 2011 soos jy beskryf nie in 'n rivier nie maar wel onderdompel omdat ek siek was van kanker, ek glo my kanker is genees deur God en dat ek 'n 2de kans gekry het om te lewe :)) die Heilige Gees boksprins soms in my hart so lekker is dit :)))) ek gee nie om om my naam hier te sit nie maar weet nie hoe, thea temelevren

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...