Friday 8 July 2011

Die doop Deel 2 - Heiligmaking

Christus Pantocrator in the apsis of the cathe...Image via Wikipedia


DIE HEILIGMAKING

Maar die lewe wat Hy leef,
Leef Hy vir God!
So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is,
Maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here            !
Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede
gehoorsaam sou wees nie.
En moenie julle lede stel tot die beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie maar stel julleself tot beskikking vir God as mens wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Want die sonde sal oor julle nie heers nie
Want julle is nie onder die wet nie,
Maar
Onder die genade!
Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was,
maar van harte gehoorsaam geword het, aan die voorbeeld van die leer wat aan
julle oorgelewer is, en vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.
Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees,
want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die
onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees,
So moet julle nou julle lede diensbaar stel aan die geregtiheid tot heiligmaking!
Watter vrug het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam?
Want die uiteinde daarvan is die dood!
Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God,
Het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe!
Want die loon van die sonde is die dood,
Maar die genadegawe van God is die ewige lewe in
Christus Jesus, onse Here!

Die Doop:- is dus die afwassing van sonde, jy gaan dood in sonde, en staan op lewend as ‘n nuwe afgewaste, sondevrye mens, om nuut te begin.

Die Heiligmaking:- Is dat jy nie meer gaan oorgee aan sonde nie, dat jy ‘n rein lewe gaan lewe, en jouself gaan diensbaar maak vir die werk van God, sodat jy die ewige lewe kan be-erwe.

Jy is van vlees gemaak, so jy gaan nie 100% sonde vry leef nie, maar die Heilige Gees gaan jou lei, sodat jy van die sondige mens ontslae kan raak, en soos die familie van Christus kan leef.


1Kor 1 30 & 31
Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het
wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.
Daarom, soos geskrywe is:
Die wat roem, moet in die Here roem!

Jesus se in Joh 14:6 Jesus antwoord hom en se “Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Hand 4:12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mens gegee is waardeer ons gered moet word nie.

2 Thes 1:7-9 en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele, in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.

Wat is die evangelie?

 Die evangelie is die kruisiging, begrafnis en opstanding van Jesus.

Hoe gehoorsaam mens die evangelie? ( die kruisiging, begrafnis en opstanding)

Die antwoord is in  Rom 6 deur gedoop te word in die Naam van Jesus Christus.

Bogenoemde teksverse wys dan duidelik vir ons dat ons sonde net vergewe word deur die doop en na die doop. Voor die doop is ons nog onder die wet van die Ou Testament en word ons sonde nie vergewe nie. Jesus het aan die kruis gesterf sodat ons gered kan word en die doop is gelykvormig aan die kruisiging. So wedergebore beteken – GEDOOP.

Sien ook Deel 3 - Wie moet gedoop word?
Jesus Groete 
Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...