Friday 8 July 2011

Wat is die Evangelie?

First page of the Gospel of Saint John, from t...Image via Wikipedia

Wat is die evangelie?

 Die evangelie is die kruisiging, begrafnis en opstanding van Jesus.

Hoe gehoorsaam mens die evangelie? ( die kruisiging, begrafnis en opstanding)

Die antwoord is in  Rom 6:3-11  Of weet julle nie dat almal wat in Christus Jesus gedoop is, in Sy dood gedoop is nie, ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat  net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur die aan Sy opstanding, aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie, want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom lewe. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus onse Here, Want die sonde sal oor julle nie heers nie, want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade!

Bogenoemde teksverse wys dan duidelik vir ons dat ons sonde net vergewe word DEUR die doop, en NA die doop. Jesus het aan die kruis gesterf sodat ons gered kan word en die doop is gelykvormig aan die kruisiging. So wedergebore beteken – GEDOOP.

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...