Monday 11 July 2011

Wat beteken dit om God te vrees?

Jesus with children, early 1900s Bible illustr...Image via Wikipedia


God se baie in Sy Woord dat Hy gevrees moet word. Om God te vrees beteken om Hom te respekteer, te eerbied, te gehoorsaam en te aanbid. Ons leer dat God ‘n God van Liefde is, en Hy is, maar Hy kan ook net so kwaad word vir ons, God sal jou straf, Hy sal jou in die genade van satan oorgee, en Hy sal jou vervloek as jy Hom so ver dryf.

Mal 2:2 As julle nie gehoor gee nie, en as julle dit nie ter harte neem om My Naam te eer te bewys nie, se die Here van die leerskare, dan sal Ek die vloek onder julle instuur en julle seeninge in ‘n vloek verander, ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat jule niks ter harte nee nie!

Wanneer jy iemand respekteer, eerbied en gehoorsaam is aan hulle, gaan jy die persoon nie WIL teleurstel nie, en dit is wat God wil he van ons, om Hom te vrees beteken dus nie om bang te wees vir Hom nie, maar om Hom te eer!

Om God te dien is om vrede in jou lewe te he. Wat wil mens meer he as vrede? Wat se die woord vrede vir jou? Rustigheid, vreedsaamheid, kalmte! Mense met hierdie rustigheid, vreedsaamheid, kalmte en vrede in hulle lewens is nie mense met probleme soos finansies, ongelukkige werksomstandighede, huweliks probleme, argumente ens nie. Hulle lewe in vrede, omdat God alles vir hulle regmaak. Met ander woorde, God is die Hoof van hulle lewens en die Bybel se in Rom 8:10 As Ek met jou is, wie kan teen jou wees?

Is dit nie absoluut die altimatum van die lewe nie, om 100% onder die Hand van God te staan nie! Om te weet jy sal nie eens jou toon stamp nie, jy sal gelukkig wees in ALLES in jou lewe, finansies, verhoudings, huwelik alles wat jy aan kan dink en jy sal ten alle tye beskermd wees. Ek dink dit is wonderlik!

Wanneer ons Jesus aanvaar in ons lewe en ons wedergebore word, ontvang ons die Gees van God om ons te lei.

Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.

As mens al hierdie eienskappe in jou lewe het, dink jy nie dat jy nie anders kan as om gelukkig te wees in die lewe nie?

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...