Thursday 26 April 2018

Die gevaarlike Christen


Image result for Handelinge 15:26


Handelinge 15:26 “Manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.”

Bemarkers noem dit die Wêreld se Mees Suksesvolle Advertensie. Dit het in 1905 in die London Times verskyn: “Men wanted for hazardous journey. Low wages. Bitter cold. Long hours of complete darkness. Safe return doubtful. Honor and recognition in event of success.” Geteken E. Shackleton.

Hy was op soek na ‘n span om te help met sy ontdekkingsreis na die Suidpool. Die volgende oggend het daar meer as vyfduisend mans voor die koerant se kantore gewag, gereed om te gaan. Die advertensie het iets diep in elke man aangeraak.

Maar daar is ‘n nog meer suksesvolle advertensie geplaas in die Handelinge van die Apostels en oor die eeue het miljoene mense op die hoër roeping reageer op ‘n dieper manier.

Paulus en Silas was bekend as mense wat hulle eie lewens in gevaar gestel het. Teenstrydig met aanvanklike denke beteken dit nie om roekeloos en onverantwoordelik te wees nie. Die Griekse woord hiervoor beteken “om aan iemand anders oor te gee.” Met ander woorde; hulle was manne wat hulleself aan Jesus Christus oorgegee het om Sy naam te verheerlik. Alhoewel die eerste gedagtes miskien een van self verlating kan wees, is dit egter die aanvaarding en opneem van die hoogste vorm van verantwoordelikheid.

Paulus sê in Romeine 12:1 & 2: “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

In die boek van Levitikus gee God duidelike opdragte oor verskeie offerandes en hoe dit voorberei en gebring moes word. Die probleem met ‘n lewende offer is egter dat die lewendig is. Om myself as ‘n lewende offer aan te bied beteken dat ek die keuse het om ten enige tyd van die altaar af te klim. Johannes die Doper sê in Lukas 3:16: “Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie—Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.” Jesus sê in Markus 9:49 & 50: “Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word. Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar.” Vuur verbrand dit wat op die altaar geplaas is.

Ek en jy is op hierdie aarde geplaas om Jesus beroemd te maak. Dit is rasioneel, aanvaarbaar en wys dat ons ons gawes en talente tot eer van Hom gebruik. Dit kan egter nie gebeur as ons nog aan ons eie reputasies vasklou nie, dit nog troetel en beskerm nie. Ons moet ons lewens waag soos Paulus en Silas. Ons moet op die altaar bly.

Daar is iets in elke mens wat geroer word deur die uitdaging om ‘n uitdagende lewe te leef vir iets buite jouself.

Nie almal kies egter om so oor te gee nie. Baie verkies nog die gekoesterde, veilig beskermende omgewing van ‘n lewelose geloof. Dae geen verby sonder dat daar iewers ‘n verskil gemaak word. Jakobus 2:20 “Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?”

Kom, begin vandag. Wees ‘n lewende offer vir Jesus Christus. Wees waaghalsig vir Jesus!

“Here Jesus, ek kies vandag om as ‘n lewende offer of U altaar te bly. Help my asseblief om, volgens U woord, waaghalsig te wees en ‘n verskil te maak waar ek gaan. Versterk my asseblief deur die Heilige Gees om te doen wat U van my verwag. Amen.”

(cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys



Monday 9 April 2018

Kom uit haar uit!


Image result for 2Kor 6:18



2Kor 6:14  Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

2Kor 6:15  En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?

2Kor 6:16  Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

2Kor 6:17  Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;

2Kor 6:18  en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.

Orals in die Bybel sien ons dat Egipte verteenwoordigend is van die sonde en slawerny en is dit God se wil dat ons daarvan moet vrykom. Ons lees dan ook hoé Hy die Israeliete na meer as 400 jaar se slawerny, verlos het en hulle uitgelei het na die beloofde land wat Hy vir hul voorberei het as erfenis. Daar is ook baie voorbeelde opgeteken waar die volk terugverlang het na die kospotte van Egipte en toe as gevolg van hul murmurering, 40 jaar in die woestyn moes deurbring.

Net só vind ons dit vandag dat baie kinders van die Here weer terugval in hul ou weë of gemeenskap hou met die dinge van die duisternis of persone van die verlede wat hulle gebind het aan die verderf. Baie roem hulself ook daarop dat hulle nou in die Lig is en dat dit “okay” is om hierdie dinge te doen, want Jesus se bloed het vir hul sondes betaal. Omdat dinge sosiaal aanvaarbaar is en sonde nie meer in sommige kerke gepreek word nie, dink hulle dat God nie die sonde teen hulle sal hou nie, omdat Hy 'n God van genade is. Baie reken ook dat waarmee hulle besig is nie só erg is nie, want dit is mos “okay” om te rook en drink, vloek en skel, homoseksueel te wees, te dobbel, rassisties te wees, te skinder, saam te slaap buite die huwelik, vuil en ligsinnige grappies te vertel en op sosiale media te versprei, ens., ens, ens,...want “almal doen dit maar”.

Ek hoor deesdae sóveel kinders van die Here wat nog uit gewoonte uit vloek en geen poging aanwend om dit af te lê nie en met dieselfde mond wil hulle Sondae die Here loof en prys.

Al die “dinge van Egipte” word met smaak uitgeleef asof dit normaal is en asof dit vir God aanvaarbaar is, terwyl die Woord duidelik sê:

1Joh 1:5  En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.

1Joh 1:6  As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

1Joh 1:7  Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

Die probleem onder die kinders van die Here vandag, is dat sommige van ons te gewoond geraak het aan Jesus, dat ons nie meer die vrees van die Here het nie. Dan hoor ek duidelik in my gees-oor, die geroep van ons Koning: “kom uit haar uit My bruid, want die dag is naby!”

 Die vraag is nou: “hoeveel kinders van die Here lewe werklik in hierdie dae met 'n wederkomsverwagting...of het ons maar ook soos hierdie mense geword?”

2Pet 3:3  Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel

2Pet 3:4  en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.

Die Bybel is egter baie duidelik oor hiérdie saak!

2Pet 3:9  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

2Pet 3:10  Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.

2Pet 3:11  Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? —

Die tyd is lankal al daar dat ons weer moet bekeer en terugkeer na ons Eerste Liefde toe en begin vrug dra wat by die bekering pas, sodat ons kan uitstaan en nie net maar lyk soos die res van die mensdom nie. Want daar is mense wat verlore gaan oor hulle die vrot vrug sien wat ons dra en geen begeerte kry om te wees soos ons is nie.

 1Tim 4:1  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang

Rom 12:9  Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;

Rom 12:10  wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;

Rom 12:11  wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;


GEBED:  Here Jesus, ons kom bely ons sonde van gelykvormigheid met die res van die wêreld en dat ons nie heilig lewe nie...vergewe ons weereens daarvoor en kom wek asseblief ons gees op om weer te lewe volgens U wil en plan vir ons lewens met gehoorsaamheid aan U woord...amen!

 (ernest phillipson - ecp@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys



Tuesday 3 April 2018

God se wil.


Image result for Romeine 12:2



“Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.” (Mattheus 12:50)

Hierdie is altyd ‘n baie belangrike vers om te onthou. Baie mense dra die “WWJD”-bandjies, wat staan vir: “What would Jesus do?” Tog lees hulle nie altyd werklik self hulle Bybels om te sien WAT Jesus inderdaad sou doen in ‘n gegewe situasie nie.

Maar eintlik gaan dit nie oor wat Jesus sou doen in ‘n gegewe situasie nie. Hier sien ons dat Jesus sê dat daar is iets wat ONS moet DOEN. En wat is dit? Ons moet die wil van Sy Vader wat in die hemele is, doen. Hoekom? Want dan kan ons ook aanspraak maak dat ons Jesus se broers en susters is. Nou WAT is dan die wil van God die Vader? Kom ons kyk nou na ‘n paar duidelike teksverse in die Bybel wat vir ons uitspel wat IS dan nou werklik die wil van God wat ons moet DOEN:

“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” (Romeine 12:2)

Hieruit sien ons dat ons die wil van God moet beproef, dit is nie iets wat sommer net in ons skote gaan val nie. Dis dus iets wat ons moet leer doen.

“Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;…” (1 Thessalonicense 4:3)

Hierdie vers leer ons dat die wil van God ons heiligmaking is, en dat ons ons moet weerhou van die hoerery. Ons kan dus nie maar voortleef in ons sonde, en steeds aanspraak maak dat ons broers en susters van Christus is, maar ons doen nie die wil van Sy Vader in die hemel nie.

“Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.” (1 Thessalonicense 5:18)

Hier sien ons dat ons in ALLES dankbaar moet wees, ongeag waardeur ons moet gaan, want dit is ook die wil van God.

“Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring,…” (1 Petrus 2:15)

Dit is ook God se wil dat ons goed sal doen aan mense rondom ons, ongeag wat hulle mag doen of hoe hulle optree, want daardeur kan ons hulle tot stilswye bring.

“Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.” (1 Petrus 3:17)

Dit is dus tot ons voordeel as ons vervolg sou word, of lyding sou verduur as ons so goed doen, instede daarvan as dat ons ly as ons kwaad doen. Want uiteraard sal ons deur God beloon word as ons ly omdat ons volgens Sy wil goed gedoen het.

“…om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.” (1 Petrus 4:2)

Hieruit sien ons dat ons die tyd wat ons oorhet hier op aarde, nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te lewe nie, maar volgens die wil van God. So, as die mense rondom ons begeer om te hoereer, te vloek, te skel, te drink, te steel, vuil grappe te vertel, ens.ens., dan doen ons dit nie saam nie.

“En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.” (1 Johannes 2:17)

En dan vind ons hierdie laaste wonderlike belofte rondom die wil van God in die Bybel, as ons die wil van God doen, dan bly ons vir ewig.

So kom ons sluit af met hierdie laaste belangrike vraag wat Jesus ons gevra het:

“En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?” (Lukas 6:46)

Wat kies JY om in hierdie week te gaan doen? Die wil van God, of die wil van die mense?

Gebed:

“Vader, ek kom na U in die Naam van U Seun, Jesus Christus. Vergewe my asseblief waar ek die afgelope tyd in my lewe aanspraak gemaak het daarop dat ek ook ‘n broer/suster van Jesus is, maar nie werklik in alle gevalle U wil gedoen het nie. Leer my asseblief deur U Heilige Gees om op ‘n daaglikse basis U wil vir my lewe nie net na te strewe nie, maar om dit ook te doen teen oor almal rondom my.

Amen.”

  (tiaan gildenhuys - tg@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys






Sunday 1 April 2018

Hoekom sukkel ons finansiëel so?


Image result for treasure
Vandag se lewe is duur. Baie mense kan nie die noodsaaklike behoeftes bekostig nie. Is dit God se wil vir ons? Nee!!

Jesus self het gesê Hy het gekom dat ons in oovloed kan lewe. (Joh 10:10) God sê Hy gee vir ons n mandjie wat ingeprop, ingestop en oorlopens toe vol is! God sê al die skatte van die aarde behoort aan Hom, en Hy is ons Voorsienner!

 Wat is dan die probleem? Sonder om te oordeel...God het ons ook aangestel as rentmeesters van ons eie geld. 

Matt 25 lees ons van die diensknegte wat die geld moes verdubbel. Jesus gebruik die gelykenis om ons te vertel dat ons met ons geld moet woeker...maar Hy gee ook n opdrag...gee van julle geld vir die armes en die mense in nood...dan sal ons en ons geld gesëend wees.

SPREUKE 29:14  'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees. Onthou jy is ook aangestel as koning en priester van jou huis, hierdie is nie net vir die regering bedoel nie!

Hoeveel keer spreek ons dood oor ons eie situasies? Hoeveel keer sê ons dat dit die land/regering se skuld is dat ons so sukkel dat die witman onderdruk is ens? Ek stem saam ons word verdruk, maar God is en bly nogsteeds die Voorsienner aan wie al die skatte van die aarde behoort, as jou lewe met die Here reg is moet jy gesëend wees in elke situasie van jou lewe! Dit is ‘n belofte van God, maar God kan net sëen wat aan Hom behoort! Spreek bietjie met geloof 'n sëen oor jou eie lewe, jou omstandighede, gebruik die 8000 beloftes in die Woord en spreek dit! Maak dit jou eie! In elke dimensie van jou lewe. Maak God jou rots om op te staan, en onthou!! In Jak lees ons dat NIKS sonder geloof kan gebeur nie, as jy gaan twyfel, moenie eers die moeite doen om te vra nie! God kyk na jou hart nie na jou woorde wat jy bid nie, en bid met geloof in dit wat jy nog nie kan sien nie!


ROM 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. 

ROM 14:23  Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.


HEB 11:6  En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek. 

Wat het jy in jou huis wat voorkom dat jy gesëend is? Drank dalk? Die vloek van drank is armoede! Moenie jou sorge in ‘n bottel gaan verdrink nie, sit dit by die voete van Jesus!

SPR 31:6  Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.

MATT 19:21  Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.

JOH 15:7  As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.

MATT 10:29  Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. 30  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. 31  Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

Ons kla omdat ons nie goed het nie, of dat ons eendag gebid het en God nie geluister het of geantwoord of voorsien het nie. Paulus sê hou aan bid totdat jou vreugde groot is. Jesus sê klop en daar sal vir jou oopgemaak word... as ons aanhou bid sal daar vir ons gegee word, maar daar is ook voorwaardes... die Woord sê ook bid met danksegging. Bid met geloof. Die gebed van die gelowige dra groot krag! Ons moet ook vir mekaar bid. Kom ons doen dit. Hoeveel keer het jy vir iemand gesê ek bid vir jou dan doen jy dit nie?
God het riglyne, ons moet daarby hou om Sy volmaakte wil vir ons lewens te sien!

PS 2:8  Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.

Gebed:                                                                                                                                                
Hemelse Vader, wys my elke dag hoe om my geld sinvol te gebruik, wys my ook waar moet ek saai tot eer van U want alles wat ek het kom van U af. Dankie dat U aan my voorsien sodat ek ook ander kan sëen, want U het n vrygewige hart lief in Jesus Naam

Amen.

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...