Tuesday 12 January 2016

Sukkel jy met bitterheid?


Image result for persoon wat verbitterd is 


Heb 12:15 Pasop dat niemand in die genade van God veragter nie, dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.

Langdurende bitterheid kan lei tot woede en vyandigheid wat mens fisies siek kan maak as dit sterk genoeg is. 

Bitterheid beskuldig ander vir omstandighede. Bitterheid is anders as om spyt te wees oor iets. Om spyt te wees, blameer jy jouself oor goed. “As ek maar net….” Of  “Hoekom het ek nie maar net…” waar bitterheid ‘n woede, onvergewensgesindheid, afkeer, en selfs moord gevoelens teenoor ‘n ander kan hê.

Bitterheid sê”

Ek sal die persoon nooit vergewe nie. - Dit hou boek!
Ek hou nie van jou nie – Afkeer in die persoon begin plaasneem.
Ek sal jou terug kry – Jy gaan betaal vir dit!
Begin die persoon slegsê en beskinder
Begin haat met ‘n passie – Ek verag jou!
Klap of slaan persoon met vuis of emosionele geweld – vloek en skel.
Moord – onthou daar is tong-moord ook. Jy vervloek die persoon.
Selfmoord – bitterheid teenoor jouself!

Wat sê die Woord oor bitterheid?

1 Joh 3:15 Elkeen wat sy broer haat is ‘n moordenaar.

Gen 6:13 (verkort) ….deur hulle toedoen is die aarde vol geweld.

Efes 4:31 Alle bitterheid en woede en toorn (kwaad) en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid

Rom 3:13-17 (verkort) Bitterheid verwoes jou en die mense om jou.

1 Thes 1:15 Sorg dat niemand ‘n ander kwaad vir kwaad vergeld nie, maar jaag altyd na dit wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor ander.

Bitterheid is ‘n wortel-probleem! Wat is ‘n wortel-probleem? Net soos ons plante se wortels nie kan sien nie, so kan ons ook nie ‘n wortel-probleem sien nie. Dieselfde met bitterheid en ander emosionele probleme soos vrees, verwerping, skuldgevoelens ens, dit sit in mens se sielsdimensie, al wat ons kan sien is humeurigheid, aggressie, geirreteerdheid, woede ens, ons sien nie die wortel van hierdie probleem….bitterheid nie.

Baie mense wat seergekry het hou hulle seer en bitterheid binne hulle en dit broei en groei en is ‘n dodelike gif wat mens van ontslae moet raak. Ons moet bitterheid en die wortel daarvan uit ons sielsdimensie haal sodat ons ‘n gesonde geestelike, emosionele, maatskaplike en sosioale lewe kan lei, asook om te voorkom dat ons ‘n oop kanaal kan wees vir demoniese magte.

Hoe doen ons dit?

Deur verfignis!! Deur dit as sonde te bely en dit na Jesus te vat vir genesing. Laat die Liefde van ons Here Jesus jou siel genees.

Onthou om iemand te vergewe beteken nie jy stem saam met wat die persoon gedoen het nie, dit beteken net dat jy verkies om nie langer dit wat seermaak, vas te hou en dit te koester nie. Jy vergewe vir jouself! Sodat jy emosioneel kan genees en sodat jy geestelik kan groei.

Satan is die een wat jou heeltyd herinner aan wat daai persoon aan jou gedoen het, Paulus waarsku ons in die Woord deur te sê….Gee aan die vyand geen plek nie, weerstaan hom en hy sal van jou wegvlug!

2 Kor 10:3-5 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie, (4) want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp (5) terwyl ons planne verbreek en elke skans wat onderwerp word teen die kennis van God en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.

Ef 6:11-2 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat jy staande kan bly teen die liste van die duiwel.(12) Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van dei duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Slotsom:

Vergewe soos God vergewe, want as jy nie vergewe nie, vergewe God jou ook nie. Vra vergifnis omdat jy bitterheid in jou hart gekoester het en vra dat Jesus jou verlos van bitterheid met wortel en al.


Matt 6:14&15 “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe,
(15) Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie”.

Vergewe ook jouself.

Jesus Liefde


Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my op belindapaar@gmail.com.

Friday 1 January 2016

Kan my lewe verander?

Kers Versiering

Maak vandag, 'n dag in jou lewe vir nuwe dinge
Dinge van hoop en liefde en oorwinning in Jesus’ Naam.
Jou verlede met sy teleurstellings, foute, verkeerde keuses, ontnugtering en hartseer moet nou plek maak vir lente in jou lewe. Alles moet nuut word.
Sit al jou ou bagasie in 'n sak, in 'n groot sak, pak daai sak self, noem elke ding by sy naam wat jy daar in sit, moenie iets vergeet nie en sit dit vandag, sommer nou, by Jesus se voete. En sê vir HOM, "Ek is nou klaar met my verlede, my hartseer, my tekortkominge, my....... Dankie HERE dat U vir my voorspoed beplan en ek vat dit. En ek dank U daarvoor. En as ek enige tyd weer terug kyk na my ou sak, herinner my asseblief dat ek klaar is daarmee."
"En ek het 'n nuwe Hemel en nuwe Aarde gesien...die Heilige stad, die Nuwe Jerusalem... en HY(die HERE) sal by hulle (ons) woon... En God sal al die trane van hulle (julle) oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie."
"Kyk, Ek maak alles nuut."
"Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die Lewe, verniet. Hy sal oorwin, sal alles beërwe; en ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun, ‘n dogter, wees." Openb 21:1-7
Maak vandag, die eerste dag van die res van jou lewe, pak daai sak en moenie weer terugkyk nie.
Hou vas aan God se belofte vir jou lewe: Net Sy Goedheid en Guns volg jou in 2016.

Kers Versiering

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...