Sunday 15 July 2012

Drome! Beteken dit iets of kan ons dit net ignoreer? Deel 2

"Dr. Droom" banner, Amazing Adventur...
"Dr. Droom" banner, Amazing Adventures #1 (June 1961). Art by Jack Kirby & Steve Ditko (Photo credit: Wikipedia)



Wat se die Woord?

Joel 2:28 En daarna sal Ek My Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou menses al drome droom, en julle jongelinge gesigte (visies) sien.

Jer 23:29 Die profeet by wie ‘n droom is, laat hom ‘n droom vertel, en by wie My Woord is, laat hom My Woord spreek in waarheid.

Hier sien ons dat God nie net se profeteer nie!! Hy noem drome, visies en Woord ook!

Kom alle drome van God?

Nee! Mens kan drome droom omdat jou gedagtes vol is van iets, of omdat jy voor jy gaan slaap het ‘n TV program gekyk het, of oor iets gepraat het, of iets wat deur die dag met jou gebeur het, en daardie nag droom jy iets daarvan.  (Pred 5:2)Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie drome.

Satan kan ook vir jou drome gee. Mat 13:25  maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.

Of God praat met jou in jou drome. Dan 2:28 Maar daar is ‘n God in die hemel, wat geheime openbaar, en Hy het aan koning Nebukadnesar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was.....

Hoe weet ek watter droom kom van God en watter van satan?

Nagmerries is gewoonlik van satan want God is ‘n God van vrede en liefde en praat gewoonlik met ons sonder om ons bang te maak, alhoewel God jou ook ernstig kan waarsku deur ‘n droom wat jou laat bang voel. Beste is om te bid en God te vra om die droom te bevestig as jy nie seker is nie.

Drome wat herhaal word (oor en oor dieselfde droom) is beslis ‘n waarskuwing droom van God af!

Skryf jou drome af want mens kry partykeer “opvolg” drome en moet mens is geneig om drome te vergeet. Probeer om baie “detail” te onthou en neer te skryf.

Bid oor drome as jy nie seker is nie, en kanselleer drome wat jy weet is “slegte” drome, byvoorbeeld as jy droom jou suster is in ‘n kar ongeluk, kanselleer die droom in die Naam van Jesus en pleit die bloed van Jesus oor almal wat jy ken, nie net jou suster, want die mens in jou droom is gewoonlik net ‘n voorstelling van die persoon se geaardheid of jou verhouding met iemand. In hierdie geval nie noodwendig jou suster nie, maar ‘n vriendin wat vir jou voel soos ‘n suster, of ‘n “suster” by die kerk – (medegelowige)!

Hoe kanselleer ek slegte drome?

Deur die Naam van Jesus. - Spr 18:10 Die Naam van die Here is ‘n sterk toring, die regverdige hardloop daarin en word beskud,

Deur God te vra om Sy engele opdrag te gee om jou droom te kanselleer. -Ps 91:10 Want Hy gee opdrag aan Sy engele om jou te beskerm,

Deur die Bloed van Jesus - Open 12:11  en hulle het hom oorwin deur die Bloed van die Lam,

En deur die vuur van God -Jes 66.16 Want met die vuur en met Sy swaard sal die Here strafgerig hou oor alle vrees.

En deur die Woord van God- Efes 6:17 en die swaard van die Gees – dit is die Woord van God!

Wat as ek nooit droom nie?

Bid hardop en beveel satan in die Naam van Jesus om jou drome wat hy gesteel het terug te gee, die geestes wereld steel ons drome omdat hulle nie wil he ons moet hoor wat God vir ons se nie, nie alle drome is waarskuwings nie!

In die boek van Sandra Collier – Wake up to your dream – verduidelik Sandra hoe Prof Einstein se bevindings en teorie na hom gekom het in drome. God kan vir jou groot dinge openbaar in drome, so ons drome is baie belangrik.

Gebed om droom te kanselleer.

Ek kanseleer elke slegte droom wat ek gehad het, in die Naam van Jesus, Hierdie drome sal nie in my lewe manifesteer of waar word nie, ek pleit die Bloed van Jesus oor my drome, goed en sleg, sodat die goeies na my sal kom en die slegtes gestop en gekanselleer sal word. Ek beroep my op die engele van God om al my goeie drome wat gesteel was vir my terug te kry in die geestes realm en alle slegte drome te verbrand met die vuur van God. Ek staan op die Woord van God wat se dat Hy met my sal praat in drome en visies, ek maak dit my eie! Ek vra dat die Heilige Gees my sal leer om elke droom te kan ontleed en te verstaan, en om my te lei om elke droom wat sleg is te kan eien en kanselleer in die Naam van Jesus.

Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus
Amen

Jesus liefde
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Enhanced by Zemanta

3 comments:

  1. Hallo ek wil graag weet wat beteken dit as jy droom jou kar word gesteel by jou nuwe werk?

    ReplyDelete
  2. hallo wat is dit as ek droom my kar word gesteel by my huis

    ReplyDelete
    Replies
    1. Goeie More, wanneer iets in jou droom gesteel word, is dit meeste van die tyd 'n waarskuwing dat jy op geestelike vlak aangeval word, en daar geestelik van jou gesteel word. Maak seker dat jy terugkom in geregtigheid met God, kyk na jou persoonlike lewe. Waardeur gaan jy? Het jy iemand wat jy moet vergewe? Iemand met wie jy reg moet maak, oor iets wat jy verkeerd gedoen het? Het jy afgedwaal van die Here af? Kyk dan wie sit regtig agter dit. Bely hierdie sonde en bedek jouself, jou besittings en jou geestelike lewe onder die Bloed van die Lam.
      Jesus seen en vrede.

      Delete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...