Thursday 12 September 2013

Mag ons alkohol drink? Wat se die Bybel? Deel 2.


Die Bybel praat van twee tipes wyn. Wyn wat gegis is wat dan ‘n sterk drank is en wyn wat genoem word die “goeie wyn”

Spr 23: 29 – 35 By wie is “Ag!”, by wie is “wee my!” By wie is getwis, by wie is geklaag, by wie is wonde sonder oorsaak, by wie is dofheid van oe?
(30) By die wat laat opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.
(31) Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:
(32) op die end byt dit soos ‘n slang en spuug gif uit soos ‘n basilisk.
(33) Jou oe sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek,
(34) en jy sal wees soos een wat in die hart van die see le en soos een wat op die top van die mas le.
(35) Hulle het my geslaan, se jy dan, ek het geen pyn gevoel nie, hulle het my neergeslaan, ek het die nie gemerk nie!

Jes 28:7 & 8 En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank, priester en profeer wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.
(8) Want al die tafels is vol waglike uitbraaksel…...

Spr 23:32 Drank is gif
Ps 60:3 Bedwelmende wyn
Jes 51:17 Die beker van grimmigheid, die kelk van bedwelming het jy uitgedrink.

Deut 32: 32&33 Want hulle wingerdstok is uit die wingerdstok van Sodom en uit die wingerde van Gamorra, hulle druiwe is giftige druiwe, bitter trosse dra hulle.
(33) Hulle wyn is slanggif en wrede addergif.

Hos 7:5 Op die dag van ons koning is die vorste siek van verhiting deur die wyn, hy steek sy hand uit na die spotters (6) Ja hulle het hulle harte gemaak soos ‘n oond in hul arglistigheid….

Hab 2:15&16 “Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou, Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer – drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die Here omgaan, en skande tref jou eer

Spr 23:21 “Want ‘n drinker en ‘n vraat sal arm wees, en slaperigheid laat stukkende klere dra

Mag Christene dan alkohol gebruik?

Nee want daar is ‘n vloek op wyn en sterkdrank. Wat is die vloek?
  • Ongelukkigheid
  • Geklaag
  • Wonde sonder oorsaak
  • Dofheid van oe - oe sal vreemde dinge sien
  • Verwardheid
  • Vuil taal en grappe - spuug gif uit soos ‘n basilisk, en jou hart verkeerde dinge spreek,
  • Verloor jou gevoel in jou liggaam - ek het geen pyn gevoel nie
  • Jy is nie bewus met wat met jou gebeur nie - ek het die nie gemerk nie.
  • Bakleiery en getwis - Die beker van grimmigheid, en rasend word
  • Jy verloor jou inhibisies – iets wat jy nooit sal doen as jy nugter is nie sal jy doen wanneer jy bedwelmed is - ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou.
  • Jy breek jou eie goeie naam af - , en skande tref jou eer
  • Armoede - arm wees en stukkende klere dra.
  • Siektes - siek van verhiting deur die wyn
  • Sal slegte vriende he - steek sy hand uit na die spotters.

Spr 6:16-19 Hierdie ses dinge haat die Here, en sewe is vir sy siel ‘n griewel.
(17) trotse oe, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, (18) ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad loop, (19) een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.

As ons na die bogenoemde verse kyk sal ons duidelik sien dat dit alles is wat iemand doen wat baie drink of wat alkoholis is. En dit is alles ‘n griewel vir God se siel en Hy haat dit, verder se die Woord dat dronkaards nie in die hemel sal kom nie.

Spr 3:33 Die vloek van die Here is in die huis van die goddelose, maar Hy seen die woning van die regverdiges.


Deel 3 vervolg:
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...