Tuesday 24 September 2013

Dwelms - Hoe kan ek as vriend of familie lid die persoon ondersteun ?


  • Help die persoon sien dat jy werklik om gee, maar hou ook ingedagte dat liefde en bejammering nie altyd die antwoord is nie.
  • Liede oorbrug alles se die Woord en ja, dit is waar, maar in die geval van iemand wat verslawing moet veg, word liefde nie altyd gesien as opreg en eerlik nie. Die persoon wat betrokke geraak het met die dwelms het oor ‘n baie langtyd geglo dat hy/sy nie goed genoeg is nie, en skielike liefde kan dit laat vals lyk.
  • Stel belang in die persoon se lewe maar sonder om die persoon te laat voel jy is “verdag” op wat aangaan in sy/haar lewe.
  • Hou ingedagte dat die persoon moet terug keer na sy normale en bekende omgewing. Dit kan ou herinneringe terugbring en die persoon laat onthou van of die seer wat daar beleef was, of die “goeie ou tye” en die verlange na dwelms weer aan help.
  • Om terug te keer na werk, kan die persoon weer onder druk plaas, stadig maar seker bou die druk van verantwoordeliheid op en op en kort voor lank voel die persoon dat hulle net een keer weer moet gaan probeer om net weer “normaal” te voel en gaan hulle terug na die “hulpmiddel”. Ondersteun die persoon en vra uit oor die werk/skool ens en maak seker dat die person nog gelukkig is, onthou om te kommunikeer laat mens gemakliker voel en haal die “byt” van die situasie uit.
  • Laat die persoon vir homself “goal” stel vir die toekoms en ondersteun hom daarin.
  • Familie druk – Moenie die persoon dwing om na familie te gaan waar hulle nie wil gaan nie, onthou dat die persoon dalk skaam is om weer mense te sien wat hy/sy teleurgestel het, hierdie skaamte kan maak dat die persoon voel hulle het “hulpmiddels” nodig om die situasie te kan handteer.
  • Help die persoon om betrokke te raak by goed wat hulle van hou, soos byvoorbeeld om te gaan help met sport byeenkomste, of om deel te word van ‘n musiek groep, of jeug groep ens.
  • Help iemand anders – Wanneer ‘n verslaafde iemand anders kan help laat dit hulle hart vol en gelukkig voel, om iemand anders te help wat by dwelms betrokke is sal die persoon laat onthou hoe hy/sy gevoel het en onder verdowing en laat besef dat dit nie so goed of “lekker” was soos hulle gedink het nie. Maar totdat die persoon nie heeltemal oor dit is nie is dit nie ‘n goeie idee om met iemand betrokke te raak wat nogsteeds gebruik nie, laat hulle iemand eder help wat reeds deur die proses van “nugter wees” gekom het. Maar daar is ook ander maniere wat die persoon sy hulp kan aanbied, deur by dierebeskerming vrywillige hulp te gaan aanbied, of om by oue te huise uit te help, al is dit net om betrokke te raak met die skoonmaak van die tuin ens.
  • Oefening is ook baie goeie manier om van dwelmverslawing ontslae te raak omdat dit fisiese ontwikkeling en groei stimuleer. Oefening laat die brein en denke ontspan en stimuleer. Draf, neem die hond vir ‘n stap, of sluit by n oefen groep aan.
  • Gesonde eet gewoontes help ook om die liggaam goed en gesond te laat voel.
  • Die persoon moet by nuwe vriende betrokke raak, vriende wat nie dwelms gebruik nie, asook vriende wat nie alkhol gebruik nie, alkohol sal die “verlange” na sterkter stimulante net weer aanhelp. Onthou die dwelmverslaafde het begin by alkoholiese drankies voor hulle na sterker “hulpmiddels” gaan soek het.
  • Gee liefde, deur ondersteunend te wees, en help die persoon om ‘n sterk innerlike selfdissipline te ontwikkel deur hom/haar te prys vir dinge wat hulle doen of hoe hulle lyk ens.
  • Hou kontak, sonder om oorboordig te wees, dit wys opregte vriendskap en omgee.
  • Ons almal wil aanvaar word, ons almal wil voel ons is “goed genoeg”, so help die persoon om dit binne hom/haarself te ontwikkel. Om hulle selfbeeld weer opgebou te kan kry.
  • Kry professionele hulp as jy dink dit is nie maklik om met die persoon te praat nie, as jy nie opgewasse genoeg is vir die taak nie, laat ‘n buite staander dit eder handteer, die verslaafde sal tien teen een eder met ‘n “vreemdeling” wil gesels oor diep emosionele sake as met ‘n familie lid.

Wat moet ek nie doen nie?

  • Moet nooit die dwelmverkoper gaan konfonteer nie. Mense wat dwelms gebruik is aggresief en gevaarlik.
  • Die persoon wat deur die dwelm-rehab is beskou die persoon wat die dwelms aan hom of haar verskaf het as ‘n “vriend”, om hulle vriende te gaan aanval gaan jou net in ‘n swak lig stel by die persoon wat jy wil help.
  • Moenie verwyte na die persoon gooi nie, maak nie saak hoeveel skade, seer, teleurstellings, vernederings in jou lewe veroorsaak was deur die persoon nie, hulle sukkel alreeds om oor die teleurstellings te kom, jou verwyte sal dit net erger maak en die persoon laat voel “ek is nogsteeds nie goed genoeg of aanvaarbaar nie”, en hulle sal weer terugval op dieselfde pad. Onthou verwyte bou ‘n muur tussen jou en die persoon.
  • Moet nooit woorde gebruik soos, “na alles wat ek vir jou gedoen het” of “ek het jou so lief, en jy doen dit aan my” hierdie reaksie sal die persoon laat skuldig voel, van voor af minderwaardig voel en die verlange na die dwelms terug bring.
  • Moenie die probleem as ‘n skande beskou nie. Genesing is moontlik. Onthou niemand begin met dwelms met die idee om verslaaf te raak nie. Die persoon is nie ‘n probleem nie, die persoon HET ‘n probleem.
  • Waak teen ‘n “ek is beter as jy”-gesindheid. Dit veroorsaak dat die persoon nog meer onbevoegd en minder aanvaarbaar is. Onthou nie twee mense is dieselfde nie!
  • Moenie as jy op ‘n voorraad dwelms afkom dit vernietig nie, jy gaan die persoon net meer opstandig maak en hom/haar forseer om uit te gaan en weer te gebruik. Praat kalm met die persoon en probeer dat hy/sy dit self vernietig, of kry ‘n professionele persoon in om die saak te handteer, NIE die polisie nie, maar ‘n Pastoor, Onderwyser, Familie lid vir wie die persoon omgee of berader. Moenie jaloers voel op professionele hulp nie.
  •  Dwelmafhanklikes is ‘n gespesialiseerde veld en gewone persone beskik baie keer nie oor die gespesialiseerde kennis nie. Gebruik die hulp wat beskikbaar is.
  • Moenie ‘n 100% verandering oornag verwag nie. Daar sal tye wees van spanning en gemoedsverandering. Help die verslaafde oor die moeilike gedeeltes van verslawing deur geduldig te wees Moenie die afhanklike in watte toedraai nie. Die belangrikste deel van sy/haar herstel is om die werklikheid van die lewe sonder dwelms te aanvaar. Beskerming is nodig maar soms moet ons “tough-love” toepas sodat hulle die werklike lewe kan sien en aanvaar. 
  • Moenie die persoon beskerm teen die skade van dwelms nie, Kennis is Krag!
  • Moenie uself blameer nie, Baie ouers vra hulself “wat het ek verkeerd gedoen”? Laat die persoon jou eder self vertel wat jy verkeerd gedoen het en bly kalm moenie kwaad word nie, net soos die persoon sy/haar skuld moet erken so moet jy ook.
  • Mense wat afhanklik was/is aan dwelms bou ‘n verdedigingsmeganisme op. Hulle voel altyd dat dit nodig is om hulleself te verdedig want niemand anders sal hulle verdedig nie.

      Hierdie verdedigingsmeganisme veroorsaak dat die persoon eerste van alles ontken dat     hulle afhanklik is. Hulle sal goed se soos “my verslawing is nie ‘n probleem nie, ek het dit            onder beheer en ek kan besluit wanneer ek wil en nie wil gebruik nie” of hulle sal blatant     ontken dat hulle verslaaf is of dwelms gebruik.

      Hierdie is iets wat mens rekenskap van moet hou, want sodra jy die persoon aanval oor dit            verdedig hul hulself net meer. As jy dit aan die persoon wil uitwys, maar seker van jou feite           en se goed wat werklikhede is soos “ek het gesien jy het dagga gerook saam met jou      vriende, of ek het die LSD in jou kas gekry, of Sannie het my gese julle het saam gebruik”         

      Dit moet feite wees, moenie goed gebruik waarmee hulle hulself kan verdedig nie.

Deel 3 vervolg

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...