Saturday 28 September 2013

Homoseksueliteit – Mag hulle trou?



English: Abraham Sees Sodom in Flames, circa 1...
English: Abraham Sees Sodom in Flames, circa 1896–1902, by James Jacques Joseph Tissot (French, 1836-1902) (Photo credit: Wikipedia)

Deel 1: Let asb daarna op dat geen item daarop gemik is om enige persoon te benadeel of enige ander persoon die reg te gee om ander te haat of te oordeel nie, maar dat dit slegs genoem word as riglyn van die Woord van God.

Baie vrae ontstaan omtrend homoseksueliteit. Mag hulle wettiglik trou en kinders aanneem en hulle groot maak en onderrig dat dit reg is om in ‘n homoseksuele verhouding te wees? Mag ons hulle haat, of moet ons hulle aanvaar en ondersteun? Mag ons hulle in ons kerke toelaat? Is hulle so geskape deur God? Het hulle ‘n keuse of hulle wil homoseksueel wees ens? Kom ons kyk wat se die Woord van God omtrend die onderwerp.

Eerstens, is God die insteller van die huwelik en net Hy het die reg om te se wat en hoe die huwelik moet en mag wees.

God het Man en Vrou geskape en hulle opdrag gegee om vrugbaar te wees en te vermeeder en die aarde te vul.

Gen 1 :26-28&30 En God het gese ” Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voels van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. (27) En God het die mens geskape na Sy Beeld, na die Beeld van God het Hy hulle geskape, man en vrou het Hy hulle geskape. (28) En God het hulle geseen, en God het vir hulle gese “wees vrugbaar en vermeeder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voels van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
(30) Toe sien God alles wat Hy gemaak het en dit was goed!

Die vrou was geskape, uit die rib van die man, as maat vir die man, en die huwelik was ingestel as ‘n heilige instelling van God en die opdrag was om vrugbaar te wees en die aarde te vul. (Gen 2:18-24)
Hulle was opdrag gegee om seksuele gemeenskap met mekaar te he en om een te wees in vlees. Die man moes sy familie verlaat en sy vrou aankleef.

Gen 2:24 en Efes 5:31 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaatr en sy vrou aankleef. En hulle sal een in vlees wees.

In die Nuwe Testament is die wet nog dieselfde. God verwag dat die huwelik ‘n lewenslange eenheid moet wees tussen man en vrou, nie tussen vrou en vrou of man en man nie. Die mens kan nie natuurlik reproduseer tussen twee mans of tussen twee vrouens nie, want God het ons nie so geskape nie, verder gee Hy opdrag dat wat Hy saamgevoeg het mag geen mens skei nie.

Matt 19:4-9 (verkort) En Hy antw hulle en se: “Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, (5)en gese het: “ Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees wees, (6)sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie

Maar die huweliksvoorwaardes gaan nog verder, God seen die huwelik deur die mense vrugbaar te maak en hulle opdrag te gee om kinders te he. Dan gee hy vir die mens die inligting oor hoe ons, ons kinders moet groot maak. In Exodus 20 gee Hy die opdrag aan kinders om hulle ouers te eer en te respekteer, maar dit verval nie in die Nuwe Testament nie, die wet bly dieselfde.

Efes 6:1-4 Kinders julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder, dit is die eerste gebod met ‘n belofte – sodat dit met jou mag goed gaan en jy lank mag lewe op die aarde.

Wanneer homoseksuele paartjies kinders aanneem, is die kind(ers) blootgestel aan iets wat nie in lyn is met God se Woord nie. Die Woord se oor en oor dat kinders hulle ouers moet respekteer en as hulle nie doen nie dat daar ‘n straf op hulle sal wees.

·         Spr 30:17 dat hy wat sy vader spot en sy moeder verag en nie gehoorsaam is nie, die kraaie van die dal sal hulle oe uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.
·         Deut 27:16 God vervloek elkeen wat sy ouers ongehoorsaam is.
·         Matt 15:4 Hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.
·         Lev 20:9 Elkeen wat sy vader of moeder vloek moet doodgemaak word, hy is verantwoordelik vir sy eie dood.

Kinders wat binne homeseksuele verhoudings/huwelike groot word, gaan gespot word deur ander kinders, of gaan self opstandig wees teen hulle ouers, is dit reg om kinders bloot te stel aan “hulle eie straf” soos hierbo genoem? Al die boonste verse noem dat daar n vader en moeder moet wees, ‘n man en ‘n vrou! Hierdie is nie ‘n gesonde verhouding of huwelik nie en die kinders kry nie die regte opleiding in die regte omgewing soos deur God voorgeskryf nie.

·         1Kor 7:2-5 (verkort) Maar wanwee die hoererye moet elke man sy eie vrou he, en elke vrou moet haar eie man he (4) Die vrou het nie mag or haar eie liggaam nie, maar die man, en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou (5) onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy, en kom weer bymekaar, sodat die satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.
·         Heb 13:4 Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet, want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.

As ons kyk na die 2de gedeelte van die boonste vers sien ons dat enige seks buite die huwelik nie goedgekeur word deur God nie, - hoereerders sal deur God geoordeel word.

Deel 2 vervolg – Is dit aanvaarbaar vir God?

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...