Saturday 28 September 2013

Homoseksueliteit – Mag ons hulle haat en mag hulle in die kerk wees saam met ons?



English: Abraham Sees Sodom in Flames, circa 1...
English: Abraham Sees Sodom in Flames, circa 1896–1902, by James Jacques Joseph Tissot (French, 1836-1902) (Photo credit: Wikipedia)

Deel 3: Let asb daarna op dat geen item daarop gemik is om enige persoon te benadeel of enige ander persoon die reg te gee om ander te haat of te oordeel nie, maar dat dit slegs genoem word as riglyn van die Woord van God

Nee, ons mag hulle nie haat nie! Jesus gee opdrag en se dat ons alle mense moet liefhe!

Haat God hulle? Nee! Beslis nie! Hy het Sy Seun Jesus gestuur vir die sondaar, sodat hy/sy vergifnis kan ontvang vir hulle oortredinge, ons almal is sondaars nie net homoseksuele mense nie, en Jesus het gekom vir almal (elke sondaar) om gered te word.

Joh 3:16&17 Want so lief het God die wereld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan he. (17) Want God het Sy Seun in die wereld gestuur nie om die wereld te veroordeel nie, maar dat die wereld deur Hom gered kan word.

Baie homoseksuele mense is kinders van die Here, leef gelowige lewens en probeer om reg te lewe, maar hulle probeer om homoseksueliteit te regverdig deur te se dat hulle so gebore is en dat hulle nie kan verander nie, hierdie stelling is nie waar nie, en ek kom terug daarna in die laaste gedeelte.

Die Woord se dat Jesus gekom het sodat ons gered kan word, maar dit se ook verder dat ons, ons sonde moet los en nie verder moet sondig nie.

Hand 26 :20 (verkort) die boodskap is aan alle mense verkondig… en die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle aan God bekeer deur die werke te doen wat by die bekering pas.

1Tim 1:9-11 (verkort) wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens Sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid in Christus Jesus geskenk is, sodat ons gered kan word.

Mag hulle kerk toe kom? Beslis Ja! Paulus se bely julle sonde aan mekaar en bid vir mekaar. Die kerk mag nie sondaars wegwys nie anders mag niemand kerk toe gaan nie want niemand is sondevry nie, behalwe Jesus !
Om kerk toe te gaan is om ‘n ontmoeting met God te he. Hoe moet hierdie mense tot inkeer kom as hulle nie in die kerk toegelaat mag word nie? Dit is die plig van die leerraars om hierdie mense reg te help en te probeer help om by Jesus uit te kom sodat hulle vergifnis kan ontvang en gered te word.
Moet ons hulle net los terwyl ons weet hulle leef in sonde? Nee, dit is ons plig om die Evangelie en die Waarheid te verkondig en hierdie sonde is deel van die Evangelie. Die Woord se duidelik dat ons nie hoorders van die Woord moet wees nie maar daaders van die Woord moet word.
Ons mag ook nie maak asof dit reg is nie want ons mag ook nie byvoeg en weglaat wat die Woord se nie, want dan gaan ons ook gestraf word.

Open 22:19 En as iemand iets van die woorde van die Boek (Bybel) van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die Boek van die Lewe en uit die heilige stad en tot die dinge waarvan in hierdie Boek geskrywe is.


Deel 4 vervolg – Is homoseksuele mense so gebore?

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...