Saturday 28 September 2013

Homoseksueliteit – Is dit aanvaarbaar vir God?

English: Abraham Sees Sodom in Flames, circa 1...
English: Abraham Sees Sodom in Flames, circa 1896–1902, by James Jacques Joseph Tissot (French, 1836-1902) (Photo credit: Wikipedia)


Deel 2: Let asb daarna op dat geen item daarop gemik is om enige persoon te benadeel of enige ander persoon die reg te gee om ander te haat of te oordeel nie, maar dat dit slegs genoem word as riglyn van die Woord van God

Dra homoseksuele verhoudings die goedkeuring van God weg? Nee God noem dit skandelike hartstog, onnatuurlik en strafbaar!

Rom 1:26-28 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in die wat teen die natuur is, en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand, manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

In Sodom en Gamorra het God albei stede verwoes omdat hulle homoseksueel verkeer het - Gen 19:1-38, 2 Pet 6-8 en Jud 1:7  Let op na die woorde wat uitstaan, God het die stede verwoes met swawel en vuur soos in ‘n smeltoond, Hy het hulle ondergang veroodeel as voorbeeld vir die toekoms omdat Hy dit gesien het as goddeloos, losbandig, sedeloos, gehoerreerdery, agter vreemde vleis aanloop en onwettig, en die straf is die ewige vuur, hel!

·         Gen 19:(24) En die Here het swawel en vuur oor Sodom en Gamorra laat reen van die Here uit die hemel (25) en Hy het hierdie stede omgekeer en die hele Jordaanstreek, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei, (28) Toe hy (Abraham) uitkyk oor Sodom en Gamorra en oor die hele land van die Jordaanstreek, sien hy dat die rook van die land optrek soos die rook van ‘n smeltoond.
·         2 Pet 6-8 en deur die stede van Sodom en Gamorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees (7) en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense. (8) want deur wat hy gesien en gehoor het, het die regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke.
·         Judas 1:7 soos Sodom en Gamorra en die stede rondom hulle wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aan geloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan,
·         1 Kor 6:10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerder of afgodedienaars of egbrekers of ** wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koningkryk van God beerwe nie.
·         Lev 18:22-23 Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap he soos ‘n mens met ‘n vrou het nie. Dit is ‘n gruwel. (23) En jy mag met geen dier vleeslike gemeenskap he om jou daardeur te verontreinig nie. ‘n Vrou mag ook nie voor ‘n dier gaan staan om daarmee te doen te he nie. Dit is ‘n gruwelike vermenging.

** Die King James Bybel vertaal dit as "abusers of themselves with mankind," en alle vertalings verwys daarna as homoseksueliteit.

Ons sien dus dat dit NIE aanvaarbaar is vir God nie, maar beteken dit dat God hulle nie liefhet nie, en dat ons hulle moet verwerp uit samelewing?


Deel 3 vervolg – Mag ons hulle haat en mag hulle in die kerk wees saam met ons?
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...