Thursday 12 September 2013

Mag ons alkohol drink? Wat se die Bybel? Deel 1

Knofihol - Knoblauchzehen in Alkohol
Knofihol - Knoblauchzehen in Alkohol (Photo credit: Wikipedia)


Baie mense wat drink gebruik Jesus as voorbeeld (verskoning) en se dat Jesus water in wyn verander het by die bruilof in Kana, of waar Jesus in die salon gesit en eet het saam met die wat gedrink het. Verder se hulle dat Jesus wyn aan die Nagmaal tafel bedien het met die laaste ete voor Sy Kruisiging. Wat se die Bybel?

Alkohol  is ‘n nakotiese/ onderdrukkende middel, dit onderdruk en verdoof  die normale funksie van jou brein en senuwee stelsel en verdoof ook die hoer breinsentrums. Dit spoel heen en weer oor jou brein en bereik op die einde jou diepste en weerloosste binnekant van jou brein.

‘n Enkele glasie wyn, onderdruk die frontale lobbe wat jou selfbeheersing, wilskrag, inhibisies, konsentrasie en oordeelsvermoee beheer, maar die alkohol het nog nie die agterkant van jou brein bereik nie. Op hierdie stadium is jou oordeel aangetas en die alkohol in jou bloed is maar 0.01g/100ml

Hab 2:15&16 “Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou, Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer – drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die Here omgaan, en skande tref jou eer

Teen die tweede of derde glasie wyn binne ‘n uur word jou brein se motoriese vaardigheid (parientale lobbe aan die kant van jou kop) aangetas en jy begin stadiger reageer. Normale dinge soos die knoop van skoenveters raak moeiliker, jy begin sleeptong praat, jou sig word aangetas en tot jou gehoor verlaag en jy word luidrugtig want jy dink ander mense kan jou nie hoor nie. Jy kan nie meer reguit loop nie en jou reuk en smaak sintuie word aangetas.

Spr 20:1 Die wyn is ‘n spotter, en sterk drank ‘n lawaaimakers, en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.

Jer 25:15&15 Neem hierdie beker van grimmigheid uit My hand en gee dit om te drink aan al die nasies wie Ek jou stuur, (16) dat hulle kan drink en waggel en rasend word weens die swaard wat Ek onder hulle instuur

Na vier glasies of twee dubbels (per uur) bereik die alkohol jou agterkop (oksipitale lob) en het jy sowat 0.15g/100ml alkohol in jou bloedstroom. Jy sien nou baie swakker en kan nie goed wat langs jou is (hoek van jou oog) sien nie.

Spr 23:33 (Oor sterk drank) Jou oe sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek,

Tussen vier en ses glasse (per uur) bereik die alkohol jou klein brein en kan jy nie meer loop nie, en wil jy eder gaan slaap of iewers gaan le.

Nog een drankie en jou lewe is in gevaar, die alkohol is nou 0.25g/100ml en die alkohol bereik jou middelbrein, jou reflekse in nou onder heftige druk en jy begin naar voel,kan nie reguit dink nie, of voel verward, is lam en kan selfs bewe. Jou alkohol vlak is nou hoog genoeg om jou in ‘n koma te laat gaan.

Jes 28:7 & 8 En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank, priester en profeer wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.
(8) Want al die tafels is vol waglike uitbraaksel

Teen die tyd wat jy vier dubbels of 8 glase binne ‘n uur gedrink het is die alkohol vlak 0.35mg/100ml en bereik die alkohol jou weerlose breinstam met mag en mening, as die alkohol nou jou brein bereik wat jou asemhaling en bloedsomloop beheer (medulla oblongata) kan jy sterf.

Alkohol maak ook jou brein selle dood, elke keer wanneer jy drink. Dit kan nooit weer herstel tensy die Here dit vir jou genees nie.

Dit is wetenskaplik bewys dat die risiko om mondkanker te kry van alkoholmisbruik persentasie gewys hoer is as by tabakgebruik.

Alkohol misbruik is ook ‘n groot rede vir maagsere wat kan lei tot inwendige bloeding.

Alkohol veroorsaak gewigstoename omdat dit baie suiker bevat.

 Jy kan alkohol-vergifting kry as jy te veel drink omdat die chemikaliee in jou brein verander wanneer jy alkohol gebruik en veroorsaak dat jy begin braak en flou word.

Jou lewer word aangetas en jy ontwikkel sirrose omdat jou lewer nie meer die gifstowwe in jou liggaam kan skoon maak nie.

Hos 7:5 Op die dag van ons koning is die vorste siek van verhiting deur die wyn, hy steek sy hand uit na die spotters (6) Ja hulle het hulle harte gemaak soos ‘n oond in hul arglistigheid….

 Drank is die grootste rede en oorsaak van motor ongelukke en dood op die paaie (voetgangers en kinders). Mens mag dink jy is nugter genoeg om te kan bestuur maar die oomblik wanneer jy alkohol in jou bloedstroom het funksioneer jou brein nie meer normaal nie. Of jy een of 10 glasies gedrink het  maak nie saak nie, jou brein funksioneer nie meer normaal nie.

Dit is ook die grootste rede vir egskeiding, huis moleste, kindermishandeling en kinderverwaarlosing, asook geweld, en seksuele losbandigheid.

Alkohol is ook die grootste voorloper van dwelm misbruik in die wereld. Meeste mense begin by drank en na ‘n rukkie is dit nie meer goed genoeg om die seer of probleem uit te verdoof nie en draai hulle na sterker stimulante soos dagga, LSD ens.


Deel 2 vervolg

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...