Saturday 28 September 2013

Homoseksueliteit – Is homoseksuele mense so gebore?



English: Abraham Sees Sodom in Flames, circa 1...
English: Abraham Sees Sodom in Flames, circa 1896–1902, by James Jacques Joseph Tissot (French, 1836-1902) (Photo credit: Wikipedia)

Deel 4: Let asb daarna op dat geen item daarop gemik is om enige persoon te benadeel of enige ander persoon die reg te gee om ander te haat of te oordeel nie, maar dat dit slegs genoem word as riglyn van die Woord van God.

Baie mense glo dat hulle homoseksueel gebore is, of dat dit oorerflik is. Hierdie stelling is nie waar nie. Eerstens van alles het God jou geskape. God se in Sy Woord dat Hy niemand in vesoeking sal lei nie, so hoekom sal Hy jou dan alreeds voorgeboorte in versoeking lei deur jou homoseksueel te skape?

Om te se jy is so gebore is teen God se Woord, Hy het NIE foute gemaak toe Hy jou formeer het nie, Hy se self Hy het jou geken voor jy nog in die moederskoot was, en dat Hy jou met eer bekroon het. Hoe is jy met eer bekroon as jy alreeds voorgeboorte dan homoseksueel geskape is?

Een van die grootste redes hoekom mense homoseksueel word is omdat hulle as kinders seksueel gemolisteer is.

Ander faktore is “geslagsverwerping” voorgeboorte. Jou ma wou ‘n seun he en jy is ‘n dogter, terwyl jou ma jou as seun sien in die baarmoeder, gee haar liggaam meer manlike hormone af en word jy gebore as ‘n “tom-boy” of andersom as ‘n “nancy-boy”. Maar dit se nie dat jy nou homoseksueel gebore is nie. Dit se net dat jy alreeds in die baarmoeder verwerp is in jou geslag en na geboorte probeer jy om jou ma gelukkig te hou deur alles te doen wat sy wou he. As seun spandeer jy tyd in die kombuis en as meisie werk jy saam met pa aan die kar.

Nog ‘n faktor is dat jy diep teleurgestel was in ‘n verhouding en teen jou eie geslag draai en homoseksueel geword het. Hierdie is ‘n groot emosionele seer wat jy ronddra, jy is nogsteeds nie homoseksueel gebore nie!

Nog ‘n faktor kan wees dat jou pa afwesig was in jou kinderjare. (Afwesige pa is nie net pa wat nie saam jou gebly het in een huis nie, maar kan ook geskeide ouers wees of werkende pa)  Dit is bewys dat kinders wat sonder hulle pa groot word in die eerste 6jaar van hulle lewe neigings toon van homoseksueleteit. (Sien vaderliefde op een van die vorige inskrywings)

Nog ‘n faktor kan wees totale verwerping deur iemand wat depressie, rebellie en minderwaardigheid veroorsaak en deur die soeke vir aanvaarding word die persoon betrokke by ‘n homoseksuele verhouding.

Gebruik van dwelms kan ‘n oorsaak wees waarom jy betrokke geraak het by homoseskueliteit.

Daar is ‘n hele paar faktore wat in aggeneem moet word met homoseksuele mense maar vir nou wil ek eers klem le op “seksueel gemolisteer as kind” omdat dit die grootste oorsaak is vir homoseksueliteit.

Om seksueel gemolisteer te word is nie altyd penetrasie nie, dit kan ook een van die volgende dinge wees.

Om bo of onder klere betas te geword het waar onderklere moet wees.
Om ontbloot te geword het sodat iemand (gewoonlike ouer persoon) hulself seksueel kon bevredig voor jou.
Wanneer iemand in jou kamer om badkamer gekom het terwyl jy naak was, of jou gebad het wat vir jou ongemaklik was.
Om seks te gesien het op ‘n vroee ouderdom, hetsy hetro of homoseksueel of daarna moes luister.
As jy moes deelneem in “sekspeletjies” met ouer persoon.
As orale seks op jou afgeforseer was as kind.
As jy na ponografiese films of boeke moes kyk of daarna luister.

Die lys kan nog baie langer aangaan en daar kan baie meer uitgewy word op die onderwerp, wat ookal die rede hoekom jy betrokke is by ‘n homoseksuele verhouding, maak nie saak nie, die feit bly staan dat dit nie die plan van God was vir jou lewe nie, en jy kan verander en vergewe word vir hierdie sonde.

Eerstens moet jy onthou dat dit nie jou skuld is dat jy homoseksueel is nie. Alle vorms van seksuele misdrywe is ‘n emosionele siekte waaraan jy ly, net soos depressie, minderwaardigheid, lae selfbeeld, vrese, selfbeskuldiging, bitterheid ens. Maar is daar hulp vir jou? Beslis ja, net soos Jesus enige ander siekte kan genees so kan hy jou emosionele siekte ook genees, al doen jy dit vandat jy kan onthou.

Hier is Bybel verse om jou te help, maar ek sal voorstel dat as jy in hierdie situasie is dat jy gaan vir profesionele hulp.

Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Jesus wat my krag gee. Hierdie is seker een van die kragtigste verse in die Bybel vir iemand wat sukkel met ‘n “gewoonte” sonde!

Jes 55:11 Se vir jouself die versies. Ek glo dat U Woord nie leeg na U sal terugkeer nie, maar doen wat U behaag en voorspoedig sal wees in alles waartoe U dit stuur. Ex 15:26 U is die Here wat my gesond maak, Pet 2:24 Deur die wonde van Jesus IS ek genees, Spr 4:22 U Woord is Lewe en genesing vir my liggaam, Joh 14:1 My hart raak nie onstel nie, want ek GLO in God, Ps 39:8 U is my enigste hoop. 1 Pet 1:21 God het Christus uit die dood opgewek en verheerlik, daarom stel ek al my vertroue en hoop op God. Open 21:7 Almal wat aanhou oorwin!


Vrede in Jesus Christus.

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com
Enhanced by Zemanta

1 comment:

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...