Thursday 12 September 2013

Mag ons alkohol drink? Wat se die Bybel? Deel 3

English: Jesus Christ - detail from Deesis mos...
English: Jesus Christ - detail from Deesis mosaic, Hagia Sophia, Istanbul (Photo credit: Wikipedia)



Die goeie wyn waarvan die Bybel praat is nie wyn wat gepars en gegis was nie, maar is wel vrugte sap, of druiwe sap.

Gen 27:28 En mag God jou gee van die dou van die hemel en van die vet grond van die aarde en oorvloed van koring en mos (wyn) Engelse Bybel se “and bountiful new wine”.

In hierdie vers sien ons die wyn as ‘n seening van voorspoed in die land.

Num 18:12 Al die beste van die olie en al die beste van die mos (wyn) en koring, die beste daarvan wat hulle aan die Here gee, dit gee Ek aan jou.

Hier word die wyn na verwys as na die “beste van die wyn”.

Neh 10:37 en 39 en dat ons die eerstelinge van ons growwe meel en van ons offergawes en van die vrugter van allerhande bome, van mos en olie, sou bring vir die priesters in die huis van onse God……

Hier verwys die vers na die “nuwe wyn” wat as offergawe na die huis van God geneem is.

Deut 7:13 En Hy sal jou liefhe en jou seen en jou vermenigvuldig, en Hy sal die vrug van jou liggaam seen en die vrugte van jou land, jou koring en jou mos en jou olie, ……

Deut 11:14 God se: dan sal “Ek die reen van die land gee op die regte tyd, vroee reens en laat reens, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel.

Spr 3:10 dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos

Weereens word na wyn verwys as ‘n seening van God.

As ons na die vorige gedeelte kyk (deel 2) sien ons dat drank nie goed is vir ons nie, maar as ons na al die boonste verse kyk sien ons dat dit geseend is deur God en dat die Jode dit vir Hom kon gee as offergawes. Maar dit wat hulle vir God gegee  het as offergawes was nie wyn met alkohol in nie, dit was plein en vars vrugtesap!

Die volgende verse bevestig dit!

Lev 2:11 Geen spysoffer wat julle aan die Here bring, mag van iets wat ingesuur is, berei word nie, want van geen suurdeeg of heuning mag julle vir die Here ‘n vuuroffer aan die brand steek nie.

Hoekom nie heuning nie, want dit laat goed gis, en vrugte wat gis word drank en is nie meer skoon vrugtesap nie!

As ons kyk na die wyn wat Jesus gemaak het by die bruilof in Johannes 2 vers 10 en 11 sien ons dat die Bybel praat van “goeie wyn”

Joh 2:10 “Elke mens sit eers die goeie wyn op en wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste, maar U het die goeie wyn tot nou toe bewaar.”

Vers 11 Hierdie eerste een van Sy tekens het Jesus te Kana in Galilea gedoen, en Hy het Sy heerlikheid geopenbaar, en Sy dissipels het in Hom geglo.

Vers 7 Jesus se vir hulle: Maak die kanne vol water. En hulle het hul tot bo toe volgemaak !

Kom ons ontleed die boonste verse. Nerens se dit dat Jesus die water aangeraak het nie, hulle het dit geskink en dit was wyn! Nerens se dit dat dit tyd geneem het om te gis nie, hulle het dadelik geskink en bedien. Vers 11 verwys na die eerste een van Sy tekens en dit het Sy heerlikheid openbaar en sy dissipels het in Hom geglo.

Toe die disspels die wonderwerk gesien het het hulle geglo.
Hierdie wonderwerk het Sy heerlikheid geopenbaar.
Hierdie wonderwerk het Sy outoriteit oor die natuur bewys.
Hierdie wonderwerk het Sy bo natuurlike krag bewys.

En die belangrikste van alles was dat Jesus sondevry was, en nie teen God se wil gegaan het nie, so as God se ons mag nie drink nie hoekom sou Jesus mense in versoeking gaan lei het deur vir hulle wyn te maak wat hulle dronk sal maak?

Efes 5: 18 Moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid, maar word eder met die Gees vervul.

Amper al die wonderwerke wat Jesus op die aarde gedoen het was bo-natuurlik, die blinde wat kon sien, die verlamde wat kon loop, dowes wat kon hoor, kreupeles wat kon loop, dooies word opgewek, melaatses word gereinig, op water geloop en water in wyn verander. Hierdie wonderwerke was tot verheerliking van God en om God se mag te bewys.

Met die geval van Jesus wat in die salon /kroeg was se dit nerens of Jesus water of druiwesap of wyn gedrink het nie, dit se net dat hy geeet en gedrink het! Sy vyande het ingekom en Hom beskuldig daarvan dat Hy wyn drink! Jesus het nie daarheen gegaan om te drink nie, Hy het daarheen gegaan om die Evangelie te verkondig, en om hulle van sonde te red, insluitende die sonde van drank en dronk word. Onthou Jesus het nie aarde toe gekom vir die gereddes nie, maar vir die sondaars.

Mat 11:19 Die seun van die mens het gekom – Hy eet en drink, en hulle se: Daar is ‘n mens wat ‘n vraat en ‘n wynsuiper is, ‘n vriend van tollenaars en sondaars.

Kol 1 : 15-17 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping (16) want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte – alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape, (17) En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

As ons mooi kyk na die boonste paar verse sien ons dat ALLES aan Jesus onderwerp is, so vir Hom om water in “goeie wyn” te verander was ‘n natuurlike proses. Die wolke bring die water aarde toe wat deur die wingerd opgeneem word en na die vrug opgeneem word om soet vrugte te dra, en dan neem die mens die vrugte en pars dit tot ‘n soet sap. God het nie wyn met alkohol gemaak nie Hy het die vrug gemaak en die mens het dit gebruik en alkohol van dit gemaak.

God se Woord kan nie weerspreek word nie, God kan nie alkohol maak en dan se mense mag dit nie gebruik nie want God se self Hy sal ons nooit in versoeking lei nie, en dan waarsku Hy ons in Sy Woord,

Hab 2:15&16 “Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou, Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer – drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die Here omgaan, en skande tref jou eer

Hoekom sal Jesus dan teen God se Woord gaan en drank bedien by die bruilof, of self drank drink. Sy doel op aarde was om siele te red en om die Evangelie aan mense te verkondig. Kyk wat se die Woord.

1 Kor 6:10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die Koningkryk van God beerwe nie.

Hoe het Jesus dan as Hy wyn met alkohol gedrink het op aarde die Koninkryk van God binne gegaan om vir ons ‘n plek voor te berei?


Ten slotte. Met die laaste Nagmaal, was dit teen die wet dat Jode voor en tydens Paasfees suurdeeg eet en hulle het dit as sonde beskou en as iemand dit sou eet mag hy nie deel gewees het van die Paasfees nie. So geen Jood sou wyn gedrink het tydens die Paasfees nie. Die Bybel verwys ook nie na die drank wat hulle gedrink het as wyn nie, maar net na “die beker”.

Jesus Liefde
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com



Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...