Tuesday 24 September 2013

Dwelmverslawing - Deel 1


In vandag se tyd is dit al amper normaal dat ons van iemand weet wat met dwelms deurmekaar is of was. Dit breek families op, dit breek harte stukkend en dit veroorsaak dat mens ”opgee ”op die persoon. Dit is net een teleurstelling na die volgende, maar moet ons die persoon net los en vergeet van hom of haar en maak asof hulle nie ken nie?

Nee, God verwag van ons om naaste liefde te betoon, om vir mense te bid en hulle te genees. Hy het ons mag gegee om te kan genees, in Jesus Naam, Hy het ons Sy Heilige Gees gegee om ons te help om te verstaan. Hy het ons toegerus met genoeg liefde dat ons moet omgee, Hy is God van Liefde en ons is geskape in Sy Beeld, dus het ons dit binne ons vermoe om so persoon by te kan staan en te kan help.

Kom ons kyk na hoekom ‘n persoon betrokke raak by dwelm misbruik.

Wat veroorsaak dat mense na dwelms en drank gryp?

Die eerste en grootste rede vir dwelm misbruik is verwerping. Mense wat nie goed genoeg voel oor hulself nie, gryp na iets om te help om “aanvaar” te voel en te word.

Verwerping se: Jy is onaanvaarbaar, wil jou nie he nie, jy is van geen waarde nie, jy is ongewens, pas nie in nie, ongeliefd, onwaardig om lief te he!

Verwerping word ervaar deur: - ‘n afkeurige kyk, ongeduldige antwoord, afjak, teregwysings, deur verwaarlosing, vermyding, stilstuipe

Mense wat verwerp is, is baie sensitief en self-gesentreerd hulle soek na die bedoeling agter die woorde, kyk na gesigsuidrukkings, “scamble” woorde en bedoelings, hulle is buierig en ontwykend.

7% is woorde, res is liggaam wat kommunikeer. Stil-stuipe is mees afbrekend en groot vorm van verwerping.

Die effek is vernietigend:
Woorde maak seer (spr 18:8 en Mat 12:36-37)
Sal ander verwerp voor hulle verwerp kan word
Knoop gevegte aan met geliefdes
Herinner jou aan jou sonde tydens jou kinderjare
Laat nie toe dat jy gemaklik raak nie,
Verwerping is nie net ‘n emosie of gevoel nie, maar dit is ‘n gees!

Deur met verwerping saam te stem is om met God te verskil
Ps139 Jy is welkom op die aarde!
  
Mense is geneig om te se hulle “hang met verkeerde vriende uit”, nee hulle pas net by vriende met dieselfde probleme in!!

Alle verslawings is gekoppel aan liefdeloosheid, verslawing is ‘n behoefte aan “goed-voel-hormoon, Serotoniem, asook Dopamine wat jou “plesier-hormoon” is. Maar die basiese behoefde is nogsteeds liefde, en as hierdie behoefte nie bevredig word nie is ons vatbaar vir versoeking, gedryf deur aanvaarding.

Mense wat verslawing probleme het is mense wat nie weet hoe om persoonlike en geestelike konflik te hanteer en op te los nie. Hulle het nog nie geleer om die lewe se probleme te handteer nie, en deur dwelms te gebruik ontsnap hulle realiteit en werklikheid.

Hoekom raak mense by dwelms betrokke?

  • Trauma’s – Huis met baie twis, en/of mishandeling.
  • Gebrek aan liefde – weens ander se gedrag, lewensomstandighede.
  • As die volgende deel is van jou lewe: - bitterheid, beskuldiging, afguns en jaloesie, verwerping (deur geliefde, ouers, aangenome kind, dood van geliefde ens), vrees en deur die okkulte.
  • Gebroke hart
  • Voel onbelangrik / oorbordig
  • Onttrekking (isoleer, alleenheid)
  • Self-bitterheid, self haat, self woede
  • Self skending (sny jouself)
  • Self vernedering
  • Selfmoord-praatjies of neigings of gedagtes
  • Self –verwerping, beskuldiging, veroordeeling, vernedring, bejammering, bewustheid, sabotasie, misleiding.
  • Aandag soek
  • Oormatige gepraat
  • Self vergelyking (onseker)
  • Self twyfeling (ongeloof)
  • Gebrek aan selfvertroue
  • Skaamtes en skandes 
Wat gebeur met die verslaafde se liggaam?

Wanneer dwelms misbruik word gee jou brein dopamine hormoon af wat die plesier hormoon is. In werkliheid raak die persoon verslaaf aan die hormoon en nie so seer aan dit middel wat hulle gebruik nie.  Die middel wat hulle gebruik gee opdrag aan die brein om meer van die dopamine vry te stel, en hoe meer dwelms gebruik word hoe groter is die sensasie van die “plesier” hormoon.

Is dit maklik om van die verslawing ontslae te raak ?

Nee dit is ‘n lewenspad wat die persoon moet loop, maar dit is nie onmoontlik om die verslawing te breek nie. Sodra die persoon emosioneel sterk en volwasse genoeg is sal hulself besef dat dit ‘n dom ding was wat hulle gedoen het.


Bid gereeld vir die persoon en vertrou op die Here om die persoon sterk te hou. As die persoon jou sal toelaat bid saam met hom of haar. Onthou ons is tot alles instaat deur Jesus, ons Verlosser wat ons krag gee.

Deel 2 vervolg - Hoe help jy so persoon?

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...