Tuesday 24 September 2013

Dwelms-Wees op die uitkyk vir “re-laps” Deel 3

Onthou verslawing is ‘n kroniese siekte, en die sukses van Re-hab sentrums is slegs 40-60%. DIt beteken nie dat die sentrums nie effektief is nie, maar dat die persoon uit re-hab hulle lewens moet verander om te verseker dat die probleem nie terug kom nie, vir baie mense is dit ‘n gevoel van hartseer of verlies, veral as hulle van ou vriende afstand moet doen.

Hierdie gedagtes maal en maal deur hulle en word sterker en sterker totdat hulle terugval. Om die gedagtes vas te vang en te sien waar dit vandaan kom is wat voorkom dat hulle terugval.

Wanneer hierdie gevoelens of gedagtes by persoon opkom moet hulle terug gaan na ‘n terapeut, of vir vriend gaan kuier wat hulle sal ondersteun of terug gaan na die re-hab sentrum net om weer alle gevoelens en verlange onder beheer te kry.

Wat hy/sy van u verwag is, vertroue en geloof in hom en sy herstel, u liefde en u ondersteuning vir die nuwe pad wat hy/sy probeer inslaan.



    























Jesus Liefde
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...