Saturday 4 November 2017

Hoe kan ek geestelik groei?

Image result for ps 23

In vandag se tyd is ons so besig om te bestaan dat ons vergeet om te lewe!

Dit is ‘n gejaag na geld, om by die werk uit te kom, om inkopies te gaan doen, kinders te help met huiswerk, en watter ander dinge daar ookal in een dag moet gebeur, hoe moet mens tussen al die gejaag nog by stilte tyd en gebed uitkom as jy moeg op jou bed neerval in die aand en dadelik aan die slaap raak net om die volgende dag weer die vorige dag te herhaal?

Paulus beskryf die bogenoemde probleem so mooi!

ROMEINE 7:15  Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.

Die bogenoemde probeem veroorsaak ook vrees in ons lewens, want ons het vrae soos, waar kom die geld vandaan? Hoe moet ek by als uitkom? Wanneer gaan ek rus kry? En met die huidige situasie in ons land is alles nog meer gespanne en sit baie mense met die vrees dat hulle hul werk kan verloor of dat mens nêrens meer veilig is nie.

As jy mooi gaan kyk na alles en net vir ‘n paar minute oor jou lewe gaan sit en dink dan besef jy dat satan jou tyd, jou energie, jou kalmte en vreugde van jou steel en jy is besig om hom toe te laat. Hy weet hoe om ons so besig te hou dat ons nie meer tyd het vir ons huwelike of kinders nie, wat nog van om tyd met God te spandeer? In die gejaag na wind, kry hy al hoe meer hou vas plek op jou want deur jou moegheid raak mens geireteerd, kort van draad en verloor gou jou humeur, en kort voor lank val alles uitmekaar, onmin by die werk, huwelike wat afgeskeep word en kinders wat nie meer Godsvresend groot gemaak word nie, en besig is met dinge van die duiwel op hulle fone.

JOHANNES 10:10  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Noudat ons die vyand se planne vir ons lewens erken, kan ons kyk na die oplossing, en die oplossing is in God se Woord. Maar kom ons kyk eers na die waarskuwing van wanneer ons is vlees lewe, wat sê Paulus vir ons oor ons gejaagde lewens? Dat ons in vlees leef en nie in gees nie, dat ons God nie kan behaag wanneer ons in vlees lewe nie, dat ons nie in God is wanneer ons in vlees lewe nie! Dit is ernstige woorde, nie iets wat enige Christen moet ligterlik opneem nie, maar nogsteeds het ons nie ‘n oplossing nie!

ROMEINE 8:2  Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
ROMEINE 8:5  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
ROMEINE 8:6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
ROMEINE 8:7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
ROMEINE 8:8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
ROMEINE 8:9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.

Die oplossing is seker een van die bekendste gedeeltes in die Woord, Ps 23! Lees dit weer en verstaan wat dit vir jou sê!

PSALMS 23:1  'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.
PSALMS 23:2  Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
PSALMS 23:3  Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
PSALMS 23:4  Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
PSALMS 23:5  U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.
PSALMS 23:6  Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

Hierdie is so bekende Psalm en tog kan ons almal dit opsê, maar nie ons eie maak nie, kan ons nie in geloof staan dat dit ‘n belofte van God is wat Hy aan ons maak nie, en as jy dit mooi lees sal jy sien dat dit al die probleme van ons daaglikse lewe vir ons oplos! Al wat God vra is dat ons ‘n vehouding met Hom moet hê en weg moet draai van sonde en Hom eerste stel, die res sal wel vir ons bygevoeg word uit Sy Hand!

JAKOBUS 4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
JAKOBUS 4:8  Nader tot God, en Hy sal tot julle nader.

Kom ons begin bietjie tyd maak vir God, kom ons nader tot Hom, sodat Hy tot ons kan nader, dat Hy ons lei na waters waar rus is, dat Hy ons siele vir ons kom verkwik, ons beskerm, vir ons voorsien sodat niks sal ontbreek nie, dat ons by Hom goedheid en guns kan ontvang, dat ons hoofde vet gesmeer sal wees met olie, en dat ons bekers sal oorloop!

Dawid sê dat hy 'n intieme verhouding met die Here het, dan sê hy, wanneer ek in 'n intieme verhouding met die Here staan, sal niks in my lewe ontbreek nie, die Here lei my na voorspoed en oorwinning, die Here vul my met Sy heerlikheid en ek sal die oorwinning deur Hom behaal! Hoe kragtig is dit nie?

Wees geseend in Jesus Naam

Belinda

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...