Tuesday 13 September 2016

Kan satan my laat sondig?

Image result for satan the liar

Net as jy hom toegang gee en jou ore uitleen aan hom!
 God het ons vryewil gegee om hom te kan weerstaan! Paulus sê “ Weerstaan die duiwel en hy sal van jou wegvlug”

So baie kinders van die Here is vasgevang in die leuens van satan.  Al wat satan nodig het is om ‘n persoon op jou pad te stuur om vir jou iets te sê soos” jy is nie goed genoeg nie”, en  satan het ‘n plek gekry om jou  verder seer te maak as jy daai gedagte gaan koester . Instede van om satan net daar en dan te vertel dat jy waardig is voor God, laat ons toe dat hierdie woorde plek vat en gee ons demoniese magte plek om ons gevoelens so te beinvloed dat ons dit later self glo.

EFESIËRS 4:27  en gee aan die duiwel geen plek nie.

JAKOBUS 4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Mense wat nie verhouding met die Here het nie, is baie meer vatbaar vir die leuens van satan en hulle lewens word verwoes omdat hulle eder glo wat satan sê as wat God sê, omdat hulle nie weet hoe God jou sien nie, sondaar of nie.
God se liefde is baie grooter as wat gelowiges en ongelowiges glo. God het die sondaar ook lief, nie net die geredde nie, en al is jy ‘n geredde is jy nogsteeds nie sondevry nie, want die Woord leer ons ook dat hy wat sê hy is sondevry bedrieg homself.  

PSALMS 25:8  Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.

Beteken dit dat ons maar sondaars kan bly? Beslis nie, ons moet wegdraai van ons sondige natuur en Jesus aanneem en tot redding kom, (Wedergebore word), werklike inkeer en streef na heiligmaking. My punt is dat God jou liefhet of jy al gered is of nog nie.

Hoe weerstaan ons satan? Deur nie na hom te luister nie en deur kennis te hê van God se  Woord sodat ons kan sien hoe God ons sien en van ons verwag.
Satan sal jou wysmaak dat God daai sonde wat jy gepleeg het teen jou hou, dat jou verhouding met God skade gelei het omdat jy gedoen het wat jy gedoen het, maar dit is ‘n leuen van die vader  van leuens!

Die Skrif se:

1 JOH 2:1  My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.
1 JOH 2:2  En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

JES 30:18  En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!

Hier sien ons dat God Sy Seun Jesus vir ons gestuur het om as Regter vir ons Voorspraak te maak by God, dat Jesus ons Advokaat is, dat Hy ons wil terugbring in geregtigheid met God, ons wil versoen met God, en nie net vir die geredde nie, maar ook vir die een wat nog in die wêreld is….die sondaar, verder sien ons dat God ongeduldig vir ons wag sodat Hy Sy genade oor ons kan uitstort om ons te kan red, dat Hy Hom ontferm oor ons…dit sê dus vir jou God smag daarna om ‘n verhouding met jou te hê!

As ons satan se leuens gaan glo, staan ons teen die Woord want God het ons aangestel net onder die hemelewesens (engele) God het ons mag gegee om te heers oor Sy hele  Skepping insluitende satan! Jesus het ons opdrag gegee om duiwels uit te dryf, nie net uit ander mense nie, maar ook uit jou lewe en uit jou huis, jy kan dus vir satan sê In Jesus Naam los my uit! En hy moet gaan! Hoekom? Want daar is krag in die Naam van Jesus!

HANDELINGE 16:18  En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.

HANDELINGE 4:12  En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Self kinders van die Here glo die leuens wat satan hulle vertel, mense sit vasgevang in minderwaardigheid, selfbejammering, verwarring, skuldgevoelens, depressie….die lys hou aan vir ewig! Hoekom? Omdat ons nie besef dat satan die een is wat ons gevange hou in hierdie dinge nie, gaan na God en gaan maak reg waar jy verkeerd gemaak en en kom terug in versoening met God, as jy jou sonde belei het God is regverdig en sal jou vergewe en daai sonde sal weg wees asof dit nog nooit gebeur het nie, as jy langer vasgevang sit in dit is dit omdat jy nie glo dat God jou waarlik vergewe het nie.

JES 1:18  Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.

Hier sê die HERE, dit is ‘n uitgemaakte saak! Jou sonde sal vergewe word, al wat jy moet doen is om dit te gaan belei en te glo dat God jou skoon gewas het van hierdie sonde. Natuurlik praat ek van wedergebore kinders, as jy nog nie wedergebore is nie, maar dit ‘n saak van dringendheid om tot bekering te kom en gedoop te word, want niemand sal die koningkryk beërwe tensy hy dit nie gedoen het nie.

Ten slotte, moenie satan mag gee oor jou lewe nie, maar seker jou lewe is reg met God, en weerstaan hom sodat jou siel kan genees en jy ‘n lewe in oorvloed kan hê

ROMEINE 8:37  Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
ROMEINE 8:38  Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge
ROMEINE 8:39  of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.


Indien enige iemand gebed of geestelike raad benodig, kontak my belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...