Tuesday 18 July 2017

Hoop is 'n belofte!

Image result for hope


“Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? Rom 8:24.

Geloof is ‘n krag en Hoop is ‘n belofte. Waarom? Omdat Hoop altyd gaan oor dit wat nog moet kom; nooit oor dit wat ons reeds ontvang het en besit nie.

Dit is waar dat Geloof in die toekoms inreik en bied geleende krag wat ons in staat stel om vandag te lewe in die krag van more; om hierdie aarde in besit te neem met die hemel in gedagte; om in die teenswoordige te lewe van “nog nie.”

Hier verskil Hoop egter. Dit weet wat belowe is alhoewel dit nog nie gesien word nie en sal dit nooit toe eien totdat dit kom nie. Hoop staan vas sonder om te wankel. Geloof is vir hierdie wêreld en Hoop vir die toekomende.


Daar is geen doel vir Geloof wanneer ons in die hemel is nie, so ons moet dit hier uitleef. “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” Heb 11:1.

Hoop is ‘n belofte wat ons oprig vir beter dae, wat ons bo die huidige vlak van duisternis en moeilike tye uitlig en drywend hou midde in storms en moeilikheid. Ons hoop hou ‘n groot beloning in wanneer ons, op daardie dag, oor die lyn van tyd stap, die ewigheid in, en dit sien waarvan ons net gedroom het.

Maar soms vervaag hoop as gevolg van herhaaldelike uitstel. Vervaagde hoop maak jou hart siek en jou gees kan daaronder ly. Ons kan ons greep op ons beloftes verloor; ons hoop kan vervaag asook die passie waarmee ons die beloftes najaag.

Dit is wanneer Liefde ingryp en Hoop weer op sy voete lig want LIEFDE vervaag nooit.

Liefde is ‘n Persoon en ons gesels volgende week oor die Persoon.

“En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.” 1 Kor 13:13

“ Abba Vader, dankie vir hoop. Dankie dat ons weet dat U gedagtes oor ons gedagtes van vrede en nie van onheil is nie en dat U aan ons ‘n hoopvolle toekoms gee. Help my asseblief dat my hoop nooit sal vervaag nie. Dit vra ek in die Naam van Jesus Christus. Amen.”

(cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...