Friday 14 October 2016

Bybelse bewyse waar en hoe die gee van tiendes ontstaan het.


Image result for betaal jou tiende


Tiendes betaal is nie deel van die wet nie en het alreeds voor die wet onstaan toe Abraham aan Melgesedek 10 des betaal het, om hom te sëen, nadat Malgisedek aan hom brood en wyn gebring het. Gen 14:18


Heb 7:1 Wie Megisedek was:
Malgisedek was ‘n gesalfde hoëpreister van God, sonder ‘n geslagsregister, en Koning van Salem wat beteken “vrede” Hy was ook koning van geregtigheid, hy was die ewebeeld van Jesus.


– Soos Abraham aan hom die 10de betaal het so betaal ons ook aan die HoëPriester Jesus nou ons 10de. Jesus het onder die orde van Melgisedek gekom.

Mal 10:8-11 Ons beroof God in ons tiendes, God sê toets My hierin en sien of Ek die hemelvensters vir jou sal oop maak en jou oes sal beskerm teen die sprinkane.

Omrede God ons nooi om Hom te toets bewys dat dit vir Hom belangrik is dat ons ons 10de aan Hom moet teruggee.

As ons nie 10de betaal nie (God beroof) is ons vervloek met armoede, nie deur God nie maar deur satan omdat ons ‘n deur vir hom oopmaak deur te steel.

10de moet ‘n leefwyse wees net soos wat geloof ‘n leefwyse is, ons moet ‘n verhouding met God bou deur 10des te betaal, deur God te vertrou om vir ons te voorsien. Jou oes kan nie groei as jy nie saai nie, God is ‘n God van vermeerdering, soos met die 5 brode en 2 vissies gesien kan word. 10des is nie ‘n wet nie maar ‘n hartsaak, dit moet ‘n voorreg wees om aan God lofoffers te bring, en nie iets wat jy betaal omdat jy iets terug wil ontvang nie, jou gesindheid moet reg wees, want God kyk na jou hart nie na jou geld nie.

Om nie jou 10de te betaal nie, beroof jy jouself van jou eie sëeninge deur suinigheid.

Wanneer jy 10de betaal bid oor dit en sëen dit, dit is ‘n offer wat jy aan die Here bring.

Saai in vrugbare grond. Maak God eerste in jou lewe, en God sal vir jou voorsien (Matt 6:25-34)

Rom 10:13 As jy in finansiele probleme sit bely dit as sonde en begin om jou 10de te betaal san sal God vir jou voorsien en jou uit jou probleme help

Aan eie moet ek my10de betaal as jy nie aan 'n kerk behoort nie maar tussen kerke is? Daar waar jy geestelik gevoed word! Hiermee sê ek nie dat jy nie 'n vaste kerk moet hê nie, want ons moet deel wees van 'n kerk, maar soms word ons geestelik gevoed deur 'n Evangelisasie organisasie, en mag ons, ons 10des aan hulle betaal om hulle te help om God se Woord en die Evangelie verder te verkondig, soos ek gesê het saai op vrugbare grond!


6 Areas van gee:

1. Betaal 10des
2. Offergawes is vir armsorg, weduwees, liefdadigheid
3. Predikers
4. Evangelisasie
5. Offergawes (kerk se onthoudskoste)
6. Ander offers wat nie geld behels nie – tyd, werk vir God ens maar jou tyd vervang nie die geld wat jy moet betaal nie, dit is net 'n offer wat jy maak vir God.

Indien iemand gebed of geestelike raad benodig, kontak my belindapaar@gmail.com


No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...