Wednesday 7 December 2016

In Sy beeld en gelykenis


Image result for someone looking in a mirror


Wanneer laas het jy regtig baie mooi na jouself in die spieël gekyk en die ware JY raakgesien? En nou praat ek nie van daardie persoon met die masker aan wat so mooi op-“gedress” is vir die wêreld daar buite nie! Ek praat van die persoon agter die masker…die één wie jy is as jy vanaand by die huis kom en agter geslote deure is – die één wie jou familie sien, die één wie Jesus sien as Hy na jou hart kyk!?

As die Woord van God dan sê dat ek en jy na Sy beeld geskape is, is dít wat ek en jy dan sien as ons na onsself kyk? En meer nog, is dit wat ander mense sien wie na my en jou kyk?

 Gen 1:26  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Die King James-weergawe van die Bybel, stel dit so mooi: “in Our image and  after Our likeness”, so as ons dan in God se “image” gemaak is, wat is die “image” wat ek en jy uitdra? Jy sien my vriend en vriendin, ek en jy kan onsself op-“dress” en kammofleer vir die wêreld daar buite, maar nie vir God nie! Hy weet presies hoe Hy ons gemaak het en wat ons veronderstel is om te wees en al daai “make- up” beïndruk God glad nie!

Ps 7:9 Laat tog die boosheid van die goddelose mense ‘n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!

Jer 17:10  Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.

So vier weke gelede het die Here baie ernstig met my gepraat oor die wyse waarop ons as kinders van die Here na onsself kyk. Baie van ons besef nie altyd wat Jesus werklik aan die kruis vir ons kom doen het nie en ook nie wat die krag in die bloed van Jesus is nie. Die feit dat Hy die prys vir ons sondes betaal het en ons deur Sy bloed losgekoop het, beteken dat as Abba Vader na ons kyk, dan sien Hy die bloed van Jesus en nie die gebroke beeld wat ek en jy soms oor onsself het nie. Ons probeer soveel keer om Vader te beïndruk deur ons heiligheid of goeie dade, terwyl die offer van Jesus al klaar perfek en volmaak is. Ja, God haat steeds sonde en wil hê dat ons moet ent kry daarmee en wegdraai daarvan af, maar al ons pogings sal ons nooit in 'n beter stand by Vader bring as wat die bloed van Jesus reeds vir ons behaal het nie.

Só baie van ons het 'n swak beeld van onsself en dink dat ons nooit goed genoeg of waardig as bruid sal wees nie, omdat ons nog stoei met een of ander “issue” of eina in ons lewe. Sodoende verwerp ons in werklikheid wat Jesus aan die kruis vir ons kom doen het en dit maak Vader baie hartseer. Hy het juis geweet dat ek en jy uit onsself nooit die paal sou haal nie en daarom het Hy Sy eie seun gestuur om in ons plek te kom staan. Nou is Jesus ons hemelse Advokaat wie by Vader vir ons intree oor ons swakhede en het ek en jy die vrymoedigheid om met “boldness” tot God se troon te kan nader en die bloed van Jesus te pleit, wat ons juis geregverdig voor God se troon stel!

Dit is tyd dat ek en jy ons kop optel en besef wie ons werklik in Christus Jesus is en wat Sy bloed vir ons aan die kruis gedoen het! Kyk gerus na die lys hieronder wat Jesus my gegee het oor wie Hy is.

Vrede en seën vir elkeen in hierdie week.

 (ernest phillipson - ecp@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...