Monday 22 August 2016

God se beskerming en voorsiening



Image result for twee vissies en sewe brode
Ons lees in Genesis 8:1 die volgende: “En God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was;..”

Hierdie is woorde wat ons kan bedink, want dit gee aan ons die versekering dat God nie alleen versorging en beskerming bied aan diere, voëls en elke lewende wese, soos ons ook lees in Deuteronómium 25:4; Psalm 104:11-22; Jona 4:11; Matthéüs6:26, nie maar dat Hy baie meer aan en van ons dink en ons, Sy kinders, versorg!

Ons kan, soos Noag en sy kinders, afgesny wees van enige menslike hulp. Dit mag ook vir jou, soos vir Noag, onmoontlik wees om iets aan die omstandighede te verander of jouself daaruit te kry. Jy mag ook die verantwoordelikheid hê om te voorsien in die behoeftes van díe om jou. Jy kan sien hoe jou eie bronne wegkwyn en opdroog MAAR God sien jou in die watervloed wat jou omring, onder die onheilspellende donker wolke. Soos ‘n moeder nie haar kind kan vergeet nie, so sál God jou nie vergeet nie. HY sê in Jesaja 49:15 & 16 “Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie! Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer;”

Die ark het op die berg Ararat op die sewentiende dag van die sewende maand gestrand (Genesis 8:4), en die waters het sô vinnig gesak, dat, soos Noag ‘n oes kon afhaal voor die vloed, hy weer betyds saad kon saai om die volgende seisoen se oes te kon afhaal.

Ek pleit by jou om die seisoene en tye in jou lewe aan ons hemelse Vader toe te vertrou. Hy wag dat ons Hom vertrou in alle omstandighede en ook ten spyte van omstandighede. Dan kan ons lewens ingeweef word in ‘n pragtige mosaïk van Sy liefdevolle beskerming en voorsiening.

Bewaak jou gedagtes. Satan manipuleer ons met verkeerde gedagtes en daarom sê God in 2 Korinthiërs 10:5 “.. en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,”. Kolosense 3:2 sê:  “Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.” Verder sê Vader ook wát ons moet bedink in Filipense 4:8  “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”

Dit bly egter my keuse!! Mag die Heilige Gees jou lei om die regte keuse te maak en mag Hy jou bekragtig om volgens daardie keuse te leef.

“Vader, ek kom na U in die naam van Jesus Christus. Versterk my asseblief dat ek nie na die donker wolk sal kyk nie maar na U reenboog, nie na wat gesteel of verloor is nie maar maar na wat nog daar is, nie na die stormwaters wat my omring nie maar na die gesig van Jesus wat op die waters loop. Dit vra ek in die naam van U seun, Jesus Christus. Amen”

Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys
 (cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)

As iemand gebed of geestelike raad benodig kontak my belindapaar@gmail.om

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...