Wednesday 24 May 2017

Voel jy onwaardig, ‘n mislukking?


Image result for someone crying 
As jy jouself as ‘n mislukking sien en dink dat jy nie waardig is om aanvaar te word of gerespekteer te word nie, dan luister jy na satan wat die vader van leuens is en ‘n mense moordenaar! 

Hierdie is groot woorde, maar as jy dit van jouself glo , maak jy Jesus tot ‘n leuenaar! Nie lekker om so daaraan te dink nie, maar tog loop mense met hierdie gevoelens binne hulself rond en hulle lewens is verwoes deur ‘n leuen uit satan se mond!

JOHANNES 8:44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom GEEN waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.

Jesus  sê vir ons in Sy Woord die waarheid sal jou vrymaak, die doel waarom ek oor hierdie onderwerp vandag wil skryf is omdat soveel mense dink dat hulle nie goed genoeg is vir die samelewing nie, as jy ‘n kind van die Here is, as jy Jesus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker kan jy nie langer vasgevang sit in die leuens van die vyand nie, dit maak nie saak wat satan vir jou sê, of wat ander mense van jou sê en dink nie, wat saak maak is wat die Here van jou dink en Hy dink jy is waardig as Kind van God.

JOHANNES 8:32  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Die waarheid is dat  jy duur gekoop is deur die Bloed van Jesus! Jesus Christus se bloed het jou waardig gemaak! As jy dit nie kan verstaan of glo nie dan ontken jy, verloën jy, weier, onsê jy die kruising van Jesus vir jouself! Nogal ‘n skrikwekkende gedagte nè?

Wat is die waarheid wat satan nie wil hê jy moet weet omtrend jouself nie? Kom ons kyk wat sê die Woord!  Hierdie is Jesus se gebed na God die Vader, en kyk wat sê Hy van ons en die waarheid!

JOHANNES 17:17  Heilig hulle in U waarheid; U woord is die waarheid.

JOHANNES 17:23  Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

God het jou lief net soos Hy Jesus liefhet, en dit is uit die mond van Jesus self!

JOHANNES 17:26  En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.

JOHANNES 15:9  Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.

 Dan wil ek graag afsluit met die volgende vers:

JOHANNES 15:16  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

Ek wil graag verduidelik wat hierdie vers beteken, want so baie mense sê en dink hulle is nie gekies nie, net pastore, dominees, beraders ens is gekies…..nee!
As jy gebore is, is jy gekies vir die aarde! Dan is jy welkom op die aarde en het jy ‘n doel vir God wat jy hier op die aarde moet doen, en het God jou waardig geag om dit vir Hom te kan doen.

Mag jy die waarheid nou glo en weet dat jy waardig is in God se oë.
Geseënd is jy!



No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...