Friday 14 October 2016

Wat is die Bybelse Beginsel oor finansies?


Image result for betaal jou tiende


Bybelse Beginsel – Alles behoort aan die Here, jy bestuur dit net. Jy bestuur God se geld!


1Kor 4:7 Wat behoort aan jou wat jy nie ontvang het nie, God het dit vir jou gegee deur genade. God gee ook jou werk vir jou, en teken jou salaris tjek. God gee oor aan jou jou gesondheid en energie om te kan werk. Alles genade van die Here.

God gee 9/10des van Sy geld aan jou, sodat jy ook ander kan sëen.

Ons is aangestel as rentmeesters oor ons finansies en moet nie bo ons inkomste leef nie. Skuld verwoes lewens, daarom moet ons ons finansies reg handteer en eerste ons 10de vir God terug gee sodat God vir ons kan vermeerder/ons verder sëen.

Joh 10:10 Dief het gekom om te steel, roof en slag, Jesus het gekom sodat ons oorvloedig kan lewe. Satan lieg vir jou om jou sëening te steel.

Mense is onkundig omtrend God se Woord oor die geestelike wet van saai en maak en daarom kry satan ‘n wettige houvas op jou finansies. Wat jy saai sal jy maai is van toepassing in alles in ons lewens, as jy onmin saai, gaan jy onmin maai, as jy finasiëel saai gaan jy finasiëel maai!

Materiele dinge is nie iets wat ons kan saam neem hemel toe nie, so dit moet nie vir ons ‘n afgod wees nie. God weet wat ons nodig het en sal vir ons voorsien as ons by God se riglyne hou.

Om ander te sëen finansiëel sal God jou ook finansiëel sëen. Dit is belangrik om te kyk waarop ons ons finansies spandeer. Mense sukkel finansiëel omdat hulle verslaaf raak aan goed soos drank, kooplus, materiele dinge, om ander mense te wys wat hul adres is en watter model voertuig hulle ry….alles aardse dinge, wêreld goed!

God sê maak eder skatte in die hemel bymekaar waar geen dief dit kan steel en dit nie opgevreet kan word nie…dit is die eerste beginsel wat ons in ons lewens moet toepas.

Om ons 10de vir die werk van God terug te gee is ‘n Bybelse beginsel wat God ingestel het. Ons betaal nie 10des omdat ons terug wil ontvang nie, maar omdat ons God se natuur in ons het!

God sëen ons, ons moet ook Sy Huis sëen, God voorsien aan ons met liefde, ons moet ook aan Hom (kerk) voorsien met liefde, ons gesindheid moet reg wees.

Ek kry baie keer die geval waar mense se “ja maar die pastoor spandeer die geld op dit of dat” My mening hieroor is, wat die pastoor met die geld maak het niks met jou te doen nie, jy betaal jou 10de want dit is ‘n saak tussen jou en God, wat die pastoor met die 10de maak, is ‘n saak tussen hom en God. Elkeen is verantwoordelik vir sy eie doen en late en saligheid.

Ons moet ‘n oophand hë vir God se werk, sodat God ons ook weer kan sëen, maar ons moenie saai met die verwagting om te maai nie, ons moet saai omdat ons God se geaardheid het, God het ‘n vrygewige gewer lief.

Hoekom is dit belangrik om dit vir ander te leer?

Omdat dit ‘n Bybelse beginsel is, omdat God ons wil leer hoe om ‘n sëening vir ander te wees en hoe om God se sëen te ontvang. Dit is ook belangrik dat mense die regte konsep kry van waaroor 10des gaan en hoe dit werk sodat hulle met liefde kan saai in die Koningkryk van God, en sodoende uit hulle finansiële probleme kan kom.

2 Ko5:7 God het 'n vrygewige gewer lief!

Indien iemand gebed of geestelike raak benodig, kontak my belindapaar@gmail.com


No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...