Thursday 10 November 2016

Wandel deur die Gees


Image result for Galasiers 5:16



Gal 5:16 “Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;”

Wanneer ons deur die Gees wandel word ons deur die Gees gelei. In die vroeë stadiums van ons lewe is ons geneig om eiewys en hardkoppig te wees, soos Moses toe hy die Egiptenaar doodgeslaan het. Maar soos ons groei in ‘n Christelike lewenswyse, wag ons vir die leiding van die Heilige Gees, wat ons deur Sy voorstelle beheer, Sy wil op ons afdruk, in ons werk waar ons agterna uitvoering gee in karakter en daad. Ons gaan nie vooruit nie maar volg. Ons word gelei deur die Gees.

Die man of vrou wat deur die Gees wandel het geen begeerte om die versoeking van die vlees te bevredig nie. Die behoefte tot vlees bevrediging mag nog in die siel wees en deur die gedagtes flits maar hy of sy vervul dit nie. Die vlees begeerte kan nie verhoed word nie maar die reaksie daarop kan wel.

Wanneer ons deur die Gees wandel produseer Hy die vrug van ‘n heilige karakter. Die kontras tussen die werke van die vlees – die selfsugtige lewe – en die vrug van die Gees, wat die natuurlike produk van Sy invloed is, word baie duidelik. In werke is daar inspanning, pogings, die geraas van masjienerie, die oorverdowende geraas in fabrieke. Maar vrug word gevorm in die kalm, stil natuurlike proses van die natuur wat aanmekaar die vrug van die aarde produseer. Hoe stil is die proses nie? Daar is geen stemme of tale nie. Dit is byna onmoontlik om te besef wat die impak van ‘n lang somersdag se sonskyn is. Die herfs nader met geluidlose voetstappe. So is dit met die person wat daagliks deur die Gees wandel. Daar is moontlik geen asemrowende ondervindings en omskakelings nie, niks spesiaals om in die dagboek te skryf nie, maar soos die tyd aangaan sien die mense rondom die person die veranderinge raak. Die oes wat ryp word. ‘n Oes van liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Gal 5:22.

GEBED

“Genadige Vader, mag U Heilige Gees my lei op U weë. Mag Hy my hart vervul met die wete van U nabyheid en liefdevolle kameraadskap. Rig my tree op U weg en stap saam met my dat ek sal doen wat U behaag. AMEN.”

(cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)

Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys


No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...