Wednesday 3 May 2017

Trane....


Image result for someone crying

Trane... trane is altyd ‘n Goddelike Heilige Gees deurbraak.


Hoekom is daar trane? Wat beweeg mens tot trane?
Jy word diep ontroer, soms stort mens bitter trane
jy huil weens swaarkry,  weens smart en berou, weens teleurstelling;

Daar is ook droë trane  soos knaende berou hê, wanneer mens knaend treur;

Droog tog my trane, iemand troos my; Soms huil mens lang trane,
Wanneer jy baie spyt het oor wat hy gedoen het;
Soms swem mens in trane, wanneer jy baie, baie huil;
Soms gaan dit op die ou traan, dit gaan nog op die ou manier, soos altyd,
en jy kom nie in die volheid van geestelike oorwinning nie;
Soms bly mens vol weemoed,

In ‘n treurige gemoedstemming, melancholie en smart,en mistroostig;
Ook weemoed bring trane; Selfs heimwee bring trane...Trane is wanneer die siel huil,
wanneer die siel ween;

God se goedertierenheid  bring ook trane, trane van blydskap en vreugde, trane van oorwinning!

Halleluja!

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...