Wednesday 3 May 2017

Een stappie nader aan "Ja"


Image result for beautiful trees with flowers



“‘n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ‘n wens wat uitkom, is ‘n lewensboom.” Spr 13:12

Uit my vorige bemarkings ondervindinge het ek die volgende geleer: “Elke keer wat iemand “NEE” sê het ek bly geword, want dit is ‘n stap nader aan die person wat gaan JA sê.”

Sommige mense kan die nie verwerk om NEE voor ges̻ te word nie Рnie eers een keer nie, wat nog van herhaaldelik! Ander hou op net voor die JA. Hulle moes nog net een keer vra maar hulle het nie. Teleurstelling kan dit aan jou doen. Vernaam as dit onophoudelik gebeur, die een hou na die ander.


Ek het die volgende gedig ontdek wat my geanker het gedurende die tye waar dit voel dat alles skeefloop. Tye waar hoop verydel, drome vervaag, diep begeertes vertrap word, waar so baie verwagtings verander in teleurstellings. Mag die gedig jou ook help.

“Disappointment. HIS appointment.
Change one letter, then I see the thwarting of my purpose is God’s better choice for me!”


Dit is waar wat Spreuke sê “‘n Uitgestelde hoop maak die hart siek” maar die res van die spreuk is ook waar “‘n wens wat uitkom, is ‘n lewensboom.” Die twee loop hand aan hand, die een saam met die ander.

Neem ‘n diep asemteug, my mede reiseger, alhoewel jy lanks die pad vertoef het het jy nie gestop nie. Die reis is nog nie voltooi nie. Daar is ‘n draai in die pad en die draai is nie die einde van die pad nie, tensy jy faal om te draai.

Staan op uit die teleurstellings en gaan aan op jou lewenspad; want God het iets beter vir jou in gedagte. Al het jy NEE moontlik al ‘n duisend keer gehoor is jy een stap nader aan die JA!

Daardie enkele JA kan jou lewe omdraai.

“Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.” 2 Kor 1:20

‘Here Jesus, help en bekragtig my asseblief om bo teleurstellings uit te styg en om gefokus te bly op U, my Verlosser. Amen”

(cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...