Sunday 28 May 2017

Sukkel jy met selfvergifnis en skuldgevoelens?


Image result for self hate


Baie mense sit vasgevang in selfvergifnis en bid herhalend vir vergifnis oor iets wat hulle gedoen het. Dit vreet aan jou soos n kanker en jy kan net nie daaroor kom nie. As jy jou lewe vir Jesus gegee het en vergifnis gevra het vir die sonde, is jy al lankal vergewe, as jy nog daarmee sit is dit of satan wat jou kastaiing of jyself wat jouself nie vergewe nie.

Die Woord sê,  jy is vergewe en God dink nie meer daaraan nie, en dit is nie meer deel van jou lewe nie.

HEBREËRS 10:17  en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.

In Jesus is ons geregtig om n skoon gewete te hê, as jy jou saak met God reggemaak het oor iets wat jy verkeerd gedoen het, het Jesus jou vrygemaak van daai sonde en moet jy staan op die Woord dat die sonde nie meer deel is van jou nie, vergewe jouself anders glo jy nie aan die vergifnis van Jesus nie, en luister jy vir satan wat wil hê jy moet met ‘n vuil gewete rondloop, juis sodat jy nie regverdig voor God moet staan nie, sodat jy skaam moet wees om te bid want jy dink God het jou ook nie vergewe nie.

Die Woord leer ons ook dat satan die een is wat jou aankla, en ons verkies nogsteeds om na mense en satan te luister terwyl Jesus die Sowereine prys betaal het sodat ons vry kan wees in ons gewete.

OPENB 12:9  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. 
OPENB 12:10  Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.

As jy nogsteeds met die probleem sit, gaan vra weer vergifnis vir hierdie sonde,  bely dit met berou, en nadat jy gebid het glo dat jy vergewe is en moenie langer  vasgevang sit in die kloue van satan se leuens nie.

HEBREËRS 9:14  hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.

1 PETRUS 1:13  Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.

Wanneer  satan ons aankla voel jy skuldig en kan jy jouself nie vergewe nie, wanneer die Heilige Gees jou herinner dat jy onbelyde sonde het, sal Hy jou net herinner, nie skuldig laat voel nie. Die Heilige Gees praat sag en met liefde, Hy sal jou oortuig van sonde en maak dat jy wil verander, die Heilige Gees kla ons NOOIT aan nie, baie mense gebruik die terme “Die Heilige Gees kla my aan”. Dit is onwaar, die Heilige Gees, herinner jou, Hy klop saggies, sal jou nie met vrees en knaende gedagtes laat sit oor iets wat onbelyd is nie. Die Heilige Gees opereer met liefde want Hy is ook God.

Satan kan en sal ook deur ander mense werk om ons skuldig te laat voel, om verhoudings te verbreek, om ‘n wig tussen familie en vriende te bring, hy veroorsaak dat ander jou oordeel, beskuldig, valslik teen jou getuig en jou beswadder, hy laat ander boekhou van die kwaad teen jou, hy laat mense toe om na skinderstories , leuens, half-waarhede rakende jou te luister en te glo..

2 THIM 3:1  Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. 
2 THIM 3:2  Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, 
2 THIM 3:3  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, 
2 THIM 3:4  verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; 
2 THIM 3:5  mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

Laat die waarheid jou vrymaak! God vergewe jou nie net, nie Hy maak jou gewete skoon deur die Bloed van Jesus en dink nooit meer aan jou sonde, asof dit nooit gebeur het nie!

MATTHEUS 26:28  Want dit is My bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.

JOHANNES 1:29  Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

Ons is geregverdig en onskuldig verklaar voor God deur Jesus se bloed, glo die Waarheid en die Weg, Jesus Christus en vergewe jouself nou.

Wees geseend in Jesus, Ons Verlosser.

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...