Friday 2 September 2016

Voëls van enerse vere


    “Waarom is jy so haastig om foute in ander mense se lewe uit te snuffel terwyl jy blind is vir al die sondes in jou eie lewe? Waarom sien jy so gou die kleinste splintertjie in jou vriend se oog raak terwyl jy blind is vir daardie groot houtstomp wat in jou eie oog vassit? En dan waag jy dit so ewe om vir jou vriend te sê: ‘My ou broer, kom laat ek gou-gou daardie splintertjie uit jou lewe wegvat sodat jy weer reg kan leef,’ maar jy sien nie die groot foute in jou eie lewe raak nie. Jou skynheilige! Haal eers die houtstomp uit jou eie oog uit, dan sal jy goed genoeg kan sien om daardie klein splintertjie uit jou vriend se oog te haal.”
Lukas 6:41‭-‬42

"hoe maklik is dit tog vir onvolmaakte mense om ander se foute uit te wys terwyl hulle hulle eie foute ignoreer! Hierdie neiging maak ons egter vatbaar vir huigelary"

Louis de Kock sê
"Birds of the same feather flock together"
Daar is nie 'n manier wat u u huweliksmaat gaan verander ...  want..  die probleem wat hy het is presies dieselfde probleem wat u het.
(maw. die emosionele letsels sê nou maar vrees is die selfde maar die vrugte verskil)

Satan opereer deur hierdie ou emosionele letsels van die verlede om jou maat af te breek en 'vice-versa'
Sy hoofdoel is om jul uitmekaar te verdryf.

Sodra u die balk uithaal (en glo my, u het hulp nodig) dan vloei God's Gees deur u om u gesin ten goede te verander.

-stel dit op die proef, bestel gratis evalueringsforms vanaf ons webtuiste-

My gebed vir u is gebaseer op hierdie skrifgedeelte.
 .... open hulle oë, sodat  hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die satan tot God,  Hand. 26:18

"Open hulle oë, Here, sodat daar vrede kan kom... "

 Besoek ons webtuiste om meer videos te sien"
Vrede vir u
Louis en Annatjie de Kock
www.metamorfose.co.za






No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...