Sunday 4 September 2016

Hoe loof en prys (worship) ons vir God?


 Image result for picture of person worshipping god


Baie mense sê dat hulle nie weet hoe om God te loof en prys nie. Nie wanneer Hy iets vir hulle gedoen het nie, maar net sommer omdat Hy God is, hier is ‘n paar riglyne.

Die Woord, veral in Psalms  gee ons baie voorbeelde van hoe om God te loof en prys, maar daar is ook ander maniere hoe om te loof en prys.

As jy net dink aan Jesus, kan jy amper ‘n uur lank net dankie sê vir wat God vir ons gedoen het deur Sy Seun Jesus.

Jy kan byvoorbeeld bid met opregte dankbaarheid.

Dankie God dat U my so liefhet dat U, U enigeste Seun aan die Kruis laat sterf het vir my sonde, dankie vir die vergifnis wat ek ontvang het daardeur, dankie dat ek in versoening kon kom met U deur Jesus se Bloed, dankie dat die Voorhangesel geskeur het, en ek vandat tot in die Troonkamers kan kom om U te loof en te prys, dankie dat Jesus al my siektes en bekommernisse op Hom geneem het, en my kom verlos het van al die probleme in my lewe, dankie dat Sy Bloed my beskerm teen die aanslae van die onrein wêreld, my mag gegee het oor satan omdat Hy alreeds die oorwinning behaal het vir my. Dankie dat ek in Sy Naam alles mag vra wat ek nodig het en weet dat ek dit sal ontvang, dankie dat daar nie ‘n Naam bo Jesus se Naam is nie, en dat ek tot alles in staat is deur Hom wat my krag gee. Daar is soveel om voor dankbaar te wees as dit net kom by Jesus.

Ons kan God ook loof en prys vir Wie Hy is, dat Hy Almagtig is en enige situasie kan omdraai, maak nie saak hoe onmootlik dit vir ons lyk nie, al wat God vra is dat ons geloof van ‘n mosterdsaad moet he, en in Jesus Naam moet vra. Ons kan God bedank dat Hy ons Skepper is, ook die Skepper van die natuur, die heelal, die Skepper van alles wat mooi is in die wêreld, Hom loof en prys vir ons kinders, familie, vriende want elke persoon wat ons ontmoet het ‘n rede hoekom ons hulle ontmoet, soms is dit dat ons iets moet leer uit ‘n vriendskap, ander kere net sodat ons kan liefde en aanvaarding van vriende ontvang. Dat Hy ons Voorsienner is, ons Rots en Skuilplek dat Hy Engele opdrag gee om ons op te pas en beskerm….die lys is baie langer as ons het daaraan begin dink wat God alles vir ons beteken en doen.

En dan die Heilige Gees…Ons kan die Heilige Gees bedank omdat Hy ons leer en stig, dat hy ons wys wanneer ons foute maak, onthou die Heilige Gees sal jou nooit aankla soos ons geleer word in kerke nie, die Heilige Gees herinner jou aan onbeleide sonde, as jy dit belei het het God jou alreeds vergewe, as jy aanhou daaraan herinner word is dit satan wat jou met skuldgevoelens wil belas en jou geloof wil afbreek. Ons kan God ook bedank omdat Hy Sy Gees binne ons gesit het nadat ons tot bekering gekom het, want nou het ons die Trooster , Helper, Wysheid, en Vrug van die Gees ontvang.

Wanneer mens net mooi gaan sit en dink Wie en Wat God is kan ons heeldag loof en prys.
Verder kan ons God loof en prys deur vir Hom te sing, sit geestelike musiek op en sing terwyl jy werk, net ontspan, of net voel jy wil naby God wees, luister wat jy sing, dit gaan jou in verhouding met God bring en bedoel wat jy sing.
Ek speel geestelike musiek terwyl ek die huis skoon maak. Eerstens van alles is dit vir my net lekker om te kan loof en prys omdat ek ‘n huis het om skoon te maak, net God se genade, dit maak die werk ligter want jy konsentreer meer of God as op die werk wat jy doen, dit is vir my net lekker om ook naby God te wees terwyl ek take moet verrig wat nie altyd lekker is om te doen nie.

Ook wanneer ek bestuur, dit laat my net veiliger voel omdat ek in God se teenwoordigheid is en ek met sekerheid weet dat ek veilig is op die pad. Ek gebruik dit nie om God se arm te draai nie, maar omdat dit vir my lekker is om dit te doen, om naby God te wees maak nie saak wat ek doen nie, met loof en prysing kan mens nie anders as om naby God te wees nie

EK hoop dat dit vir iemand van raad sal wees, hierdie is hoe ek dit doen, jy kan jou eie manier uitvind, natuurlik moet ons ook tyd afstaan om God te loof en prys in stilte tyd nie net wanneer ons besig is nie, maar ook nie net wanneer ons stilte tyd het nie, ons kan God loof en prys die heeldag deur, en dit maak die lewe net mooier om ons, en die laste net ligter, dit bring ons nader aan God, dit bou ‘n verhouding, en wanneer jy dit eers begin doen het, voel jou lewe sommer leeg as jy dit die dag nie kan doen nie omdat ander dinge jou aandag nodig het….maar wat ookal die geval, dit is belangrik om altyd God die eer te gee vir alles want sonder Hom is ons niks, en sonder Jesus is ons tot niks in staat  nie, en sonder die Heilige Gees wat ons wysheid kom gee is ons verlore.

Mag God elkeen seen tot in hulle diepste wese, en mag ons elke dag onthou dat God “EK IS” is! Alfa en Omega….begin en einde


Indien iemand geestelike raad of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...