Monday 5 September 2016

Wees 'n voorbeeld!


Image result for bybel verse oor hoe ons moet wees


1Ti 4:12  "Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid."

Hierdie teksvers leer ons ‘n paar baie interessante dinge. Kom ons kyk punt-vir-punt daarna:


1.       Laat niemand jou jonkheid verwag nie, met ander woorde, selfs al is jy nog ‘n “jong” gelowige (natuurlik fisies of geestelik), kan jy steeds doen wat hier staan. En natuurlik is die bepalings van hierdie teksvers nie net op jong gelowiges van toepassing nie, maar op elkeen van ons wat Jesus dien en aanbid.
  

2.       Vir wie met ons ‘n voorbeeld wees? Vir al die ander gelowiges rondom ons.



3.       Waarin moet ons vir die gelowiges ‘n voorbeeld wees?



3.1. In woord – met ander woorde, in ons kennis en toepassing van die Woord van God in ons eie lewens. Daarvoor het ons nodig om daagliks ons eie Skrifte te ondersoek (Hand.17:11).
  

3.2. In wandel – met ander woorde, hoe ons daagliks lewe en wandel volgens die Woord. Want die wêreld en ander gelowiges hou ons dop…




3.3. In liefde – met ander woorde hoe ons Jesus se liefde uitleef teenoor die mense rondom ons. Die Bybel is duidelik dat ons sonder liefde, niks is nie (1 Kor.13:2).
  

3.4. In gees – met ander woorde hoe ons in die gees wandel, en nie meer na die vlees nie. Die belofte in Rom.8:1 is immers dat daar geen veroordeling is vir die wat na die Gees wandel, en nie meer na die vlees nie.

  

3.5. In geloof – met ander woorde hoe ons in en deur die geloof lewe. Die Woord sê tog die regverdige sal deur die geloof lewe. (Rom.1:17)



3.6. In reinheid – met ander woorde hoe ons heilig, rein en suiwer vir Jesus lewe, en nie meer soos die wêreld nie.  God se opdrag is immers dat ons in ons hele lewenswandel heilig moet wees. (1 Petr.1:15)


  

Ek bid dat dit hierdie week in jou hart sal brand om hierdie paar punte na te streef in jou omgang met die wêreld om jou, maar spesifiek ook teenoor ander gelowiges met wie jy in aanraking sal kom.

Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys
(tiaan gildenhuys - tg@oicb.co.za)


No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...