Thursday 22 September 2016

Wat is "Spiritual warfare"?


Image result for Pastor screaming at a person sitting on a chair


Moet ons geestelike oorlogvoering doen? (Spiritual warfare)


Baie mense, en self kerke praat van geestelike oorlogvoering. Wat beteken dit? En moet ons dit doen, as ons moet hoe doen ons dit?

Die stelling om geestelike oorlogvoering te doen is verkeerd. Die oorlog is alreeds oorwin die dag toe Jesus die prys ten volle betaal het op Golgota. Om geestelike oorlogvoering te doen beteken om vir die persoon te bid! Werklik bid, intree, en God se aangesig soek in die persoon se lewe of situasie. Vas en gebed is deel van oorlogvoering, nie om satan te vervloek en aan te val nie, maar om God in beheer te sit van die situasie of omstandighede.

Jesus het ons opdrag gegee om duiwels uit te dryf Mat 10:8, maar Jesus het ook vir ons die voorbeeld gegee van hoe dit gedoen moet word. Jesus het vir geen duiwel geskree om uit iemand te gaan nie, Hy het net gesê “gaan uit” en die duiwels is uit! Hoekom moet ons dan vandag skree vir duiwels om uit te gaan…en watter mag het jou geskree dan nou eintlik?

MATTHEUS 10:8  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

Die enigste mag om ‘n duiwel mee uit te dryf is in die Naam van Jesus, sonder dit kan jy maar ophou skree, ons kan nie duiwels uitdryf op ons eie kragte nie, net in die Naam van Jesus en onder die krag van die Heilige Gees.

MATTHEUS 6:33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

2 KOR 10:3  Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
2 KOR 10:4  want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,
2 KOR 10:5  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

Wanneer jy ‘n duiwel uitdryf, maak seker jy staan rein voor God, moenie met goed speel waarvan jy nie weet nie, en om in jou taal te praat wanneer jy die gees uitdryf beteken niks vir die gees nie, dit is kommunikasie tussen die Heilige Gees en jou. 
Die Heilige Gees openbaar aan jou watter gees jy moet aanspreek, die gees verstaan nie wat jy sê wanneer jy in jou taal bid nie. So spreek hom aan in enige aardse taal want satan verstaan alle tale maar nie die taal in verborgenheid nie.

Satan kan net ingang kry in jou lewe as jy hom toelaat, of wanneer jy gesondig het! Wanneer jy ‘n wedergebore kind van God is kan satan en sy gesante jou nie beset nie, hulle kan wel jou gedagtes beheer en daarom waarsku die Woord ons om staande te bly en satan te weerstaan, wanneer jy gaan toegee aan die manupilasie gaan satan vir jou vastrek.

JAKOBUS 4:7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
JAKOBUS 4:8  Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!

Wees geseend in Jesus.


Indien iemand geestelike raad of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...