Monday 5 September 2016

Is God Abba Pappa of God die Vader?

Image result for person praying

Ek het nou die dag die stelling op Fb gemaak dat dit nie reg is om  God as Abba Pappa aan te spreek nie, en ek het nogal ‘n goeie klomp argumente gekry oor dit, nie almal het die moed gehad om dit op my Fb  blad te sit nie, maar dit het my laat besluit om hierdie atikel op die blog te sit.

Nêrens in die Bybel word daar aangehaal dat God ons pappa of daddy is nie, tot Jesus wat God se Eie en Enigste Seun is praat met God met die allerhoogste respek, is dit dan reg dat ons Hom afbring na ons vlak en Hom pappa of daddy of die oubaas daarbo of die grootman daarbo mag noem? Lees die gebed wat Jesus hieronder doen vir ons, en let ook op dat Jesus met God praat en Hom U noem…nie jy nie! Baie mense bid en praat met God en se “jy”…Ek gaan nie al die U’s  uitwys nie, maar let op daarna.

JOHANNES 17:1-21  Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê:
VADER (nie Pappa nie), die uur het gekom; verheerlik U Seun, sodat U Seun U ook kan verheerlik …2  soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee…3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. ..4  Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring…5  En nou, VADER, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was. ..6  Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het U woord bewaar. ..7  Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom.
8  Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het. …9  Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
10  En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik. ..11  En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. HEILIGE VADER, bewaar in U Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.
12  Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word. ..13  Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle My blydskap volkome in hulle kan hê.
14  Ek het hulle U woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. ..15  Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.
16  Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. …17  Heilig hulle in U waarheid; U woord is die waarheid. …18  Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. ..19  En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees. …20  Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo…21  dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
22  En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. ..23  Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het. ..24  Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.
25  REGVERDIGE VADER, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het. …26  En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.

Ander Skrifte in die Woord waar almal verwys na God die Vader…om maar net ‘n paar te noem!

1 PETRUS 1:16  omdat daar geskrywe is: Wees heilig, WANT EK IS HEILIG.
1 PETRUS 1:17  En as julle Hom as VADER aanroep….
2 PETRUS 1:17  want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
GALATE 1:1  Paulus, 'n apostel nie vanweë mense of deur 'n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het,
GALATE 1:2  en al die broeders wat by my is--aan die gemeentes van Galásië…3  Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,
EFESIËRS 5:20  terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,
EFESIËRS 6:23  Vrede vir die broeders en liefde, met geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus!
FILIPENSE 2:11  en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
KOLOSENSE 3:17  En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom
1 PETRUS 1:2  uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!
1 PETRUS 1:3  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,
2 PETRUS 1:17  want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.

Dan kyk ons na die voorbeeld van hoe om te bid wat deur Jesus vir ons gegee is! Ons amal ken die Onse Vader….

Matt 6:9-13

Onse Vader wat in die Hemel is, …. Hierdie woorde verheerlik God, dit identifiseer vir WIE jy bid!

laat U Naam geheilig word … Ons aanbid loof en prys Hom as Heilige God…..Jesus leer ons nie hier om te bid Abba Pappa, of Liewe Daddy nie….Jesus begin die gebed deur die respek wat ons vir God moet hê eerstens in die gebed te noem….dan…laat U Naam geheilig word…laat ons U loof en prys omdat U Heilig is!

Laat U koningkryk kom….laat die Outoriteit van God oor ons kom!

Daar was genoem dat ons ‘n persoonlike verhouding met God het, en dat ons onself met Hom kan vereenselwig deur hom Abba Pappa te noem! Ja ons moet ‘n verhouding met God he! Dit is God se grootste begeerte en dit is die rede waarom Hy Sy Seun vir ons gestuur het! Maar as jy ‘n persoonlike verhouding met God het, sal jy weet dat Hy Heilig is want wanneer jy in Sy Heilige teenwoordigheid gaan beleef jy Sy Heiligheid, Sy Heiligheid is tasbaar!

Ek is jammer as mense nie met my saam stem nie, maar Jesus het nie net gekom as ons Saligmaker en Redder nie, maar ook om vir ons ‘n voorbeeld te wees van hoe ons moet wees, en as Hy God as Heilige Vader en U aanspreek, dink ek moet ons Sy voorbeeld volg en dieselfde doen.


Indien enige iemand geestelike raad of gebed benodig kontak my belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...