Monday 1 August 2016

Wie het jy meer lief? Stief, aangenome of eie kind?


Image result for happy family


Ons leef in ‘n tydperk waar amper almal stiefkinders het weens ons hoë egskeidingsyfer. Ek kry baie te doen met mense en kinders wat stiefouers haat en sukkel met vergifnis.
In baie gevalle het die stiefouers ‘n groot aandeel in die mense se haatgevoelens omdat hulle die mense nie reg behandel het nie, eie kinders voorgetrek het, of selfs die kinders of mense gemolisteer of mishandel het as kinders.

Maar daar is ook gevalle waar die stiefouers regtig nie die oorsaak is van die haatgevoelens nie. Daar is stiefouers wat alles in hulle vermoeëns doen om die stiefkinders te nader maar die kinders stoot hulle weg, weens gevoelens dat dit die stiefouer is wat ‘n huwelik laat verbrokkel het, of wat voorkom het dat die ouers weer by mekaar uitkom.

Daar is mense wat kinders aanneem en lief is vir hulle asof hulle uit hulself gebore is. Ek weet van paar gevalle waar aangenome kinders ‘n onsettende goeie verhouding en baie baie groot waardering en liefde het vir hul aanneem ouers.

Die vraag vandag is, mag ons ‘n stief of aangenome kind minder liefhê as ‘n eie kind? Nee! As God ‘n God van Liefde is, en ons gebore is in die beeld (geestesbeeld) van God is dit vir ons onmoontlik om een kind liewer te hê as ‘n ander! Want God het ons almal wat,ook aangenome kinders, van Hom is, net so lief soos Hy Sy eie Seun Jesus liefhet.

Terwyl Jesus op die aarde was, was Hy ook ‘n stiefkind kind. Hy was nie Josef se kind nie! Het Josef Jesus anders behandel as sy ander kinders? Het Jesus gevoel hy haat vir Josef omdat hy sy stiefpa was? Beslis nie! Jesus was gehoorsaam aan Sy aardse stiefpa, Jesus en Josef is ‘n perfekte voorbeeld van hoe stief ouers en kinders met mekaar moet wees.

Ek dink dit het tyd geword dat ons die stigma van “stief – en aangenome kinders” moet begin vernietig! God is ‘n God van Liefde wat ons toegerus het met Sy liefde. Begin bietjie na jou stief, aangenome kind(ers) en ouers kyk deur God se oë. Verwag God nie van ons om mekaar lief te hê nie. God sê jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Of dit nou ‘n stief ouer of kind is of aangenome kind is, jou opdrag is om lief te hê!
Respekteer mekaar! Onthou respek is nie iets wat ons kan afdwing op mekaar nie, respek is iets wat jy moet verdien. In Engels klink dit net beter….”if you want to be respected…be respectable!”

Gebed:

Vader, ek dra vandag elke aangenome en stief kind aan U op in gebed en vra dat U die ouers en die kinders se harte en gesindheid teenoor mekaar sal verander en dat U hulle sal seen met U liefde vir mekaar, ek dank U Vader vir elke ouer wat probeer om ‘n stiefkind by te staan en deel te maak van die familie, en vra dat U ook elke kind se hart sal oopmaak om te kan sien dat hulle ook hul stiefouer(s) kan liefhê omdat U ons eerste liefgehad het.  In Jesus Naam
Amen

As iemand gebed of geestelike hulp benodig kontak my belindapaar@gmail.com


No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...