Monday 1 August 2016

Is vloek en vuilpraat reg?


Image result for Cartoon of person swearing


Ons hoor so baie keer dat Christene vloek en vuil grappe vertel, hoort dit by ‘n kind van God?

Baie mense regverdig dit deur te sê God wil hê ons moet lag en nie suur Christene wees nie, en ek stem saam! ‘n Skoon en onskuldige grap is goed en dit is lekker om te lag, en ja God wil hê ons moet lag en die lewe geniet, maar waar moet mens die streep trek, wanneer is dit nie meer vanpas vir ‘n kind van die Here om deel te hê aan vuiltaal en vuil grappe nie?

Eerstens wanneer jy skuldig voel omdat jy gevloek het, weet jy dat dit verkeerd is. Die Heilige Gees leer ons om na heiligmaking te strewe, so Hy gaan jou bewus maak van jou taalgebruik. Ek vra altyd die vraag? Sal jy so praat terwyl jy in die kerk is? As jy nee sê weet jy mos dat dit nie by ‘n kind van die Here pas nie. Maar kom ons kyk of God se Woord sê of ons mag vuilpraat en vloek.

EFESIËRS 5:3  Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;  5:4  ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging. 5:9  Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.

EFESIËRS 5:10  En beproef wat die Here welbehaaglik is;

KOLOSENSE 3:8  Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.

EFESIËRS 4:29  Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.

MATTHEUS 12:34  Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.  12:35  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn. 12:36  Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.  12:37  Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.

LUKAS 6:43  Want dit is nie 'n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie 'n slegte boom wat goeie vrugte dra nie.  6:44  Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk 'n mens tog nie vye nie, en 'n mens sny ook nie druiwe van 'n doringbos nie.  6:45  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.
Net soos ‘n baba woorde leer wat hy/sy herhaalde kere hoor, net so gaan jy vloek aanleer as jy dit herhaalde kere gebruik en hoor. Later word dit soos jou moedertaal en kan jy nie meer praat sonder om te vloek nie.

Om van vloek en vuiltaal ontslae te raak neem tyd maar met wilskrag en gebed kan jy dit oorwin, en hoe minder jy dit doen, hoe minder wil jy dit doen, en begin mens dit meer agterkom wanneer ander mense dit doen…dit val hard op jou ore.

Soos ons sien in die bogenoemde verse, (en dit is maar net ‘n paar wat ek aangehaal het)  is dit  sonde vir ‘n kind van die Here om lelike taalgebruik en vuil grappe te vertel nie, en elke keer wanneer jy dit doen maak jy die Heilige Gees wat binne jou woon seer, so bid en vra vergifnis en vra die Heilige Gees om jou attend te maak elke keer wanneer jy verkeerd praat, en jy sal sommer vinnig  van die gewoonte ontslae raak.

Ons kan God nie met dieselfde mond eer en prys as wat ons vloek, skel en vuilpraat nie.


LUKAS 6:46  En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...