Saturday 13 August 2016

Wie nie teen ons is nie, is vir ons


 Image result for Wie nie teen ons is nie, is vir ons




Mar 9:38  Toe antwoord Johannes Hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.

Mar 9:39  Maar Jesus sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat ‘n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie;


Mar 9:40  want wie nie teen ons is nie, is vir ons.


Dit het vir my die afgelope tyd baie opgeval hoé baie kinders van die Here met mekaar kan verskil oor dieselfde ding. Die gevolg is dan gewoonlik dat die een homself hoër ag as die ander of dink dat sy manier, die regte manier is. Terwyl die Woord tog duidelik sê dat ons almal net ten dele ken.


Het jy al ooit gewonder hoekom dit so is, terwyl ons dieselfde God dien wie nie verdeeld is teen Homself nie?


Die antwoord is eintlik redelik eenvoudig: waar daar verdeeldheid is, is geen krag nie! En Satan is baie deeglik hiervan bewus en daarom is dit dat hy die godsdiensgees uitstuur om die liggaam van Christus lam te lê. Die Bybel is tog baie duidelik dat waar twee of drie oor 'n saak saamstem, sal die saak vasstaan (Matt.18:19; 2 Kor 13:1).


Vader het 'n tyd gelede aan tiaan gildenhuys die “puzzle” van God verduidelik en het dit baie duidelik gemaak dat die boonste, linkerkantste stukkie van die “puzzle” nie kan inpas op die regterkantste, onderste hoekie nie, want dan sal die volle prentjie nie duidelik wees nie. Daarom moet ons besef dat ons elkeen iets het om by te las by die “puzzle”, maar dat ons ook die ander een se stukkie nodig het om die prentjie te voltooi.


Soveel kere kry ons hierdie “wow” groot openbaring van Pappa af dat ons dit net met almal wil deel en dan luister ons nie na die “klein” (volgens ons opinie) openbaring wat 'n ander boeta of sussa gekry het nie. Somtyds ervaar ons dan ook dat die “wow” van ons openbaring vinnig papwiel kry, omdat dit voel dat daar iets “missing” is. Dan was dit hoeka daai “klein” dingetjie van 'n ander se openbaring wat die sleutel was om ons “wow ding” oop te sluit.


My boeta en sussa, dit het tyd geword dat die liggaam van Christus begin saamwerk, sodat die krag van God sigbaar en tasbaar kan word vir die heidene wat nog buite staan! Lê af jou hoogmoed en trots en kom ons kom sit by die voete van ons Koning soos Maria, sodat ons Sy koninkryk en geregtigheid kan soek en uitleef!


Vrede en seën in Yeshua
(ernest phillipson - ecp@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys

Indien iemand gebed of geestelike raad benodig kontak belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...