Monday 1 August 2016

Is vigs ‘n straf van God?




Baie mense glo dat vigs ‘n straf is wat God oor mense uitgespreek het omdat hulle losbandige leef  of homoseksuele verhouding het.  Kan dit waar wees?

Rom 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood, die genade wat God gee, is die ewige lewe in Christus ons Here.

Ons sien uit die boonste versie dat die dood die loon is van sonde, maar wat van babatjies wat met vigs gebore word? Het hulle ook reeds gesondig en het God dan die dood oor hulle ook uitgespreek? Of is dit die ouers of die ongehude moeder se straf omdat sy losbandig was?

As God ‘n God van Liefde is, hoe kan Hy ‘n babatjie wat nog nie eens gebore is nie, straf vir ‘n sonde wat die ouers gepleeg het? En wat van verkragting? As iemand deur verkragtig vigs kry, is die dood dan ook haar loon?

Kom ons kyk eerstens wat se die Woord aangaande losbandige lewe, homoseksuele verhoudings en die loon van sonde.

Egbreek is wanneer jy getroud is en seks het met iemand anders, hoereerders is mense wat seks het voor die huwelik, prostitute, sodomiete en mense wat na pornografie kyk, asook mense wat homoseksuele seks het.  Mans en vrouens! Selfs al is jy verloof, of bly jy saam, dit is nogsteeds seks buite die huwelik en is nogsteeds hoereerdery in God se oë.

1 PETRUS 2:11  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;

1 THIM 1:9  en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, 1:10  hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, 1:11  volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.

1 KOR 6:10  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.

1 KOR 5:9  Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie, 5:10  dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan, 5:11  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as 'n broeder bekend, 'n hoereerder is of 'n gierigaard of 'n afgodedienaar of 'n kwaadspreker of 'n dronkaard of 'n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.

LIVITI 19:29  Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.

LIVITI 21:9  En as die dogter van 'n priester (elke man van die huis is ‘n priester van die huis, hier word nie verwys na die amp van priester nie) haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.

Egbrekers:

HEBREËRS 13:Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
MATTHEUS 5:28  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.

Wanneer oordeel God jou?

Die dag wanneer jy voor Jesus staan nadat jy doodgegaan het, wanner jy jou oë toemaak op die aarde en dit oopmaak voor Jesus! Dan oordeel Jesus jou, en jou oordeel is hemel of hel! Jesus oordeel ons nie op die aarde nie! 
So waarom sê die Woord dan dat die loon van die sonde die dood is, en ons almal weet dat vigs jou dood veroorsaak? Omdat die dood waarna hier verwys word nie net fisiese dood is nie, maar ook emosionele en geestelike doodsheid .

OPENB 21:8  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

JOHANNES 10:10  Die dief (satan)kom net om te steel en te slag en te verwoes. (King James sê… to kill) Ek (Jesus) het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

JOHANNES 8:44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.

Hier sien ons duidelik dat satan die een is wat dood op aarde veroorsaak, en dat Jesus ons lewe gee! So terug na die baba wat gebore word met vigs, en die verkragte vrou wat die virus optel….Is dit dan God se wil dat hulle moet vigs kry en doodgaan daaraan? Nee beslis nie!  Jesus sê duidelik dat Hy gekom het sodat ons kan lewe! Op aarde sowel as ewige lewe!

Ons is te vinning om te vra “Hoekom het God dit aan my gedoen “? Die antwoord is eenvouding, God het dit nie aan jou gedoen nie, satan het! God beskerm ons ten alle tye as ons Sy kinders is, wanneer ons wegdraai van sonde en Jesus aanneem as ons Verlosser en Saligmaker, sal ons ALTYD beskerm word deur God. As Jesus gekom het sodat ons kan lewe en in oorvloed, beteken dit nie net eendag in die hemel nie, maar ook hier op aarde.

Ons sien duidelik dat satan die mensemoordenaar is, satan het net 3 doele op die aarde, om god te wees,( of om soos God te wees), om skeiding tussen ons en God te bring en om ons dood te maak, of dit deur trauma, emosionele bagasie, geestelik, of siekte is, sy doel is om ons dood te maak, juis omdat hy weet wanneer hy ons seermaak, maak hy God seer!

God het die persoon met vigs net so lief soos enige ander persoon op aarde, of die persoon dit nou gekry het deur losbandigheid, of deur verkragting maak nie saak nie, God het die persoon nogsteeds lief, en al het iemand dit gekry deur losbandigheid, kan die persoon nogsteeds versoen met God, deur Jesus en vergifnis ontvang, en as jy Jesus nog nie ontmoet het nie, is hierdie juk dalk ‘’n goeie rede waarom jy juis jou lewe vir Jesus moet gee want Jesus bly ons Verlosser, en kan jou nie net verlos van jou sonde nie, maar ook van jou sieke. Jesus kan enige siekte genees, Hy is ons  Geneesheer wat ons wil genees omdat Hy gekom het sodat ons oorvloedig kan lewe.

Ons sien dat ons nie seks buite die huwelik mag hê of egbreek binne die huwelik  nie, dus moet ons ook gehoorsaam wees aan God se Woord waar dit by seks kom. Deur gehoorsaamheid sal jy nie die kans vat om die virus op te tel nie. Onthou jou reinheid voor God is vir God baie belangrik.

OPENB 22:14  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. 22:15  Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.

2 PETRUS 3:9  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

ROMEINE 6:16  Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid 6:17  Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, 6:18  en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid6:19  Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking. 6:20  Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid. 6:21  Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood. 6:22  Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.

Indien jy gebed of  geestelike raad benodig, kontak my belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...