Sunday 7 August 2016

Is ons die beelddraers van God? Hoekom sukkel ons dan so?



Nêrens in die Skrif staan dat die plant, dier of engele beelddraers van God is nie, maar net die mens is geskape na Godsbeeld. In ons wese is ons geskape in Godsbeeld, dit beteken dat ons  die gesindheid en liefde van God alreeds binne ons het in ons geesdimensie.

Verder word ons aangestel om te heers oor God se skepping, oor die hele skepping, en is ons opdrag om te vermeerder en die en die aarde te vul.

GEN 1:26  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 1:27  En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. 1:28  En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

God sê dat hy jou uitverkies het. Dit beteken nie dat net die pastoor, voorsanger in die kerk, die berader…almal wat in diens van die Here is gekies is nie, nee, elke mens wat gebore is, is deur God beplan en gekies om op die aarde te wees! Die beteken jy is welkom op die aarde! God wou jou hier hê!
Daar is baie verse in die Skrif wat jou vertel dat jy gekies en gevorm is deur God en vir God, ek gaan net ‘n paar hier gebruik om jou te oortuig daarvan.

JES 44:2  So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het!
JES 46:3  Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af; 46:4  en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.

Daar is baie meer verse in die Woord wat ons kan oortuig dat God ons beplan het vir die aarde, voor die aardlegging het God al geweet ek en jy gaan vandag hier wees vir Sy doel en rede.

EFESIËRS 1:4  soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,

Daar is baie mense wat nie weet wat hulle doel op aarde is nie, baie mense wat vasgevang sit in ‘n lewenstryd wat net-net bestaan, daar is ook mense wat se lewens verwoes is, wat stukkend is en nie weet hoekom hulle ooit gebore is nie, daar is soveel verdriet en hartseer in ons lewens, en hoe nader ons aan die wederkoms van Jesus kom, hoe erger word dit.

Huwelike val uitmekaar, mense maak mekaar seer, finansies wil net nie klop nie, dit is ‘n gesukkel van die more tot die aand om net kop bo water te hou. Ons selfmoord syfers is hoog, en hoekom? Het God ons dan geskape om so te sukkel om so deur die lewe te gaan om amper soos Job op die ashoop te sit? En van ashoop gepraat wat van die mense wat wel in plakkerskampe sit? Was dit God se doel vir hulle lewens, moes hulle gebore geword het  (in Godsbeeld) sodat hulle daar moes eindig? Die vrae hou nie op nie, die lys kan net langer en langer word, so wat is die antwoord? En dan die belangrikste vraag van alles….. is dit God se wil of God se skuld dat ek sit waar ek sit?

Ek is betrokke by ‘n armsorg organisasie en, het mense gevra oor hulle lewens, want ek wou ook die antwoord kry oor al die vrae, ek wou weet is dit God se plan met hierdie mense se lewens gewees van die begin af?

Hierdie is die antwoorde wat die meeste mense my gegee het!

·         My ouers het geskei toe ek nog jonk was, ek was van die een huis na die ander gestuur oor naweke en skoolvakansies en het nêrens ingepas nie, ek pas vandag nogsteeds nêrens in nie.

·         My man/vrou het my verlaat, en van toe af het my lewe net afdraand gegaan tot op die punt dat ek vandag sit waar ek sit!

·         Ek was ‘n suksesvolle mens, goeie werk gehad, goeie inkomste, maar ek het net so hard partytjie gehou as wat ek gewerk het, drank het later my baas geword en ek het my werk verloor en daarna het ek alles begin verloor, besittings, tot by my familie.

·         Ek het ‘n onsettende humeur aan my gehad, ek kry skaam maar ek moet eerlik se ek betaal vir my dade vandag, ek het my vrou en kinders verskree, gevloek, geslaan, en as ek gedrink het, was ek nog 10 keer erger, so het ek mense weggestoot en op die ou net was die enigste vriende wat ek oorgehad het die vriende wat my geken het wanneer ek gebraai en drink het tot ek niks oorgehad het nie, toe is hulle ook weg.

·         Ek het aan depressie gelei, dit het so erg geword dat ek begin het om almal naby my te vermy, ek was in so donker gat dat ek nie meer geweet het hoe om daar uit te kom nie, my man kon dit later nie meer uithou met my nie, want of hy goed of sleg gedoen het, ek het hom altyd blammeer omdat ek sielsongelukkig was, tot op ‘n dag wat hy besluit het hy kan nie meer nie, hy het my laat opneem in ‘n hospitaal en toe ek nie regkom nie het hy die kinders gevat en geloop. Hy wou die kinders nie naby my hê nie want hy wou nie hê die kinders moes langer onder my mond deurloop nie. Die hof het die kinders in sy sorg gesit en hier is ek vandag!

·         My man het verhoudings gehad, een na die ander, ek kon dit later nie meer handteer nie en het gedink dat ek dit op my eie sou maak, ek het hom geskei, hy is weer getroud, verneek nogsteeds sy vrou, en weier om enige onderhoud te betaal want dit was my keuse om hom te los, my salaris kan nie alles betaal nie, my prioriteit is om te sien dat die kinders ‘n dak oor hulle kop het, so my salaris gaan vir huur en brandstof, ek kan nie al die kos koop wat nodig is nie, en klere kan ek glad nie bekostig nie, ons almal dra tweedehandse klere, wat anders kan ek doen?

·         Daar was ook ‘n hele paar wat die regering blameer het oor rasisme, wat werk moes verlaat om vir ‘n swarte ‘n pos te skep en nie weer werk kon kry nie omdat hulle “die verkeerde kleur is”

Hierdie is maar ‘n paar van die antwoorde wat ek gekry het. Almal hartseer verhale, en sommiges is wat mense aan mense gedoen het, ander is wat mense aan hulself gedoen het. So is God te blameer vir hierdie mense se lewens wat so uitgedraai het? Wou God hierdie mense in die “dumps” sien sit,gesinne sien uitmekaar val, met ‘n gesukkel om kop bo water te hou?

Dan was my volgende vraag aan hierdie mense, dink jy dit was God se plan vir jou lewe? En die antwoorde was basies dieselfde!

  • ·         Ek dink ek is maar net een van daai mense wat geen “luck” in die lewe het nie,
  • ·         Ek dink nie dit is God se skuld nie, maar ek verstaan nie waarom God my nie help nie,
  • ·         EK het lankal opgehou om te bid en te vra, ek glo nie God wil my help nie, ek dink ek het Hom al te veel teleurgestel,
  • ·         Dit is net God se genade dat daar nog mense is wat wat omgee om te help, ander weet ek nie wat sou van ons geword het nie.


Ek het ook mense gevra of hulle ‘n verhouding met God gehad het voordat hulle opgeindig het waar hulle is en die meerderheid se antwoord was, ons het soms kerk toe gegaan, en ander het gesê dat hulle niks met kerke te doen wil hê nie want die kerk gaan net oor geld, as jy nie gee nie, wil hulle jou ook nie help nie.

Kom ons gaan kyk na wat God sê oor al die gevalle hierbo, is sommiges gebore sonder “luck”, is ander gebore om te sukkel, om in depressie te sit, om te vrees oor waar die kos more vandaan gaan kom om die kinderbekkies te voer? Is dit so dat sommige mense net eenvoudig nie gemaak is vir die lewe nie?

JER 1:5  Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak.

PSALMS 139:14  Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.139:15  My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.139:16  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

PSALMS 8:6  U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese (engele) en hom met eer en heerlikheid gekroon.  8:7  U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:

Ons sien dus uit die paar verse dat ons: Geheilig is, dat ons profete vir nasies gemaak is, dat ons vreeslik wonderbaar is, kunstig geweef in die dietes van die aarde, en dat ons name almal opgeskryf is in die boek van die Lewe, dat ons met eerbekroon is deur God self, en dat ons net onder die engele aangestel is op die aarde om oor die aarde (God se skepping) te heers!

Lees ook die volgende Bybel verse: Jes 44:21 ons is geskape om God se dienskneg te wees, en dat God ons nooit vergeet nie, Joh 11:4-10  Dat God elkeen van ons gekies het om vir Hom ‘n profeet van nasies te wees, Heb 8:10 Dat God ons verstand gegee het, en dat ons Sy volk sal wees en Hy ons God!

As God dan al hierdie dinge vir ons in Sy Woord sê, hoekom sukkel die mense so?
Eerstens van alles, niemand is sondevry nie, sekere gevalle is dit omdat gehoorsaamheid aan God se Woord nie deel was van hulle lewens nie, ander gevalle is omdat mense nie weggedraai het van sonde nie, myns insiens is dit omdat mense nie ‘n verhouding met God het  nie, en nie geloof het dat God hulle liefhet nie, en laastens omdat mense nie glo dat Jesus die volle prys betaal het vir hulle nie, maar kom ons kyk ook waar kom satan in die prentjie! Die bekende gedeelte wat almal ken.

JOHANNES 10:10  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. 10:11  Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.

JOHANNES 8:44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.

1 JOH 5:3  Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie. 5:4  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. 5:5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? 5:6  Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid.

EFESIËRS 6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Weens spasie gaan ek hierdie moet verkort, my punt is om te bewys dat ons emosionele en lewenspaaie nie so beplan was deur God nie, nie al die mense wat in armoede sit is ongelowige mense nie, tot kinders van God sit met finansiele en emosionele probleme, maar net Jesus is die uitweg, en al wat ons moet doen in om terug te keer na God en in geloof te staan dat Jesus die duiwel alreeds oorwin het op die kruis.

Gebed:

God ons Almagtige Vader, ons weet dat U vir ons ‘n toekoms beplan het van vooruitsig, goedheid en guns, dat U ons hoof vet gesmeer het met olie en ons met eer bekroon het, my gebed vandag is om dankie te sê vir U genade en liefde, en om te vra dat U elke persoon sal genees van emosionele probleme en hulle die weg te wys na Jesus, dat elke persoon tot inkeer sal kom en ‘n verhouding met U sal hê. EK bid dat U vir elke persoon ‘n weg sal oopmaak en hulle sal red uit hul versugtinge en aan hulle sal gee soos U wil, Vader ek dank U dat ons na U kan kom met hierdie probleme en al hierdie mense aan U kan opdra in gebed en kan weet dat ons op U kan vertrou, ek bid bekering vir elke siel, wedergebore kinders van U Koningkryk en dat U in beheer sal wees van almal se lewens en sake, In die Heilige Naam van U Seun Jesus Christus
 Amen

God se vrede met U almal in Jesus Naam


As iemand geestelike raak of gebed benodig kontak my belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...