Wednesday 10 August 2016

'n Vrou se gebed

Image result for woman praying bible
Here, gee vir my asseblief geloof soos Sara sodat ek seker kan wees van die dinge waarop ek hoop.

Gee asseblief vir my trane van hoop soos Hanna.

Ek vra ook vir Ragab se waagmoed, sodat reg sal geskied.


Mag Debora se leierskap my help om die regte keuses te maak.Ek vra ‘n klein bietjie van Delila se hart, sodat ek die duiwel sal kan uitvang.


Here, help dat ek soos Naomi, nooit sal opgee nie.

Mag ek soos Orpa en Rut, die mense wat ek liefhet, nooit in die steek laat nie.

Help asseblief dat ek soos Esra sal sorg dat “menslike tempels” herbou sal word.

Jesus, ek vra vir Koningin Ester se skoonheid – maar laat dit asseblief van binne-in my uitstraal.

Laat die “Vrou van Spreuke 30” my naambordjie dra, en gee my asseblief krag om soos die meisie van Hooglied my man te bemin en eer.

Help dat ek sal klou aan die ewige lewe soos Jaïrus se dogter.

Gee my ook asseblief die vyf verstandige meisies se wysheid om ekstra olie vir my lampie te vat, sodat ek altyd vir U skyn . En die selfde wysheid om soos die arm vrou, alles wat ek besit, vir U te gee.

Laat my leer uit Eva se foute asseblief Liewe Heer, sodat ek die regte lewensbesluite sal maak.

Spreek deur my die goeie nuus van U wat lewe, soos deur Maria Magdalena en  Maria.

Here, en dan die vrou van alle vroue… U… Maria… Maak my asseblief bereid, net soos sy, om my hele lewe en alles wat ek oneindig liefhet, vir U op te offer, want U is my gunsteling en ek wil ‘n vrou so na U hart wees!

Ek bid en vra dit alles in Jesus Naam.
Amen


Indien jy enige gebed of geestelike raad benodig kontak belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...