Thursday 7 July 2016

Wat is gebed en hoe moet ons bid?


Image result for person praying on knees

Gebed is die asemhaling van geestelike lewe. Om gebedslewe af te skeep is ‘n klap in God se Gesig. Onse Vader is die gebedsformalier oor hoe ons moet bid. Gebed gaan oor God en nie oor ons nie. Bid geduring, nie net in nood nie. Gebed bou verhouding met God. Bid met respek want jy bid tot Die Koning.

MATTHEUS 7:7  Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
MATTHEUS 7:8  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
LUKAS 18:1  En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,

HOE MOET ONS BID?

PRYS EN LOOF GOD:

Ons kan begin deur God, God se karakter en God se werk te loof en prys – onder prysing kan ons dink aan God se Outoriteit en Almag, Sy Heiligheid, Goedheid en Regverdigheid, Genade, Liefde, Bereidwilligheid om sondes te vergewe, God se wysheid en kennis, getrouheid en Sy Woord, dat Hy ons geskape het en dat ons Syne is.
Ons kan God dank vir Jesus en die betekenis van die Kruis en dat Hy die voorhangsel geskeur het sodat ons in die Troonkamers kan kom en direk in God se teenwoordigheid kan wees. Ons moet sien dat gebed ‘n genade is wat ons deur Jesus ontvang het.
Ons kan God ook dank vir die Heilige Gees want ons rig, stig en leer, en wat optree as Middelaar vir ons deur ons gebedstaal te gebruik om namens ons by God in te tree.

BID MET DANKSEGGING EN GELOOF

Vra wat jy nodig het, glo dat jy sal ontvang en jy sal, bedank God dat jy weet Hy die gebed sal verhoor. Sonder geloof is jou gebed kragteloos. Moenie net vra en dankie sê nie, Loof en prys God omdat die gebed verhoor IS! Gebed moet spontaan wees, ‘n voorreg wees, smag daarna om te bid!

BID IN GOD SE WIL

God gaan nie iets vir jou gee wat buite Sy Wil of Woord is nie. Moenie vir God voorskryf hoe Hy goed moet doen nie. Moenie God se arm probeer draai nie, moenie “plea-bargain” met God nie. God gaan nie vir jou iets gee waarmee Hy jou nie kan vertrou nie, of wat teenstrydig is met Sy Woord nie.

VRA VERGIFNIS

Vra vergifnis vir jou sondes sodat jy rein voor God kan staan, en vergewe ook ander vir oortredinge wat hulle teen jou gemaak het.

1 JOH 1:8  As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.
1 JOH 1:9  As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 JOH 1:10  As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

BID VIR JOU GEESTELIKE LEWE

Ons kan God vra vir om ons te help om nie in versoeking gelei  te word nie,  om die vyand te kan weestaan met onderskeidingsvermoë, vir wysheid en insig, om Sy Woord aan ons te openbaar deur die Heilige Gees, versterking van geloof en diensbaarheid en ons eie bedienings, vir ‘n lewe wat God sal behaag deur hulp van Sy Gees.
1 PETRUS 1:6  Daarin verheug julle jul, al word julle nou, as dit nodig is,'n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,
1 PETRUS 1:7  sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;
1 PETRUS 1:8  vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap,
1 PETRUS 1:9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

BID VIR PERSOONLIKE BEHOEFTES

Vra vir persoonlike dinge, soos huwelike, veiligheid en beskerming, goeie gesondheid, finansiele hulp en voorsiening of wat ookal jou behoefte is. God maak die onmoontlike, moontlik. Ons roem nie in onself nie, want by onsself kan ons niks doen nie, ons het die genade van God nodig om gehelp te word.

EFESIËRS 2:8  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
EFESIËRS 2:9  nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

BID VIR ANDER


Geliefdes en familie, die verlorene om gered te word, vir die kerk en leeraars om God se Woord te preek en dat elke leeraar se boodskap vrug sal dra aan elkeen wat wil hoor en dat ons daders sal word van die Woord en nie net hoorders nie, vir ons regering om Godvresend te wees, vir eenheid in die gemeente, vir onderskraging en liefde ens.

JAKOBUS 5:14  Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.
JAKOBUS 5:15  En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
JAKOBUS 5:16  Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.
JAKOBUS 5:17  Elía was 'n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;

JAKOBUS 5:18  en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.

As iemand gebed of geestelike raad benodig kontak my gerus belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...