Thursday 7 July 2016

Hindernisse van gebed



Sonde – Onbelyde sonde verhinder gebede, vra altyd vergifnis en vergewe ander.

PSALMS 66:18  As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.

SPREUKE 15:29  Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy

Ongeloof- Gebed sonder geloof is kragteloos

HEBREËRS 11:6  En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.

JAKOBUS 1:6  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

MARKUS 11:24  Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry

Bitterheid en onvergewensgesingheid- Ons moet vergewe soos God vergewe, anders word ons ook nie vergewe nie. Gaan maak reg as jy droog gemaak het moet iemand en vra vergifnis.

MARKUS 11:25  En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
MARKUS 11:26  Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.

1 JOH 1:8  As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.
1 JOH 1:9  As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 JOH 1:10  As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

JOB 36:18  Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.

Gebede met verkeerde motiewe – Byvoorbeeld:- God gaan jou nie toelaat om ‘n ander huwelik op te breek nie, so as jy buite-egtelike verhouding het moenie vir dit bid nie, of om die lotto te wen nie, dobbel is sonde en dit is teen God se Woord en Wil.

MATTHEUS 6:10  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

DEUTER 23:18  Jy mag geen hoereloon (lotto /dobbel is ook hoereloon) of hondeprys in die huis van die HERE jou God as enige gelofte offer bring nie; want dié altwee is vir die HERE jou God 'n gruwel.

Geldgierigheid en suinigheid – wat jy saai sal jy maai…(nie net finansiëel nie). God kan nie ‘n toe hand seen nie. God seen jou, sodat jy ander kan seen, gee asof jy vir die Here gee, God het ‘n vrygewige gewer lief!

MALEAGI 3:8  Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
MALEAGI 3:9  Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!
MALEAGI 3:10  Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.

1 JOH 3:17  Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?

2 KOR 9:7  Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.

Trots en hoogmoed – Hoogmoed is afkomstig van satan, ons is niks sonder die genade van Jesus nie, God weestaan die hoogmoediges (Jak 4:6) Ons werke behaag God nie, net ons geloof. Wees nederig voor God sodat Hy jou kan verhoog, nie jyself nie.

ESEGIËL 28:17  Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.
ESEGIËL 28:18  Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek 'n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.

Swak verhouding met Jesus-  Wees gehoorsaam aan Jesus, bly in Hom sodat Hy in jou kan bly. God beantwoord nie gebede as ons nie gehoorsaam is nie.

JOHANNES 15:16  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

1 JOH 3:22  en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

Wees nederig-  Streef na heiligmaking en respekteer God. Verneder jouself voor God sodat Hy jou kan verhoog, as jy jouself gaan verhoog, gaan God jou verneder. Hierdie verse is dieselfde as by moenie hoogmoedig wees nie.

Geestelike luiheid- Moenie God ken net wanneer dit sleg gaan nie… ons moet ‘n passie he vir God en Sy Woord, sy gemeente, en om ‘n verhouding met Hom te he, bid gereeld en ons moet Sy Woord op ons harte skryf. Ons moet kokend wees vir God!

OPENB 3:16  Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.

Afgode en okkultiese bedrywighede en liefde vir wêreldse dinge – wat ons in ons huise het (Afrika kuns, oorsterse beelde ens). Asook sterrevoorspelling, die flieks wat ons kyk, “games” wat ons speel, drank, rook, vuilpraat, geldgierigheid, hoerery ens. Baie mense stem nie hiermee saam nie, maar demone assosieer die flieks en “games” wat jy kyk en speel met satan en gee hulle ‘n wettige ingang in jou huis en lewe. Dit is amper soos die slagspreuk wat sê Die deler is net so goed soos die steler. Alles wat ons bo God stel word ‘n afgod, as jy rugby kyk eder as kerk toe gaan maar jy van rugby jou afgod.

Twis met jou huweliksmaat – Woord se moenie kwaad gaan slaap nie. Twis in huwelik breek die eenheid, onvergewensgesindheid verhinder gebede. God is die insteller van die huwelik, die huwelik is heilig en God het julle een gemaak in gees en vlees, hoe moet die eenheid God aanbid as julle nie in gees een kan wees nie?

1 PETRUS 3:6  soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie.
1 PETRUS 3:7  Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is--sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.
1 PETRUS 3:8  En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.

Kritiese gesindheid (gees) – afbrekende taal, skerp tong, oordeel, geskinder ens.

JAKOBUS 3:5  Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge--kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand.
JAKOBUS 3:6  Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.
JAKOBUS 3:18  En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

1 PETRUS 3:8  En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.

MATTHEUS 7:1  Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

Ek wil sommer net hierby ook noem dat daar ‘n verskil is tussen oordeel en vermaan… Net Jesus kan oordeel….ons moet vermaan…as jy sien iemand doen verkeer mag jy vir hulle se dat hulle verkeerd is…dit is ‘n opdrag in die Bybel!  HEBREËRS 10:25  en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

Ondankbaarheid – Wees in alles dankbaar, hou op kla oor wat jy nie het nie, en wees dankbaar vir dit wat jy wel het, want alles wat ons het, het ons van God ontvang. God teken jou salaris tjek!

1 THES 5:18  Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Doen restetusie- Maak reg wat jy verkeerd gedoen het. Hou beloftes wat jy nie nagekom het nie. Maak vrede met jou broer, vriend ens, al was jy nie verkeerd nie. Bewaar die vrede! Bly in geregtigheid!

Bid in ‘n ander naam – Daar is net EEN Naam bo alle Name!! Jesus Christus Seun van God en alles wat ons die Vader vra in Sy Naam sal vir ons gegee word (mits dit binne God se riglyne is)

JOHANNES 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
JOHANNES 14:7  As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.

Gebed buite God se wil – As dit teenstrydig is met God se Woord, Wil en Karakter, sal God die gebed nie verhoor nie!

1 JOH 5:14  En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

As iemand gebed of geestelike raad benodig kontak my belindapaar@gmail.com



No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...