Monday 18 July 2016

Wanneer word begeerte sonde?


Image result for begeertes van jou hart


Die Woord leer ons dat ons nie mag begeer nie, so waar lê die streep, deur iets te begeer en baie graag iets te wil hê?

EXODUS 20:17  Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

‘n Begeerte is onversadigbare honder en dors wat nooit genoeg kry nie. Uit die boonste skrif sien ons maar ‘n paar dinge wat ons nie mag begeer nie, maar daar is baie ander dinge ook wat ons nie mag begeer nie, soos byvoorbeeld om iemand anders te  wil wees, iemand se persoonlikheid te wil hê, sy/haar posisie, of prestasies ens.

As jy by jou werk iemand ander se pos begeer, en dit jou doel maak om daardie pos te kry, ten koste van die ander persoon wat die pos beklee, is dit sonde….nie ambusie nie….sonde! Want die Woord leer ons ook dat ons nie mag steel nie, en dat ons, ons naaste moet liefhê. As jy iemand uit sy pos gaan kry, net omdat jy die pos wil beklee, steel jy, en het jy geen naaste liefde in jou nie, ook nie God se liefde nie. Hieroor waarsku die Woord ook.

1 JOH 2:15  Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 
1 JOH 2:16  Want alles wat in die wêreld is, die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe, is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. 
1 JOH 2:17  En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

Enige iets wat ons begeer wat teen God se Woord is, is sonde, soos om lotto te wen, om ‘n aand uit te kan gaan en moedeloos besope te raak, om iemand anders se vrou /man te begeer, om rykdom na te jaag. Rykdom is nie die sonde nie, geldgierigheid is sonde, God wil hê dat ons almal finansieël geseend moet wees, maar ons moenie geldgierig wees nie.

God se vermaning oor begeerte is ‘n sterk veroordeling, kom ons kyk wat se die Woord.

1 THIM 6:8  Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees. 
1 THIM 6:9  Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. 
1 THIM 6:10  Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. 
1 THIM 6:11  Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.

Ek sien nou die dag die vraag op face book. “If money is the root to all evil, why does the church ask for money?” Kyk wat sê die Woord….nie geld nie….maar geldgierigheid. Wanneer mens geldgierig is gaan jy nie vir die kerk geld wil gee nie, want jy wil alles vir jouself hou.
Om geldgierig te wees is sekerlik een van die lelikste dinge wat mens kan wees, want God is in elk geval die een wat vir jou finansieël voorsien. Alles wat ons het, het ons by God gekry.

JAKOBUS 1:14  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. 
JAKOBUS 1:15  Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

Hierdie is nie net fisiese dood nie maar ook emosionele dood, dit kan ook vriendskappe, familiebande en besigheidsverhoudings dood maak.

LUKAS 12:20  Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s'n sal dit wees? 
LUKAS 12:21  So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.

 Miskien is dit tyd dat ons na ons lewens kyk en sien is ons begeertes verkeerd? Ons mag graag goed wil hê om ons lewens gerieflik te maak, en God wil dit vir jou gee, bid daaroor, glo en jy sal ontvang, maar maak seker dat dit wat jy WIL hê is in lyn met God se Woord.

PSALMS 37:4  en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. 

Indien enige een gebed of geestelike berading benodig, kontak my gerus belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...