Sunday 3 July 2016

Het jy 'n deurbraak nodig?

Bid saam met my:



Elke sataniese plan geprogrammeer teen my lewe word nou vernietig deur die vuur van die Heilige Gees in die Naam van Jesus.
Elke bose vervloeking teen my is nou gekanselleer en vernietig in die Naam van Jesus deur die bloed van Jesus en die vuur van die Heilige Gees.
Elke bose spinnerak wat my wil vasvang word nou vernietig in die Naam van Jesus.
Ek ontvang die salwing van die Heilige Gees vir my oorwinning in die Naam van Jesus.
Elke gekonfiskeerde seën in my lewe word nou vrygestel deur die vuur van die Heilige Gees in die Naam van Jesus.
Here, ek laat my nette nou sak. Maak dit vol tot die maksimum in die Naam van Jesus.
Ek kanselleer elke bose uitruiltransaksie wat oor my plaasgevind het in die Naam van Jesus.
Enige iets wat teen my gebruik kan word in die geestesrealm "back-fire" nou in die Naam van Jesus. Elke krag van frustrasie en mislukking wat my pynig, verklaar ek nou dood in die Naam van Jesus. Elke krag van skade en skande , ek verklaar jou nou dood in die Naam van Jesus.
Dankie Jesus dat U my nou verlos en vry maak.
Dankie vir die hand van die Here oor my lewe.
In Jesus naam!!
Amen!!

Geskryf deur Ds Pieter Fourie

Indien U enige gebed of geestelike raad benodig kontak my gerus by belindapaar@gmail.com.

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...