Sunday 25 August 2013

Vrou se plig teenoor haar man:

Van Wouw's Voortrekker Vrou Statue at the Voor...
Van Wouw's Voortrekker Vrou Statue at the Voortrekker Monument, Pretoria (Photo credit: Wikipedia)


Nerens in die Bybel se God dat ‘n vrou haar man moet liefhe nie, Hy gee wel opdrag aan die man om sy vrou lief te he soos homself, en in Spreuke lees ons dat hy homself moet verlistig in die boesem van sy vrou, m.a.w. gemeenskap met haar he, en dat sy vrou hom moet respekteer en onderdanig moet wees.

Spr 5:18-22 

Mag jou fontiene geseend wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug – die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie, laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees!
Maar waarom sou jy, my seun, by ‘n vreemde bedelmd raak en die boesem van ‘n ontugte omhels?
Want al die wee van ‘n mens is voor die oe van Die Here, en Hy weeg al sy gange, sy eie ongeregtigheid vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.

Hierdie maak nie van ‘n vrou ‘n slaaf nie. Die man moet haar liefhe soos homself wat beteken hy moet met liefde na haar kyk en haar versorg. Mens versorg tog iets waarvoor jy lief is. Dit se ook nie in die Bybel dat ‘n vrou haar moet dood werk vir ‘n man nie, maar wel dat sy haar rustig moet gedra. ‘n Slaaf gedra homself nie rustig nie, maar werk vir sy loon. ‘n Vrou is nie ‘n man se slaaf nie, maar moet hom onderdanig wees in die kerk en hom respekteer in die kerk en by die huis.

Die gedrag van ‘n vrou, volgens die Bybel.

As die vrou mag onderrig, beteken dit dat God jou sal toerus met wysheid, dit sal in jou hart kom, en kennis sal vir jou lieflik wees. As jy dit doen sal jy getrou bly aan jou man en sal jy nie afdwaal nie, en jou huis sal nie weg sink na die dood nie en jou paaie sal nie na die skimme lei nie. M.a.w God sal jou huis seen.

Spr 2:10-19 (verkort)

Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis sal vir jou siel lieflik wees: vers 16 om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei, wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet, want haar huis sal weg sink na die dood en haar paaie na die skimme.

Kyk na die volgende Bybel verse. God se duidelik vir ons dat ons nie ontrou mag wees nie, in Maleagi se God vir jou as Hy nie meer jou offers aanvaar nie of nie meer na jou gebede luister nie is dit omdat jy ontrou was of is, in jou huwelik.
Mal 2:14-16 God se wanneer Hy nie meer jou offer wat jy vir Hom bring aanvaar nie, is dit omdat jy jou belofte om getroud te bly verbreek het.

In Spreuke se Hy jou huis sal vervloek wees deur Hom as jy goddeloos opgetree het
Spr3:33 Die vloek van die Here is in die huis van die goddelose, maar Hy seen die huis van die regverdige.

Hoe tree ‘n vrou goddeloos op?

Ons kyk weer na die Bybel verse in die begin,  (1Tim 2:9-15) deur nie behoorlike kleding te dra nie, om nie met beskeidenheid en ingetoentheid aan te trek nie. Ons kyk verder wat se die Bybel van ‘n vrou se boesem, in Spreuke se God vir die man verslistig jou in die boesem van jou vrou!  M.a.w. die boesem van jou vrou is ‘n instelling gemaak vir die huwelik, moet ‘n vrou dan haar boesem vir ;n ander man adverteer? Nee beslis nie, dit is teenstrydig met die Woord van God, verder se die Woord dat ‘n vrou haar kuis moet gedra. Kuis beteken jy moenie jou liggaam adverteer nie, en as jy dit doen, laster jy teen God se Woord.

Tit 2:5 Vroue moet ingetoe te wees, kuis, huislik, goed, aan hulle eie mans onderdanig, sodat die Woord van God nie belaster raak nie.

Verder se die Woord van God, as jy net aan die daad in jou gedagte gedink het, is die sonde klaar gepleeg! Moenie aantrek sodat jy ander mans verlei nie, want dan is jy ‘n ontugte vrou in die oe van God, en wil jy die oorsaak wees van ‘n ander man se sonde? Dink jy dit is wat God van jou verwag? 

Mat5:28 Maar ek se vir julle elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. Ou vertaling se met wellus na ‘n vrou kyk.

Die liggaam van ‘n vrou word beskryf in die Bybel as godsvrug. As God jou liggaam Sy vrug kan noem, en jou liggaam as die instrument gebruik om kinders te baar, dink jy nie dat jou liggaam in God se oe ‘n heilige tempel is nie. Die Bybel se vir jou, jou liggaam is ‘n tempel van God, moet ons as vrou dan nie optree soos heiliges nie, en ons liggame heilig hou nie?

Mat 7:6 Moenie wat heilig is aan die honde gee nie, en gooi jou perels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omgooi en julle verskeur nie.

As dit dan nou mode is om lae halse en min klere te dra, moet ek dit ook doen? Nee beslis nie. Die Bybel waarsku ook hierteen. Rom 12:12 Word nie aan hierdie wereld gelykvormig nie maar verander julle gemoed, SODAT julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte Wil van God is!

Miskien sal jy nou se, jy stem nie saam nie want die mode is half kaal kleredrag, en vrouens mag die mode-gier volg,  maar kyk weereens wat se die Bybel:

Spreuke se:-
Wees nie wys in jou eie oe nie, vrees die Here, en wyk af van die kwaad, dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken hom in al jou wee, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

Is die vrou ‘n “niks”?

Mense en veral mans se baie dat ‘n vrou “niks” in die Bybel is nie. Dit is nie waar nie, die vrou het nie se nie omdat Eva gesondig het, ‘n vrou het ook nie heerskappy nie, maar sonder die vrou kan die mensdom ook nie voorplant nie. Elke mens is gemaak deur God, ons het nie kinders omdat ons kinders wil he nie, ons het kinders omdat God ‘n mens wil skep. Ons is die voorplantingsbron van die mensdom. Mans is baie geneig om die vrou af te breek as dom en “useless”. God het die vrou geskape net soos Hy die man geskape het. God besluit of jy ‘n dogtertjie of ‘n seuntjie gaan wees nog voor jou ouers jou gehad het, jy is dus as vrou, God se besluit! Om ‘n vrou aftebreek is teenstydig teen God se Woord. Ons is wel die mindere en swakker geslag, maar ons is van net soveel waarde vir God as die man.

Gedrag van ‘n vrou is belangrik in vandag se lewe:

Danksy pornografie, seks en naaktheid op TV het ons vrouens ‘n “goedkoop” ding en bespotting geword in die samelewing. Mans het al hulle respek vir ‘n vrou verloor. As ons nou nog aantrek soos op die TV en in tydskrifte en half kaal wil rondloop moet ons nie kwaad word omdat ons nie gerespekteer word deur mans nie.  Vrouens moenie lag oor volgere seks praatjies wat oor vrouens gaan nie.

Mans het van vrouens ‘n seks-godin gemaak. Daar is wel ‘n seksgodin -  in satan se wereld, haar naam is Iris. Sy is ‘n heks wat verdeeldheid in huwelike veroorsaak, sy is ook die godin wat agter pornografie sit, “three-soms”, “swingers” ens. Om deel te he in enige van die bogenoemde gee haar toegang in jou lewe en huwelik. Sy is ook die grootste rede vir orgies,verkragting, guy-verhoudings en gang-rapes. In die okkultiese wereld word mense geoffer vir satan en een maal per maand hou hulle ‘n orgie in die kerk, of die persoon wat geoffer word, word ge-“gang-rape”. Om net gesprekke, gedagtes en grappe te he oor “three-somes” of “swingers” is okkulties en vervloek jy nie net jou eie huwelik nie, maar ook jou eie liggaam.

Dit het tyd geword dat vrouens moet saam staan en die respek wat ons as vrou verdien, wat God ons mee geskape het, en wat Hy beveel het ons moet he, terug te kry. God se vir die man om sy vrou lief te he, haar aan te hang, om van sy ouers afstand te doen (nie af te skryf nie), een te word met sy vrou, haar met respek te behandel, haar te vertroetel en te versorg. Nie om van ‘n vrou te praat as ‘n “seks-object” nie. 

Die gedrag van ‘n vrou word duidelik in die Bybel beskryf, en ons moet so begin optree want as ons dit nie doen nie, voorspel die Bybel in Daniel en Openbaring dat die vrou oneer sal word, m.a.w verkrag sal word en verneerder sal word. Kyk na die verkragting syfers in die wereld, wie moet ons bedank? Pornografie, seks en naaktheid op TV, tydskrifte en onsself.  Ons het dit aan onsself gedoen om dit toe te laat in ons huise, op ons TV stelle, om ons kinders toe te laat om daarna te kyk, om self half kaal rond te loop, om ons dogters toe te laat om ook so aan te trek en deur mans toe te laat om van vrouens te praat as vuil, goedkoop seks instrumente. ‘n Vrou se liggaam is veronderstel om net aan haar man bekend te wees, kyk hoe gaan dit met naaktheid op TV, die vrou se liggaam in die middelpunt van alles, mens kry skaars ‘n advertensie op TV wat nie iets te doen het met ‘n vrou wat verleidelik iets adverteer nie. Dan moet ons nie kla en kerm oor die verkragting syfers nie, want wat is ons aandeel in dit in die samelewing?

Die Bybel vertel ons dat ons die poorte van ons liggaam moet bewaar. Jou poorte is jou oe en ore. Doen ons dit as ons saam kyk, saam praat en saam lag?

Spreuke 31:10-31 – ‘n Goeie vrou volgens die Bybel

Wie sal ‘n deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo korale.
Die hart van ‘n man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.
Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.
Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.
Sy is soos die skepe van ‘n handelaar – van ver af bring sy haar brood in.
En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisie.
Sy dink na oor ‘n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy ‘n wingerd.
Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.
Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie.
Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalm uit na die behoeftige.
Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanwee die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof.
Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper.
Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.
Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars.
Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.
Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderigting is op haar tong. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.
Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar.
Baie dogters het hulle knap gedra maar jy oortref hulle almal.
Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid,
‘n Vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word.
Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.

Jesus Groete
Belinda


Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com



Enhanced by Zemanta

2 comments:

  1. Hallo,

    Ek wil net graag weet: orals in die Bybel beskryf die Here hoe 'n listige, slegte vrou wat getroude mans verlei optree. Daar word ook beskryf van die sonde wat gepleeg word indien 'n man ontrou aan sy vrou was, sowel as die vergiffenis met belydenis en berou. Daar word gepraat van die reg wat 'n man het om die ander man wat by sy vrou geslaap het te minag, ek dink selfs te haat en te wil vernietig.

    Wat sĂȘ die Bybel van die verontregde vrou? Hoe mag 'n vrou voel teenoor die ander vrou wat jou man verlei en gesteel het? Mag ek bid dat die Here haar sal straf ndien sy geen berou toon nie?

    Ek besef dat as ek my man vergewe, dit my christelike plig is om die ander vrou ook te vergewe, aangesien sy skuld teenoor my eintlik groter is. Maar hoe moet ek voel as die ander vrou nog steeds optree asof sy 'n oorwinning teenoor my behaal het deur by my man te slaap?

    ReplyDelete
  2. Hi Hendrien

    Net soos jy jou man moet vergewe moet jy haar ook vergewe, of sy berou toon of nie, dit is 'n saak tussen haar en God.

    Jy hoef nie te bid dat God haar moet straf nie, want Hy se die wraak kom Hom toe en nie ons nie, so weereens dit is in Sy Hande, moenie vir Hom voorskryf hoe en wat om te doen nie.

    As sy optree asof sy oorwinning behaal het teenoor jou, los haar. Daar is 'n geestelike wet wat se "wat jy saai sal jy maai" so daar sal met haar afgereken word wanneer die tyd reg is.

    Maar jou hart skoon, vergewe en spreek vry, en gaan aan met jou lewe. God sal jou nooit verlaat nie, en sien en ken jou seer. Hy sal vir jou voorsien, jou trane afvee, jou wee gelyk maak en jou hand vashou. Vertrou net op Hom al maak dit baie seer. Hulle sal moet rekenskap gee vir hulle dade voor Hom en is en bly 'n saak tussen hulle en Hom.

    Hoop dit beantwoord jou vraag.Sterkte en Jesus vrede vir jou.

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...