Monday 3 October 2016

Toe-eiening van die Woord


Image result for ps 23 in Afrikaans

"‘n Psalm van Dawid. Die HERE is MY herder; niks sal MY ontbreek nie. Hy laat MY neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy MY heen. Hy verkwik MY siel; Hy lei MY in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. Al gaan EK ook in ‘n dal van doodskaduwee, EK sal geen onheil vrees nie; want U is met MY: u stok en u staf dié vertroos MY. U berei die tafel voor MY aangesig teenoor MY teëstanders; U maak MY hoof vet met olie; MY beker loop oor. Net goedheid en guns sal MY volg al die dae van MY lewe; en EK sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae." (Psalm 23:1-6)

Baie mense kom na my toe vir berading, of hulp met hulle gelooflsewe. En telkens kom ek agter dat die probleem is: - ‘n gebrek aan toe-eiening van die Woord. Mense sal gou sê hulle glo wat in die Woord staan, maar hulle eien dit nie vir hulleself toe nie, wat outomaties tot gevolg het dat hulle nie DOEN wat daar staan nie. Die groot rede daarvoor is dat meeste Christene net geleer het om die Bybel te “interpreteer”, of in hierdie of daardie “konteks” te lees, wat meegehelp het daartoe dat baie gelowiges nie besef dat dit wat daar staan, fisies ook op hulle normale lewens van toepassing is nie.

Volgens my is Psalm 23 een van die beste Psalms om ons te leer hoe om die Bybel vir onsself letterlik toe te eien. Die woord “my” kom 14 keer daarin voor, wat dit duidelik laat blyk dat alles waarna daardie Psalm verwys, nie van toepassing is op jou broer, suster, ma, pa of dominee of pastoor nie, maar op JOUSELF.

Dus kan elkeen van ons wat onsself  as Christene beskou  elke ding wat in hierdie Psalm geskryf is, vir onsself toe-eien, en dan letterlik staan op daardie beloftes wat daar na verwys word. Het JY dit al begin doen, liewe vriend of vriendin? Het jy al na elke teksvers in hierdie Psalm gekyk, en JOU naam by daardie woord “my” ingesit? En het jy al besef dat al daardie dinge dan ook met JOU sal gebeur as jy dit so persoonlik vir jou begin toe-eien?

Mag die toe-eiening van die waarhede van hierdie ou bekende Psalm in hierdie week, jou lei om die RES van die Woord OOK vir jouself toe te eien, juis sodat jy gehoorsaam daaraan kan begin lewe en die beloftes en seëninge daarin ook in jou lewe kan begin sien waar word.

 (tiaan gildenhuys - tg@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys

Indien enige een gebed of geestelike berading benodig kontak my belindapaar@g,mail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...