Friday 23 March 2018

Is jy ‘n advertensie vir God?


Image result for someone reading the bible

 Toe die sonstrale vanoggend deurbreek en die voeltjies begin sing, kyk die Here na jou naam in Sy Hand, en se "Ek het jou liewer as enige iets op die aarde" Mag die Liefde van Jesus vandag vir jou tasbaar geopenbaar word, want jy is spesiaal!!

Ons is almal geroep vir die aarde, ons leef nie op aarde sodat ons eendag kan hemel toe gaan nie,  nee, ons het ‘n opdrag op die aarde, God sê in Gen 1:28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Hoekom sou ons opdrag wees om te vermeerder? Omdat God uit die huwelik goddelike kinders wou voorbring! Hoekom? Sodat hulle weer die Evangelie kon gaan verkondig soos ons opdrag is deur Jesus!

Mark 16:15  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. 16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Matt 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Hoekom sou dit ons opdra wees in die Woord van God? Want daar sal ‘n tyd kom, en dit is nou as ons kyk na al die nuwe vertalings wat verdraai word, asook hoe godsdiens verban word uit skole en werksplekke, en hoe Christelike vakansie dae verander word, hoe die Woord van God verdraai word en ons nie meer mag praat oor homoseksueliteite nie, dat ons nie meer die Woord van God gaan kan verkondig sonder om vervolg te word nie!

2 Tim 4:2-5 “Verkondig die Woord; (let op) hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering (hoekom?) want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

“Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening.” 

Matt 5:10  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

2 Tim 3:12  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. 13  Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word. 14  Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, 15  en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. 16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.

2 Pet 2:1  Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en 'n vinnige verderf oor hulleself bring;  2  en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;

2 Pet 1:21  want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

Gebed:

Dankie Vader dat ons nog U vrylik kan aanbid en U Woord mag lees in ons land en dankie dat ons Jesus nog kan aanroep wat in ander lande onwettig is. Laat ons dit met oorgawe doen voor die klippe dit begin doen soos U Woord sê. Ons land het U seker meer nodig as enige ander land in hierdie tyd. Laat ons altyd onthou ons hulp kom van U en nie van mense of ons regering nie.

In Jesus Naam Amen!
Sëenwense
Belinda

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...