Friday 23 March 2018

Hoekom het ek nie maar net nie?


Image result for person worrying

Hoekom het ek nie maar net….geluister nie, gehelp nie, stilgebly nie, weggestap nie, meer gepraat nie, aangehou nie, meer gaan kuier nie, harder probeer nie, vergewe nie, meer liefde gegee nie, onverskoning gevra nie,by die huis gebly nie, by die Here gehoor nie….

Die lys van vrae kan aangaan tot in ewigheid, iewers in ons lewens het ons al die vraag gevra “Hoekom het ek nie maar net….”

Die lewe is te kort om te sit en top oor dit wat jy “maar net” nie gedoen het nie, maar in sommige omstandighede is dit nog nie te laat om te gaan sê “vergewe my asb” of “luister asb wat ek vir jou wil sê ”nie! As jy die kans het om dit  nog te kan doen, gaan doen dit vandag nog want more is nie verseker nie!

In die geval waar dit te laat is en die persoon nie meer met ons is nie, maak vrede daarmee, vra God om jou te vergewe en vergewe jouself, dit is baie belangrik dat ons onsself moet vergewe! As God ons vergewe het dink Hy nie meer daaraan nie, waarom moet jy?

Heb 8:12  Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.

Rom 4:7 & 8 Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.

Dit is menslik om spyt te wees oor iets wat jy gedoen of nie gedoen het nie, maar dit is nie God se wil dat jy heeldag daaroor moet top en jouself moet laat verval in ‘n toestand dat jy jouself haat oor iets wat jy nie gedoen het, of nie gedoen het nie, en as dit iets is wat met jou gebeur het omdat jy voel jy moes eder by die huis gebly het, vertrou op God om jou die krag te gee om daardeur te kom. God wil jou genees van alles in jou lewe, of dit in jou siel, gees of liggaam is, God het jou bitter baie lief, vergeet en vergewe nadat jy Sy vergifnis gevra en ontvang het. Jesus sê self Hy het gekom sodat jy in oorvloed kan lewe, dit is in oorvloed in elke dimensie van jou lewe (Joh 10:10)

1 Kor 10:13  Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Wees gesëend in Jesus Naam
Sëenwense
Belinda

2 comments:

  1. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete
  2. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...